Feeste

Artikels oor feeste in Suid-Afrika en in die buiteland
Articles about festivals in South Africa and abroad

Persverklaring: Jou gunsteling Suidooster-sterre op die Suidoosterfeesverhoog

LitNet Suidoosterfees 2022-04-25

Jawaahier Petersen, Eden Classens, Irvine van der Merwe, Natasha van der Merwe, Marco Spaumer en Simone Biscombe is as hul sepie-karakters, Kaashifa, Justin, Nazeen, Susan, Tim en Bianca, op 1 Mei om 14:00 in Kunstekaap op die feesverhoog met Suidooster Stormsterk.

Persverklaring: NATi Jeugteater bied ’n fees vir studente, skoliere en onnies by Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2022-04-25

Baie produksies vir en deur jong mense is van 27 April tot 1 Mei 2022 by Kunstekaap op die Suidoosterfees se NATi Jeugteaterprogram.

Persverklaring: Komediante gaan mense laat skater én nadink by Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2022-04-25

Wynand Kotze, Riaad Moosa, Conrad Koch, Rob van Vuuren, Stuart Taylor en Mel Jones is van 27 April tot 1 Mei 2022 op die Suidoosterfees se komedieverhoog.

Persverklaring: Kaapstad klassiek bring gevierde soliste en jong musici na die Suidoosterfees-verhoog

LitNet Suidoosterfees 2022-04-25

Die Suidoosterfees en die Nasionale Jeugmusiekstigting bied op 28 April om 20:00 ’n spesiale musiekkonsert by Kunstekaap aan. Die Moederstad se Filharmoniese Jeugorkes onder leiding van Brandon Phillips is in Kaapstad klassiek op die verhoog saam met ervare soliste en nuwelinge.

Persverklaring: “Jika” gaan jazz-aanhangers betower by Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2022-04-25

“Jika” – Sounds of the SA Jazz Real Book is een van die hoogtepunte op die Suidoosterfees se musiekprogram, met Tete Mbambisa, Tony Cedras, Hilton Schilder, Ramon Alexander en Anathi Mobo.

Persverklaring: Kom bly lekker in Kaapstad se Premier Hotel tydens Suidoosterfees

LitNet Suidoosterfees 2022-04-25

Met die Premier Hotelgroep as die Suidoosterfees se amptelike verblyfborg kan feesgangers van 27 April tot 1 Mei 2022 in die grootste gemak en teen ’n billike tarief in die Moederstad oorbly.

Persverklaring: KKNK2022 se Kannapryswenners bekend

LitNet KKNK 2022-04-23

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) se Kannapryse, wat erkenning aan produksies en individue vir uitnemende bydraes tot die fees gee, is op 22 April by ’n swierige geleentheid by M-Studios in Philadelphia, Kaapstad aangebied.

Frank Opperman gesels oor Ek wens, ek wens

Frank Opperman, Izak de Vries Suidoosterfees 2022-04-22

"Die begrafnisondernemersorganisasie was baie ontsteld daaroor. Ek was bang hulle gaan eendag weier om my te begrawe. Sal maar my eie gat moet grawe."

Die halwe huis, ’n onderhoud met Ricardo Arendse

Ricardo Arendse, Izak de Vries Suidoosterfees 2022-04-21

"Vir my lê die hoop in wat ná die vertoning gebeur, wanneer jy by jou huis sit en dink aan Bumper of oor ’n drankie met vriende gesels oor die temas."

Vurige gesprekke verwag by Suidoosterfees se Jakes Gerwel-reeks

Melt Myburgh, Theo Kemp Onderhoude 2022-04-20

Theo Kemp, samesteller van die Suidoosterfees se Jakes Gerwel-gespreksreeks, laat die aap uit die mou oor die vurige sprekers en onderwerpe wat van 27 April af by Kunstekaap op die tafel geplaas gaan word.

Persverklaring: Fantastiese pryse op die spel by derde KKNK Dramaweb SA

LitNet KKNK 2022-04-13

Jongmense wat hul toneelspelvernuf wil slyp én heerlike pryse van meer as R50 000 in totaal wil wen, kan steeds inskryf vir die derde aanlyn KKNK Dramaweb SA-kompetisie.

Persverklaring: Momentum Beleggings Aardklop

LitNet Aardklop 2022-04-13

Aardklop vang weer spoed en hierdie jaar wip ons op met ’n opwindende nuwe vennoot, Momentum Beleggings.

Persverklaring: Dansers en akrobate wys hul passies by Suidoosterfees 2022

LitNet Suidoosterfees 2022-04-11

Feesgangers wat lief is vir dans, gaan groot plesier hê by vanjaar se Suidoosterfees, van 27 April tot 1 Mei 2022 by die Kunstekaap-teaterkompleks in Kaapstad.

Persverklaring: KKNK 2022 se Kanna-benoemdes bekend

LitNet KKNK 2022-04-05

Die 26ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) is vanaf 29 Maart tot 3 April 2022 op Oudtshoorn aangebied. Die Kanna-pryse, ’n toekenningsgeleentheid wat tradisioneel na afloop van die fees erkenning gee aan uitsonderlike kreatiewe bydraes tydens die fees, vind weer plaas op Vrydag, 22 April 2022, in Kaapstad. 

Toyota US Woordfees 2022: Firefly in die Baxter – ’n resensie

Emma Kotze Teater 2022-04-05

"Buckland en Strike onderskei met finesse alle identifiserende elemente van hul verskeie karakters, van hul fisieke gewoontes tot noukeurige stemnuanses, wat aan die redelik eenvoudige storielyn alle nodige tekstuur verskaf. Voeg daarby meesterlike klavierspel deur Bentel, en Firefly is werklik ’n magiese verbeeldingsreis."

KKNK 2022: ’n Fees van baie trane en dankbaarheid (vir tannie Geraldine en oom George)

Nadine Petrick KKNK 2022-04-05

"Dis moeilik om hoogtepunte uit te sonder in ’n week waar als en almal so emosioneel gelaai en in dieselfde asem so vatbaar vir normaliteit en beauty was."

Persverklaring: Suidoosterfees se sterre presteer by kykNET Fiëstas

LitNet Suidoosterfees 2022-03-29

Stephren Saayman, een van die Suidoosterfees se NATi Jong Sterre, het pas ’n kykNET Fiësta ontvang as beste opkomende kunstenaar vir sy spel in die verhoogdrama Mannetjie. Die drama het verlede jaar by die fees gedebuteer.

KKNK 2022: ’n onderhoud met Loki en Margot Rothman

Yolanda du Toit, Loki Rothman, Margot Rothman KKNK 2022-03-28

"Musiek is die basis van ’n samekoms. Al is dit by ’n braai of ’n dans. Musiek bring mense nog altyd nader aan mekaar."

Elna se Boekstories by KKNK beloof diep genot vir boekwurms

Melt Myburgh, Elna van der Merwe Onderhoude 2022-03-28

Elna van der Merwe, samesteller van die KKNK se Boekstories tydens die fees wat van 29 Maart tot 3 April 2022 op Oudtshoorn plaasvind, vertel vir Melt Myburgh van hoogtepunte op vanjaar se program.

KKNK 2022: ’n onderhoud met Hugo Theart, artistieke direkteur van Kunste Onbeperk

Yolanda du Toit, Hugo Theart KKNK 2022-03-28

"En dit is die fokus. ’n Viering van ’n terugkeer na in-persoon feeste. En ’n viering van die ongelooflike talent wat ons het."

Top