Menings
LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.
ATR vier 10 jaar: Die ATR het haar kinderskoene ontgroei
2018-05-24"Dit is van groot belang dat die ATR in ons ontluikende demokrasie ’n opwekker van taalvitaliteit en -sinergie sal wees. Ons bydrae om ’n gesonde taalekologie vir Suid-Afrika te verseker is van kardinale belang."
ATR vier 10 jaar: Die ATR is uitstekend geposisioneer
2018-05-24"Die ATR is onvermoeid besig om Afrikaans as een van die belangrikste inheemse tale van Suid-Afrika te bemark."
“Met kroes krulle gan ek nêrens!”
2018-05-24"But hoe relate dié dinge trug na hare toe en hoe kallidvroumense nog steeds hulle kroes krulle afstaan, al maakit hulle hoe siek of arm?"
Eerste Kanna in die sak vir nuweling van Die Meermin-kompleks
2018-05-23"Die toekenning wys vir my dat daar hoop is vir mense wat in die 'ander' boksie geplaas word. Dat die ongehoordes ook ’n stem kan hê, en dat mense begin bereid word om regte stories te hoor en nie net stories wat gekondisioneer is as die waarheid nie."
In memoriam: Jan Engelen
2018-05-22"Jan Engelen is dood; ’n formidabele talent is weg. Daar word nou in die bos neffens my gekap. Dít laat my ver terugdink ..."
#OnsisAshwin – of is ons?
2018-05-22"In ’n samelewing wat absoluut gelyk is, waar almal gelyke geleenthede het, waar almal van dieselfde beginpunt wegspring, is regstellende aksie onnodig. Ons lewe nie in so ’n samelewing nie."
Zuid-Afrikahuis: Programma, Juni 2018
2018-05-22Hier is die volledige program van die geleenthede wat in Junie by die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam plaasvind.
Die Khoekhoegowab-tale en Afrikaans
2018-05-22"Die Kaapse Khoi-Khoi was nie net die eerste sprekers van Afrikaans nie: die eerste tekste in Afrikaans is in die 1670’s ook in Khoi-Afrikaans opgeteken."
DF Malherbe-gedenklesing 2018: Die politiek van die alledaagse
2018-05-22"Afrikaans lewe, en daarom het ek hoop vir Afrikaans. Ons moet gewoon net die taal gebruik om op te bou en nie te kwets nie. Ons moet sensitief wees vir die feit dat juis omdat die taal so swaar dra aan die bagasie van die verlede, ons ʼn verantwoordelikheid het om in elke interaksie met ander as ambassadeurs van die taal op te tree."
VER[r]AS-studeerkamerfunksie: Jackie van Wyk
2018-05-22"Jy sal nooit spyt wees dat jy ’n BA-graad gedoen het nie. Maar moenie dink dat jou paadjie ’n reguit een gaan wees nie. Daar is dalk baie afdraaie wat jy gaan neem, net om dalk weer terug te draai. Jy sal vind dat jy ook nie noodwendig iets gaan doen waarvoor jy spesifiek studeer het nie."
Khoekhoegowab in die kollig-gesprek: indrukke van die dag
2018-05-22Op Saterdag 12 Mei het ’n geskiedkundige gesprek, “Khoekhoegowab in die kollig” (KKG-dialoog), by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands plaasgevind. Die gesprek is aangebied deur die Afrikaanse Taalraad (ATR) en !AL-OM (!Alom Aboriginal Customary Council). Menán van Heerden het foto’s geneem. Sprekers en deelnemers lewer kommentaar oor die gesprek.
Die Antieke Griekse beeldhoukuns (deel 1)
2018-05-18"Die Oudgriekse kunstenaars het uiteindelik die toppunt van uitnemendheid ontwikkel waarin hierdie menslike vorm vasgelê is soos die wêreld dit nog nooit voorheen aanskou het nie, ’n standaard wat sedertdien nooit oortref kon word nie, maar hoogstens nageboots sou kon word deur iemand soos Michelangelo."
Khoekhoegowab se tyd is nou
2018-05-17"Het Afrikaans, of dié met die resources, ’n verantwoordelikheid teenoor ons Khoetale? Ek dink so."
“Huis, paleis, pandok, sinkhok, varkhok”
2018-05-17"Wie se grond is dit wat nou moet trug gegie wôd? En wat is die implikasies van dit? Hoe gannie gawement measure wie moet grond kry en wie nie?"
Drama-doenig: ’n gesprek met opkomende teatermakers
2018-05-16"Opkomende teatermakers Des-Lee McKenzie, Du Toit Albertze en Igna Botha het met die voorsitter van VER[r]AS, SZ Minnaar, in gesprek getree oor hoe hulle die huidige Afrikaanse teaterlandskap in Suid-Afrika ervaar." Hier is foto's en ’n video-opname van die geleentheid.
DocuFest Africa 2018: a celebration of documentary photography
2018-05-16"To me, they [the images] are a portal to a world I can never visit. They are also a recording of our history, a barometer of the time. In some ways, I hoped the show would take the viewers out of their current lives, away from the current political climate, and perhaps remind them of what we overcame as a people."
Chanette Paul oor Uit die bloute en reise deur haar skrywersloopbaan
2018-05-16"Maar die maniere waarop mense liefkry, hoe liefde ontspring, al kwyn dit dikwels weer, is ook vir my ’n baie groot deel van die lewe se geheimenisse. Daarom hou ek as skrywer daarvan om spanning en liefde in dieselfde stoompot te gooi."
Suid-Afrikaanse erfenis-uitstalling in Kaapstad
2018-05-16Hierdie uitstalling, Treasure House of Knowledge, sluit erfenisvoorwerpe in soos: ’n oorspronklike kopie van die gepubliseerde Arabiese Afrikaans-boek deur Abu Bakr Effendi (1869), ’n Nama-Bybel wat in 1859 gepubliseer is, die eerste gedig wat in Kaap die Goeie Hoop gepubliseer is, en plakkate van Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994.
Vandag is ek ’n windlawaai – die storie agter die inskrywing voorin die bundel
2018-05-15"Ek ken Philip sedert die vroeë jare tagtig toe ek as bewonderaar vir hom begin skryf het onder die skuilnaam Magdalena Aggenbag."
Die DA-De Lille egskeiding: wat gaan dit ons kos?
2018-05-15"De Lille se tyd in die DA is oor. Sy weet dit, hulle weet dit, ons weet dit. Al wat nou oorbly, is om te kyk wat bly staan wanneer die stof gaan lê."
