Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée: ’n onderhoud met Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Feeste 2018-08-21

"Ons het werklikwaar die ondersteuning van groot name in die Afrikaanse letterkunde gekry. Bibi Slippers, Dana Snyman, Etienne van Heerden, Ronelda Kamfer, Karin Brynard, Willie Burger, Fanie Olivier, Nathan Trantraal en Clinton du Plessis, om net ’n paar te noem."

BoekeJol- en FilmRol-fees 2018: ’n onderhoud met Dia van Staden

Naomi Meyer, Dia van Staden Feeste 2018-08-21

"Bring die hele gesin. Elkeen kan sy deel doen en ’n nuwe leser of voornemende leser aan die fees kom voorstel. Ons sien daarna uit om die publiek, van alle ouderdomme, daar te ontvang."

Persvrystelling: 2018 se Etienne van Heerden Veldsoirée en Veldskool oor September-langnaweek

LitNet Feeste 2018-08-17

Die tweede Etienne van Heerden Veldsoirée vind vanjaar oor die langnaweek 22–25 September op Cradock en Somerset-Oos plaas. Naas die boekefees word daar vanjaar ook ’n veldskool vir ontluikende skrywers aangebied.

Persvrystelling: Jol met skrywers en kenners

LitNet Feeste 2018-08-16

Die vierde BoekeJolfees sal vanjaar van 30 Augustus tot 1 September by die Leriba Hotel in Centurion aangebied word. Meer as 30 boekbesprekings, aktuele gesprekke, werkwinkels vir jeug en volwassenes en sosiale samesyn word aangebied. Nog inligting is hier beskikbaar.

Persvrystelling: Gedigtefees in McGregor, 24 tot 26 Augustus 2018

LitNet Feeste 2018-07-30

"Gedigteliefhebbers wat die naweek gaan bywoon kan uitsien na voorlesings deur ’n keur van meer as 160 Suid-Afrikaanse digters."

Vrystaat Kunstefees: ’n kort oorsig

Mercy Kannemeyer Feeste 2018-07-25

"Die Afrikaanse landskap is egter ongelukkig so verdeeld dat dit samewerking bemoeilik. Ek wil graag glo daar is meer mense wat wíl saamwerk om die taal te red en van hul eie agendas ontslae sal raak ten einde ’n taalharmonieuse omgewing te skep waarin verskeie mense kan leef. Benoude katte maak benoude spronge, maar nou is nie die tyd daarvoor nie. Dis tyd vir werk."

African Gothic: ’n teaterresensie

Dalene Vermeulen Feeste 2018-07-20

"African Gothic is die Engelse vertaling en verwerking van Reza de Wet se 1986-drama Diepe grond. Die Engelse titel van die produksie plaas die teks onmiddellik in die kader van die gotiek – die gehoor kan dus ’n riller met moord, doodslag, bloedskande en ander grilgebeure wat op Afrika-bodem afspeel, te wagte wees. In hierdie opsig stel African Gothic nie teleur nie."

Persvrystelling: Montagu Boekefees, 26 tot 29 Julie 2018

LitNet Feeste 2018-07-19

Montagu se Boekefees, geborg deur Wesgro, vind van 26 tot 29 Julie plaas. Enige boekliefhebber – of jy Engels of Afrikaans is – sal ’n skrywer of boek by die Montagu Boekefees vind wat jou boekhart warmer sal laat klop.

Aardklop 2018: Volledige program beskikbaar

LitNet Aardklop 2018-07-19

Aardklop 2018 se program is hierdie week bekendgestel. Die program is weereens sorgvuldig saamgestel en belowe opwindende verskeidenheid, waaronder 27 debuutwerke. 

Vrystaat Kunstefees 2018: Afrikaans nie op kunstefeeste gered nie

Marnus Kok Menings 2018-07-16

"Is dit nie nou tyd om met die regering en universiteitsowerhede indringend te praat oor die toekoms van Afrikaanse onderwys nie? Dalk is daar reeds sulke gesprekke, maar word die stem van Jan Alleman, soos die skolier uit Waterkloof, Pretoria se Moot, Elsiesrivier, Kuruman of Bloemfontein, wat hoop om eendag in Afrikaans te studeer, gehoor?"

Vrystaat Kunstefees 2018: Gesprek oor Afrikaans

Mercy Kannemeyer Feeste 2018-07-13

"Bestaansangs en vrees oor Afrikaans gaan ons nêrens bring nie. Ons moet fokus op die dele van die taal wat goed doen en wat kultuur en erfenis bevorder – soos letterkunde, teater, flieks, ens."

Vrystaat Kunstefees 2018: RAAK deur Kanya Viljoen, ’n onderhoud

Mercy Kannemeyer Feeste 2018-07-13

"Dit word ’n intieme ondersoek na die geweld van verwagting, nie net die verwagtinge wat ons vir onsself skep nie, maar wat die samelewing skep. Of dalk net die geweld van liefhê."

Vrystaat Kunstefees 2018: Rooilug deur Jefferson J Dirks-Korkee, ’n onderhoud

Mercy Kannemeyer, Jefferson J Dirks-Korkee Feeste 2018-07-13

"So ek probeer beklemtoon dat kinders reeds mense is en nie besig is om nog mense te word nie. In die stuk wat ek vertel, sien die kind die geweld in sy huis en ervaar ook self van daardie geweld."

Vrystaat Kunstefees 2018: Vrynge inspireer ontluikende kunste

Marli van Eeden, Michael Garbett Feeste 2018-07-13

"In die afwesigheid van doeltreffende afsetgebiede vir die kunste – veral in gemeenskappe wat migreer het tot meer geïsoleerde vorme van vermaak – het die feeste hulself geposisioneer as die vernaamste rolspelers vir die viering en voortsetting van Suid Afrikaanse kuns. Verder het die kunstefeeste ook ’n bepalende rol begin speel in die ontwikkeling van jong kunstenaars."

Inskrywings vir die vierde US Woordfees-kortverhaalbundel word ingewag

Toyota Stellenbosch Woordfees Toyota Stellenbosch Woordfees 2018-07-12

Skrywers kan nou inskryf vir die vierde US Woordfees-kortverhaalbundel, wat by die 2019 Woordfees bekend gestel sal word. Du Toitskloof Wyne borg weer die prysgeld van R30 000 vir die wenverhaal. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September 2018 om 16:00.

Vrystaat Kunstefees 2018: Kawakawas, ’n onderhoud

Mercy Kannemeyer, Denver Breda Feeste 2018-07-12

"Die storie is belangrik omdat mense nie regtig daaroor wil praat nie. En hoe gaan ons die problem oplos as ons nie daaroor praat nie?"

Vrystaat Kunstefees 2018: GodgOdgoD – ’n teaterresensie

Mercy Kannemeyer Teater 2018-07-10

"Die produksie raak ’n ontmoetingsplek vir verskillende mense. Oud en jonk. Jy hoef nie van alles te hou nie. En jy hoef nie alles te verstaan nie. Nes die lewe. GodgOdgoD is vir seker ’n hoogtepunt op die Vrystaat Kunstefees se program."

Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran: ’n teaterresensie

Dalene Vermeulen Feeste 2018-07-06

"Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran is oorspronklik ’n Franse roman getiteld Monsieur Ibrahim et les fleurs du Coran deur Eric-Emmanuel Schmitt, na Afrikaans vertaal deur Naòmi Morgan. Die teks is ook deur haar vir die verhoog verwerk. Hierdie eenmanvertoning vertel die ontroerende verhaal van Moses, ’n dertienjarige Joodse seun wat op die Reu Bleue in die Joodse buurt in Montmartre, Parys, woon."

Press release: Audacious new play to be introduced at Karoo Writers’ Festival in Cradock

LitNet Lifestyle and entertainment 2018-07-05

MEIN CAMP will be read/performed by actor Emil Lars in the role of Le Clerq Goldberg, the central character, though the actor slips into several other characters during the course of the story, including BJ Vorster, Verwoerd, Adolf Hitler, and Saint Peter at the Pearly Gates.

Innibos 2018: Fotoblad

Louise Pieterse Feeste 2018-07-05

Die Innibos Kunstefees het vanjaar van  27 tot 30 Junie in Mbombela plaasgevind. Louise Pieterse het die feesatmosfeer in foto's vasgevang.

Top