Woordfees op TV 2022: Volledige TV-feesprogram

  • 1

https://woordfees.co.za/

Die Woordfees het in 2000 as ’n deurnagpartytjie vir die Afrikaanse woordkuns begin, maar het in die afgelope twee dekades gegroei tot een van Suid-Afrika se grootste kunstefeeste.

Die Toyota US Woordfees verander jaarliks die universiteitsdorp van Stellenbosch in die Wes-Kaapse wynlande in ’n warrelwind van energie en kreatiwiteit. Kunstenaars, gehore en gemeenskappe vind mekaar in ’n vreugdevolle viering van skrywers, boeke, teater, musiek, kuns, dans, diskoers en films.

Gedurende die pandemie is die fees in 2021 die eerste keer op ’n DStv-opwipkanaal aangebied wat landwyd en in Namibië gekyk kon word. Dié pioniersprojek was ’n dawerende sukses en vanjaar fees die Woordfees twee keer: op DStv-kanaal 150 en in Namibië op GOtv-kanaal 27 vanaf 15 tot 28 Julie en in die vlees in Stellenbosch van 10 tot 16 Oktober.

Klik hier om die volledige TV-program af te laai.

Lees ook:

Skrywersfees 2022 op Woordfees TV: Volledige program

Die vertreksaal ook op Woordfees TV: ’n onderhoud met Dana Snyman

Persverklaring: LitNet-rubriekskrywer op Woordfees TV

Die Woordfees TV-fees is van 15–28 Julie op DStv-kanaal 150

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top