Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Persverklaring: NATi Jong Sterre-program vir opkomende toneelskrywers
2023-04-03Die Jakes Gerwel Stigting, in medewerking met NATi en Kunstekaap, nooi toneelskrywers uit om aansoek te doen vir die vyfde jaarlikse Jong Sterre-program. Hierdie unieke geleentheid vir toneelskrywers skop af met drie weke se mentorskap in toneelskryf, gevolg deur produksie-ontwikkeling en uitvoering tydens die Suidoosterfees van 2024.
Persverklaring: Mixtape van die liefde is Woensdag by die KKNK!
2023-03-30Mixtape van die liefde is ’n feesviering van presies hoe ons liefhet, verloor, treur óf hals-oor-kop bemin; die stories wat Suid Afrika uniek maak.
Devil song: Ware teatertuiskoms by ou teatersentrum in Distrik Ses
2023-03-30"Die kabaret is geïnspireer deur die Tony-bekroonde Audra McDonald se liedjiesiklusse The seven deadly sins en bevat kort beskrywings, liedjies en voordragte oor die sewe doodsondes: hoogmoed, gierigheid, gramskap, afguns, wellus, gulsigheid en luiheid."
Persverklaring en uitnodiging: Landskep by die Breytenbachsentrum
2023-03-30Jed Kritzinger en Trudy Oosthuizen, twee uiteenlopende kunstenaars, stal eersdaags uit by die Breytenbach-galery in Wellington. Die openingsgeleentheid is op Saterdagoggend, 1 April 2023.
In conversation with Lee-Ann van Rooi about The woman who fed the dogs
2023-03-30"All characters are disturbed and have gone through trauma of some kind; only the depth varies. Nobody is born bad. What happened to her? That is why this is important."
Persverklaring: Ervaar Africanacity by vanjaar se KKNK
2023-03-29Trotse Afrika-bank, Absa, erken die belangrikheid daarvan om die kunste en kultuur in Suid-Afrika te ondersteun. Hulle is daartoe verbind om in Suid-Afrika se kunstebedryf te belê en Absa is opgewonde om sy aktiwiteite by vanjaar se KKNK te versterk en die beste plaaslike en nasionale talent, in ’n viering van kreatiwiteit en innovasie, ten toon te stel.
Fleur du Cap-teatertoekennings 2023: Room van teaterwêreld vereer
2023-03-29"Africa Melane se afsluitingswoorde namens die beoordelaars het die teaterbedryf en hul invloed op die samelewing baie raak opgesom: 'Geen stad soos groot soos Kaapstad kan sonder kunstenaars oorleef nie.'"
Desiré Gardner is Magda Louw by die Suidoosterfees. Ons gesels met haar.
2023-03-28"Hannes se kennis is soos die weduwee se kruik. Dit hou nooit op nie en dit raak nooit afgewater nie, so ek drink alles op soos ’n spons. Ek hou van sy eerlikheid en opregte leiding met my spel en ook my tekste."
Donkerbos en Menseregtemaand: ’n onderhoud met Nico Scheepers
2023-03-27"My verantwoordelikheid as die skrywer en regisseur is om ’n storie te vertel so goed soos ek kan, niks meer of minder nie. Die dinge wat die storie aangrypend maak, dra by tot die diskoers, maar dit is nie die uitgangspunt nie. Vertel die storie reg, laat die mense iets voel, en hulle sál lank daaroor nadink."
Press release: Winners of 2023 Fleur du Cap Awards announced
2023-03-27It was a glittering affair at the Oude Libertas Amphitheatre in Stellenbosch on Sunday 26 March when the winners of the 58th Fleur du Cap Theatre Awards were announced.
ATKV-Skryfskool by vanjaar se Etienne van Heerden Veldsoirée
2023-03-24Voornemende skrywers kan solank hulle dagboeke skoonmaak, want van 22 tot 24 September 2023 gaan die ATKV-Skryfskool tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock aangebied word.
Persverklaring: Die maan deur ’n gaatjie in die nag by die KKNK en vooraf
2023-03-23Veteraanliedjieskrywer/-sanger Jannie du Toit beskou sy betrokkenheid by Marie se "langspeelplaat" in 1988 as een van die hoogtepunte van sy loopbaan. Op Coenie de Villiers se aanbeveling het die Tredouxs hom genader om verwerkings van hulle liedjies te doen.
Persverklaring: Nuwe talent in die pylvak vir Suidoosterfees-talentsoektog
2023-03-23Dié gewilde projek van die fees fokus op die identifisering en ontwikkeling van belowende talent onder sangers, dansers, musikante en komediante in die Wes-Kaap.
Langenhoven-gedenklesing 2023: Ontmoet die paneellede
2023-03-22"’n Geochemikus, ’n filosoof, ’n letterkundige en ’n ingenieur stap ’n tent in. Nee, dis nie die begin van ’n vreemde grappie nie, dit is wat letterlik op 1 April in Oudtshoorn gaan gebeur tydens die Langenhoven-gedenklesing."
Books on the Bay 2023
2023-03-20"Clearly, the longing for such a gathering of writers and readers must have been in the salty air for a long time, and hopefully Books on the Bay can still it every Cape autumn from now on."
Key change-teaterresensie: Roxmouth is ’n meestervermaker
2023-03-20"Jy kan nie uit daardie teater stap ná Key change en kwaad of angstig of terneergedruk voel nie. Jonathan Roxmouth is ’n meestervermaker en dan is hy boonop ’n uitstekende sanger en pianis."
Persverklaring: Vyf dinge wat jy móét weet van Jy is my seun
2023-03-20Dié nuwe titel vervang die gewilde Kind van die noodlot wat ná 148 episodes Donderdag 16 Maart tot ’n einde gekom het.
Persverklaring: Belinda en ’n paar nuwe gesigte gaan oplui dat dit klap!
2023-03-18Wanneer die kykNET-komedie Lui maar op, Belinda vroeg in April weer na die kassie terugkeer, gaan kykers vir Chris van Niekerk in die rol van Frans, die geliefde karakter in die reeks, sien. Eric Nobbs, wat voorheen die rol van Frans vertolk het, het tydens die produksie van die reeks op 23 Oktober 2022 gesterf.
Persverklaring: McGregor se eerste Cap Classique-fees op 25 Maart
2023-03-18Kom trek die kurke saam met ons by McGregor se eerste Cap Classique-fees op die 25ste Maart, die McGregor Bubblyfees!
Persverklaring: Oudtshoorn-stories vir tweede jaar in kollig by KKNK
2023-03-18Karoo Kaarte, die KKNK se bekroonde gemeenskapsprojek, vier vanjaar vir die tweede keer die ryk kulturele erfenis van Oudtshoorn en verskuif plaaslike stories na die kern van die fees se verhoë.
