Kuns, kultuur, kuier & kos.
Die fees met alles, en meer.
Vanaf 3 tot 8 Oktober vanjaar bring Momentum Beleggings Aardklop feesgangers bymekaar in Potchefstroom om fees te vier soos dit hoort. Verwag ’n volronde aanbod vir die hele gesin, van teater tot musiek, kunsvlyt, kosstalletjies, gesprekke, visuele kunste en, vir die lekkerbek tot fynproewer, iets vir die palet.
Hier onder is meer oor ons Smultoere & Aardklop Langtafel.
Smultoer: Brandefyn en kaaskoek
Brandefyn, ’n trots Suid-Afrikaanse produk, is gerig op alle fynbesnaardes met ’n aptyt vir avontuur.
Brandefyn vier vrouwees! Soos jy, sag en ongekompliseerd!
Die vervaardigingsproses is soos kuns – die eindproduk ontvou in ’n meesterstuk van aroma en smaak van delikate chenin blanc-kultivars met sagte en egalige geure. Brandefyn praat behoorlik die taal wat die toets van die tong deurstaan!
Tydens hierdie proe word al die sintuie ingespan deur die fyn gebalanseerde kombinasie met delikate kaaskoek. Hierdie unieke kombinasie is ’n kortpad na ekstase!
Kom beleef ’n onvergeetlike tongtoer! Ontdek die verborge kontraste, kompleksiteite en geheime en deel in ’n onvergeetlike smaaksensasie!
Met: Nathan Robinson (uitvoerende sjef by The Roots)
Vervaardiger: The Roots, Potchefstroom Chef Academy at Roots
Moontlik gemaak deur: Brandefyn
Taal: Afrikaans, Engels
Gradering: Geen o18 (A)
Tydsduur: 60 min
Venue: The Roots Kapel
Datum en tyd: 3 Okt 14:00, 16:00 en 18:00; 4 Okt 12:00, 16:00 en 18:00; 5 Okt 12:00, 16:00 en 18:00; 6 Okt 12:00, 14:00 en 18:00; 7 Okt 12:00, 14:00 en 18:00
Kaartjies: R280
***
Smultoer: Craft Beer and street food
Boetiekbier is die produk van delikate vakmanskap, gebrou op ’n klein skaal deur onafhanklike brouerye. Dikwels word bestanddele plaaslik verkry en word daar van tradisionele metodes gebruik gemaak. Die eindproduk is baie innoverend as gevolg van kreatiewe geur- en stylkombinasies.
Tydens hierdie geleentheid word boetiekbiere gekombineer met eg Suid-Afrikaanse “straatkos” – vinnige, outentieke en sosiale kos! Leef in die oomblik en beleef hierdie flambojante kombinasie!
Met: Brauhaus
Vervaardiger: The Roots, Potchefstroom Chef Academy at Roots
Moontlik gemaak deur: Brauhaus
Taal: Afrikaans, Engels
Gradering: Geen o18 (A)
Tydsduur: 60 min
Venue: The Roots Dandelion
Datum en tyd: 3 Okt 12:00, 16:00 en 18:00; 4 Okt 12:00, 16:00 en 18:00; 5 Okt 12:00, 14:00 en 16:00; 6 Okt 12:00, 14:00 en 18:00; 7 Okt 10:00, 12:00 en 14:00
Kaartjies: R280
***

Food theatre: Silwerdoekdisse (Foto: verskaf)
Smultoer: Food theatre
Food Theatre: Silwerdoekdisse
Geurige disse is allermins net ter wille van oorlewing, dit is ’n integrale deel van kultuur en tradisie. Geen wonder nie dat kos in rolprente gebruik word om verskeie betekenisse oor te dra – dit onthul dikwels diep narratiewe, skep metafore, verklap geheime van karakters en dien dikwels as ’n goue draad in plot-ontwikkeling. Herleef en ervaar kostonele en proe ikoniese en simboliese disse uit flieks! Word meegevoer met ’n toer van ruik, proe, demonstrasies en interessante feite!
Met: Nathan Robinson (uitvoerende sjef by The Roots)
Vervaardiger: The Roots, Potchefstroom Chef Academy at Roots
Taal: Afrikaans, Engels
Gradering: Geen o18 (A)
Tydsduur: 150 min
Venue: The Roots Garden Room
Datum en tyd: 6 Okt 16:00, 7 Okt 16:00
Kaartjies: R280
***

Kaapse wyn en fyngebak (Foto: verskaf)
Smultoer: Kaapse wyn en fyngebak
Raak verlore in die Kaap vir een aand waar dit ruik, smaak en voel soos in die Kaapse Wynland, al sê jou GPS dat jy in Potchefstroom is! Tydens hierdie geleentheid word jy getrakteer op Kaapse wyn en elegante soet- en sout-fyngebak. Kom ervaar ’n simfonie van smaak!
Met: Nathan Robinson (uitvoerende sjef by The Roots)
Vervaardiger: The Roots, Potchefstroom Chef Academy at Roots
Taal: Afrikaans, Engels
Gradering: Geen o18 (A)
Tydsduur: 60 min
Venue: The Roots Boabab
Datum en tyd: 3 Okt 14:00, 16:00 en 18:00; 4 Okt 14:00, 16:00 en 18:00; 5 Okt 14:00, 16:00 en 18:00; 6 Okt 12:00, 14:00 en 18:00; 7 Okt 12:00, 14:00 en 16:00
Kaartjies: R280
***

Aardklop Langtafel (Foto: verskaf)
En dan, die geleentheid wat ’n jaarlikse tradisie geword het en nie gemis kan word nie!
Aardklop Langtafel
Kom vir die eerste keer of kom vir die hoeveelste keer – jy kan nie die fees afsluit sonder dié feestelikheid nie. Onder die rustige skadu van reuse-plataanbome dek en versier ons smaakvol ’n lang tafel, waar ’n heerlike vyfgangmaaltyd aan jou bedien word. Die prys sluit drinkgoed en heerlike Hermanuspietersfontein-wyn in. Bring jou familie en vriende en kom beleef iets besonders!
NWU Potchefstroomkampus Lovers’ Lane, 8 Okt 12:00, R600, 120 min, Ete, Ouerbegeleiding
Momentum Beleggings Aardklop
3–8 Oktober, Potchefstroom
Kaartjieverkope vir alle produksies is reeds oop.
Besoek ons webblad by www.aardklop.co.za vir meer inligting en kry jou kaartjies by www.ticketpros.co.za.
Webblad: www.aardklop.co.za
Facebook: Aardklop Nasionale Kunstefees
Instagram: @aardklopkunstefees
Twitter: @AardklopFees
#hierkomons
#aardklop2023