Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Wen kaartjies na Konsert van hoop en Under African skies by die Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2023-04-19

LitNet, in samewerking met Vicky Davis Media en die Suidoosterfees, gee 3x2 kaartjies weg na twee vertonings elk by die Suidoosterfees. Ses paartjies sal dus die geleentheid kry om saam ’n vertoning by die Suidoosterfees by te woon. Klik hier om uit te vind hoe jy ’n kans staan om te wen.

Elke sosiale kwessie in die KKNK se teaterligte uitgewys

Maryke Roberts, Clifford Roberts KKNK 2023-04-19

Die KKNK is 1–9 April op Oudtshoorn gehou. Clifford en Maryke Roberts was 6–9 April daar: Clifford agter die kamera en Maryke met haar notaboek. Hier is hul oorsig van dié vier dae.

Persverklaring: Hoerkind deur Herman Lategan nou verhoogstuk

LitNet Suidoosterfees 2023-04-18

Die skywerjoernalis Herman Lategan se blitsverkoper, Hoerkind: Die memoires van ’n randeier, is deur die bekroonde akteur en teaterskepper Margit Meyer-Rödenbeck in ’n toneelstuk verwerk. Die première is by die Suidoosterfees, maar dit reis ook na ander venues (inligting in die artikel).

Mutton hour by die KKNK, ’n resensie

Izak de Vries KKNK 2023-04-18

"Die basis van Mutton hour is kamisjibai, ’n vorm van straatteater wat gewild geword het in Japan tydens die Groot Depressie. Dit is ’n uur van vet pret – selfs geskik vir vegans."

Mirakel deur Reza de Wet weer opgevoer, ’n resensie

Izak de Vries Teater 2023-04-17

"Ons ekonomie is tans moertoe, maar as jy ’n paar rand kan afknyp, sou ek hierdie stuk vir teaterliefhebbers aanbeveel. Júis ómdat."

Persverklaring: Konsert van hoop by die Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2023-04-17

27 April is Vryheidsdag, ’n nasionale geleentheid wat hoop vir alle Suid-Afrikaners simboliseer. Vanjaar vier Suidoosterfees hierdie spesiale dag met ’n skouspelagtige uitvoering van ligte en klassieke musiek, opera en dans, aangebied deur Artscape se top uitvoerende kunstenaars en van die land se gewildste sangers, musikante en kore.

Persverklaring: KKNK 2023 inspireer met uitmuntende artistieke inhoud

LitNet KKNK 2023-04-17

Vanjaar se KKNK het almal se verwagtinge oortref met inspirerende artistieke inhoud van hoogstaande gehalte en bywoning wat die 2019-fees verbygesteek het.

Herrie die olifant, ’n engel uit die buitenste ruim, en ’n blinkgoue eier: Loeloeraai 100 jaar later en CJ Langenhoven 150 jaar later

Carien Smith Boeke en skrywers 2023-04-17

"Ekokritici moedig mense aan om ook op hierdie kritiese wyse na die natuur te kyk. Dit daag die mens in die Antroposeen uit; die mens wie se aksies negatiewe gevolge het. Dit draai die antroposentriese idee van die wêreld om en maak dit ekosentries."

Ver in die wêreld Kittie vra vrae by die feeste, ’n resensie

Izak de Vries Musiek 2023-04-17

"Kramer maak nooit die fout om te begin preek oor kulturele appropriasie nie. Die stuk sê egter baie duidelik dat die legendariese 'Koos' se bydrae nooit na waarde verdiskonteer is nie. En Kittie, die meisie wat skynbaar warm gevry is deur Pessach en toe agtergelaat is, vertel ’n hartseer storie."

Persverklaring: Under African skies by die Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2023-04-12

Op 29 April snoer die supergroep Zasha!, bestaande uit voormalige lede van die Johnny Clegg-orkes, kragte saam met superster Loyiso Bala en vriende om Under African Skies aan te bied.

Persverklaring: Kramer, Krog, Clara en Ziets in musiekteater by 20ste Suidoosterfees!

LitNet Suidoosterfees 2023-04-12

Die 20ste Suidoosterfees, van 26 April tot 1 Mei by Artscape in Kaapstad, spog met uitstekende produksies op die NATi Musiekteater-program.

Karatara, ’n resensie

Izak de Vries KKNK 2023-04-12

"Die danswerk, dikwels in die donker, en die briljante gebruik van ’n feitlik leë verhoog met bitter min rekwisiete en dikwels nog minder lig, is baie slim."

Mirre en aalwyn deur Nicola Hanekom: twee resensies en steeds ’n soeke

Izak de Vries, Lara Aucamp KKNK 2023-04-12

"As die brandende bos die wekroep van ’n leier in die Ou Testament was, sou die kruis die simbool van leierskap in die Nuwe Testament kon wees. Sou emotikons dan die simbole wees van ’n religie gebaseer op die aantal likes wat ’n mens op die internet kan kry?"

My kroon se krank by die KKNK, ’n resensie

Izak de Vries KKNK 2023-04-12

"Iemand se hare, natuurlik of nie, dra ’n boodskap. Vir ’n enorme deel van ons landsbewoners is sosiaal aanvaarbaar iets om na te streef."

In conversation with Alfred Hinkel about Stof at the Suidoosterfees

Izak de Vries, Alfred Hinkel Suidoosterfees 2023-04-12

"Because Stof is a once-off. Dit sal nie weer opgevoer word nie."

Close: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-04-12

"Letsels mag op die oppervlak heel, maar nie in die siel nie."

Loeloeraai 100 jaar later

Nini Bennett-Moll Menings 2023-04-11

"Loeloeraai se relaas oor die gebruik van sonenergie op Venus, is insiggewend; ook die kritiek, wat elders in die roman gelewer word oor omgewingsbesoedeling en die uitbuiting van werkers in die naam van industrialisasie."

Buddy Holly: Dié vertoning laat jou uitasem – van rock ’n roll én hartseer

Maryke Roberts Teater 2023-04-11

"Buddy Holly het in sewe kort jare amper meer vermag as die meeste ander kunstenaars in ’n leeftyd, en in ’n tyd toe rock ’n roll as 'boosaardig en volksvreemd' beskou is, gewys dat daar baie meer in die lirieke steek as wat mense verwag."

Persverklaring: Hoog aangeskrewe Die moeder kom Baxter toe

LitNet Teater 2023-04-05

Die moeder (oorspronklik The Mother) is ’n boeiende portret van leënessindroom deur die bekroonde dramaturg Florian Zeller, wat ook The Father geskryf het. Die rolprentweergawe van The Father het Oscars vir beste akteur (Anthony Hopkins) en beste draaiboekverwerking gewen.

Persverklaring: US Woordfeeskortverhaalkompetisie – inskrywings word ingewag

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2023-04-05

Inskrywings word ingewag vir die 2023-US Woordfeeskortverhaalkompetisie. Hier is al die inligting.

Top