Jy kannie failure wies van ’n failed education system nie

  • 8

Die ander dag is mos nou die dag vannie matriek results. Daar’s excitement orals, mense praat net van dié se results, en tog jy vra jouself as KhoeSan, het ons tog iets om te celebrate? Want na 23 jaar word daar steeds nie een enkele KhoeSantaal aangebied as addisionele taal nie. Daar bestaan ook nie eens verskonings dat nie een KhoeSantaal aangebied word nie, want ons weet tog dat Khoekhoegowab of die Khoekhoetaal amptelik is in Namibië, dat dié was die taal wat hier gepraat was in die “Cape Colony” en dat die taal nou gedoen kan word tot op doktorale vlak en word ook aangebied op primêre en sekondêre vlak, so die Suid-Afrikaanse Onderwysdepartement het immers nie verskonings nie.

En ek word herinner in die land kan jy Duits en Frans doen as addisionele vak tot op matriekvlak. Ons sit steeds wel met kurrikulums wat ons mense vertel dat die eerste mense van die land deur die pokke uitgesterf het of dat ’n paar – nou net so ’n paar – van ons innie Noord-Kaap woon of in Botswana of in Namibië. Ek onthou ook die ander dag in Bonteheuwel toe ons vir ’n groep vra waar kom ons vandaan, toe staan ’n jong seun op, heel confident en sê ons toe heel confident dat ons kom van swart en wit. Ons sê hom toe dat die wit mense het eers hier aangekom in die 1600’s, so beteken dit dan voor dit het ons nie bestaan nie? Hy kyk ons toe so heel verstom aan en sit toe. Wat ons tog verbaas, is hoeveel in ons gemeenskappe, jonk en oud, eintlik daai leuen glo en deel met mekaar.

Hierdie education vertel ons nie dat ons nie net van ons land verloor het maar was ook forseer om ons eie tale te op te gee en ’n vreemde identiteit aan te vat. ’n Identiteit wat ons tot vandag aan klou waar ons onsself “trotse bruin mense” noem.

Nadat ons vroeg in 2017 met die provinsiale Minister van Onderwys vergader het om te praat oor die aanbieding van Khoekhoetaal as addisionele taal, was ons gesê in soveel woorde dat dit behoort nie te moeilik wees, maar agterna, na maande van wag, was dit toe aan ons vertel dat die saak nou by die Departement van Basiese onderwys draai wat nou moet besluit en met soveel “red tape” beteken dit dat dit kan tot vyf jaar vat voor ons een KhoeSantaal by skole het. Ophou sal ons sal beslis nie baklei.

Ek onthou verlede jaar by die onderwysgesprek in Parkwood hoe die professor van opvoeding by een van Suid-Afrika se top universiteite vertel dat die opvoedingsisteem eintlik sê dat beide leerders en opvoeders onbekwaamd is (’n term “pedadogical zero” was genoem) en dat die hele sisteem eintlik ’n “failure” is. Mense vra hom toe nou hoekom nie die sisteem “rethink” as dit clearly die tyd van almal mors, maar ook taxpayers se geld, eintlik miljarde in taxpayers se geld en sekerlike baie meer in verlore inkomste. As ek dan nou ’n bietjie ekonomie kennis gebruik is die spending mos ’n belegging in die toekoms en as eintlik hele sisteem misluk, is dit nie swak “return on investment” nie en hoe lyk ons toekoms dan? Ek vra toe vir die professor wat dan van ons KhoeSan, mense wat vir duisende jare in die natuur geleer was deur ons elders, oor ons eie cultural practices, ons eie heritage, survival techniques, healing practices in ons eie KhoeSantale wat toe forseer was deur koloniale en Christen-missionaries om in klaskamers te sit, weg van die natuur, om te leer in ’n vreemde taal deur vreemde mans wat nie lyk soos ons nie.

Ek kan my dan net indink hoe scary dit was, want ons ken van generational gap, maar dié is ’n epic clash van twee wêrelde, dis soos die noordpool en die Namib-woestyn, en tog moes ons kinders aanpas, maar het ons ooit aangepas? Dié was mos abnormaal, teenstrydig met wie ons natuurlik is.

’n Kind van die natuur vasgevang in die akademiese tronk. Ek noem dit dan sommer ’n “kakademiese” tronk, want hoe nou vir ons mense? Wat die professor ook vir my bewus gemaak het van was die konsepte van “drop-outs” en “push-outs”. Drop-outs waar leerders net nie terugkom uit vrye keuse en push-outs waar leerders deur die skoolsisteem uitgepush word.

Ek vra hom toe as enigeen nou sal research oor wie hierdie kinders is, wie drop-outs of push-outs is in die area, kan ek guarantee dat die meerderheid is coloureds en KhoeSan.

Wie word dan weer eens gesien as die failures? Ons of die sisteem? Wie moet eintlik change? En dis hoekom ek dan altyd glo ons kinders wat skool los sê eintlik vir ons wie ons werklik is. Dat die sisteem nie vir ons werk en hulle soek alternatief, maar hoekom luister ons dan nie? Hoekom is ons so vasgevang in dit wat nog al die pad vir ons seer maak? Wat ons tog sê dat ons eie inheemse kennis en teaching methods is van geen waarde nie? Hoekom bevry ons nie onsself van die kakademiese tronk of weet ons nie eers die tronk bestaan?

Daar’s navorsing wat sê toe die koloniale hier aankom en ons dwing in hulle opvoedingsisteme was ons eie onderwysers se selfbeeld vir ewig geknak en ook die vertroue in ons eie kennis wat oor duisende jare opgebou was.

Ek sê hom ook dat internasionaal orals waar inheemse gemeenskappe is, word daar eintlik navorsing gedoen oor die spesifieke leerbehoeftes van inheemse gemeenskappe soos die KhoeSan maar hier in Suid-Afrika is dit nêrens te vind innie literatuur. Ek vra hom hoekom nie en wat dink hy wat kan gedoen word. Hy was eerlik genoeg om te  dat ongelukkig is sy denke meestal “structural” en dat wat ek hom nou vra is iets wat hy nog nooit aan gedink het.

’n Hartseer maar eerlike antwoord van die akademikus self vasgevang in die koloniale onderwyssisteem. In daai oomblik besef ek ook hoe die sisteem geen behoefte het om ons KhoeSan, eintlik dié wie se opvoedingsisteme vertrap was, te restoureer, want kawakawas soos in die Khoekhoetaal of restourasie begin by acknowledging dat dit ’n probleem is en hier in Suid-Afrika is daar niks van dit.

Dan dink ek ook aan ’n ander akademikus wat eendag by ’n sessie gesê het dat daar geen wetenskaplike bewyse bestaan dat 12 jaar van skool enigsins iets positiefs is, asook die sewe ure dag van skool en die sewe vakke wat ons kinders doen en hy verstaan self nie dat die sisteem nie verander.

Het ons dan nie hierdie sisteem by die ou bedeling geërf en na 1994 moes dit nie verander? Tog is dit nie deel van ’n multimiljardrand Ponzi scheme, soos ek dit noem waar ons mense, veral die armes, gebukkend gaan onder ’n kapitalistiese opvoedingsisteem en gedwing word om dure uniforms, skoolskoene, sakke, skoolboeke, stationery te koop, besides die skoolfooie en alewige fondsinsamelings. Bestaan die sisteem dan nie om ’n paar in die onderwysdepartement, dié wie ’n miljoen rand per jaar verdien wat kurrikulums ontwerp wat so irrelevant is vir ons kinders en eintlik van baie min waarde sal wees te bevoordeel en ook die retailers wat ons mense se laaste bietjie geld melk?

Dan wonder ons hoeveel veral van ons KhoeSankinders keer nie terug na skool, word dan uitgepush weens die sisteem. Ek weet baie sal dan se daar’s Sassa grants, maar R380 is bitter min om te cope in die vraatsugtige sisteem.

Dan word ek herinner aan wat ’n KhoeSanvrou-aktivis eendag by ’n vergadering gesê het van hoe die oppressive system dit regkry om die las van wie verantwoordelik is vir die oppression maklik te verskuif na die oppressed en hoe meer relevant as in die opvoedingsisteem waar jong leerders wat nie die tools het om te cope, “fail” dan omdat hulle nie kan cope met die shame of “failure” en voel die familie en community sit hulle innie oë, hulleself vergooi in dwelms en alkohol, en hierdie einste kinders dra dan die shame saam hulle in hulle adult lewe en vandag sit ons met communities van mense, defeated wat hulself sien as failures.

Tog nooit het iemand vir hulle tog gesê dat jy kannie ’n system fail wat alreeds ’n failure is en dat opvoeding was nie hierheen gebring. Ons mense was reeds vir duisende jare kundiges oor alles en dat sonder ons KhoeSankennis, ons intellektuele eiendom, sal baie industrieë in Suid-Afrika nooit bestaan het nie. En in die tyd van gevaarlike kakapusa of amnesia in die Khoekhoetaal van wie eerste hier was, word dié weggehaal. Dan lees ek ook van ’n groep dekane van universiteite van Kanada wat bymekaargekom het om te bespreek hoe hulle die “eerste nasies” van Kanada, die Native Indians, die Inuïete ens, se opvoedingsisteme en kennis wil verbeter, waar hulle hulself verbind tot die bevordering van ’n inklusiewe deelnemende proses van leer wat inheemse gemeenskappe involve met prosesse en beklemtoon die uniqueness van die groepe. Ek word ook herinner dat in Venezuela word inheemse gemeenskappe se opvoeding gelyke dele van die tradisionele asook die inheemse kennis en hier in Suid-Afrika word ons nie eens consult nie.

Tog na die sessie in Parkwood besluit ons toe nou om ’n “Rethinking Indigenous KhoeSan education” workshop te hou. Ongelukkig was dit toe nou die einde van die jaar en bywoning was bietjie nie na wense, maar die gesprek het begin. Ons beplan dan om vroeg dié jaar weer een te hou, maar vir nou weet ons iets moet gedoen word. Daar’s die mooi sêding wat tog beklemtoon dat as hulle nie jou kan reg behandel nie, hoekom dink ons hulle gaan ons reg opvoed, en dié vat ons op ons pad vorentoe.

  • 8

Kommentaar

  • Waar het jy toe van al die Engelse woorde geleer? Die Khoisan was nogal van Engels verstoke! Mantel na die wind?

  • Avatar
    Johann Basson

    Geagte mnr Breda, baie dankie vir hierdie gedagtes wat u met die lesers deel.
    Marthinus van Bart se publikasie Kaap van Slawe en Robert Hughes se werk The Fatal Shore - The epic of Australia's founding het my weereens tot ernstige nadenke oor die mensdom gestem: die wisselwerking tussen staat, godsdiens en mag. En tog omhels menige mense vandag die Engelse taal. Ek verstaan dit eenvoudig nie, inaggenome die geskiedenis soos gepen in hierdie twee boeke.

  • Avatar
    Ou Kreool Vlakvark

    Beste Denver,

    Breda: "Ons mense was reeds vir duisende jare kundiges oor alles en dat sonder ons KhoeSankennis, ons intellektuele eiendom, sal baie industrieë in Suid-Afrika nooit bestaan het nie."

    Ek wens die KhoeSan wil spoedig 'n perfekte model Moeder van alle Grondwette vir Suid-Afrika publiseer, gebaseer op die duisende jare KhoiSan-kundigheid. En ook 'n KhoiSan-skoolleerplan gebaseer op die duisende jare KhoiSan-kundigheid. Moet nie nog tyd mors en wag dat die nie-KhoiSan die werk moet doen nie. "Just do it." Die harde realiteite wag vir resultate.

  • Lyk my na Vrystaatse Afrikaans. Dit kan ook Transvaalse Afrikaans wees. Dis beslis nie Natalse Afrikaans nie. Namibiese Afrikaans miskien?

    • Goeie probeerslag Angus maar dis nie Vrystaats of Transvaals nie. Kan ook nie Kaaps wees nie want Dirk Rigter het op 'n kol vir my gesê dit lyk vir hom of ek dink Kaaps is Afrikaans met Engelse woorde. Wat Dirk dus sê Kaaps is nie Afrikaans met Engelse woorde nie. So wat is dit, bloot baie swak Afrikaans omdat dit so met Engels vermeng is? 'Gruwelik lelik' soos jy al gesê het.

  • Natuurlik is dit swak Afrikaans. Toe Oudengels Franse woorde begin opneem het, was dit swak Oudengels en het dit Engels geword. Toe Nederlands hier by ons onder invloed van Maleis Portugees, Engels en inheemse tale begin verander het, was dit swak Nederlands en het dit Afrikaans geword. So het elke taal maar sy geskiedenis. Latyn het Frans, Spaans, Italiaans, Portugees geword; almal swak Latyn.

  • Snaaks, hulle sê mos as jy van die duiwel skinder dan moet jy oppas, jy trap dalk op sy stert. Amper so iets het met my gebeur. Ek is saam met 'n vriend vanmiddag hier na die plaaslike sportklub toe. Daar ontmoet ek 'n man en 'n vrou wat vir so 'n paar dae kom vakansie hou hier in Durban. Die vrou vertel my toe hulle is van Bloemfontein, en hulle twee seuns het albei hulle grade gepass. Die een in graad tien het amper gefail, maar was lucky met die een vak waarin hy maar swak is. Die ander seun het matriek gepass en gaan nou varsity toe. Hulle het altyd gekla oor die schoolfees wat so hoog is, maar nou suffer hulle eers met die varsityfees. Hulle geniet darem hulle holliedei hier in Durbs, veral die weer is vir hulle naais.

    Dit het my dadelik laat dink aan Jan Rap wat beweer dat bogenoemde brief nie Vrystaats kan wees nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top