Karatara, ’n resensie
2023-04-12"Die danswerk, dikwels in die donker, en die briljante gebruik van ’n feitlik leë verhoog met bitter min rekwisiete en dikwels nog minder lig, is baie slim."
Mirre en aalwyn deur Nicola Hanekom: twee resensies en steeds ’n soeke
2023-04-12"As die brandende bos die wekroep van ’n leier in die Ou Testament was, sou die kruis die simbool van leierskap in die Nuwe Testament kon wees. Sou emotikons dan die simbole wees van ’n religie gebaseer op die aantal likes wat ’n mens op die internet kan kry?"
Loeloeraai 100 jaar later
2023-04-11"Loeloeraai se relaas oor die gebruik van sonenergie op Venus, is insiggewend; ook die kritiek, wat elders in die roman gelewer word oor omgewingsbesoedeling en die uitbuiting van werkers in die naam van industrialisasie."
Persverklaring: Mixtape van die liefde is Woensdag by die KKNK!
2023-03-30Mixtape van die liefde is ’n feesviering van presies hoe ons liefhet, verloor, treur óf hals-oor-kop bemin; die stories wat Suid Afrika uniek maak.
Persverklaring: Ervaar Africanacity by vanjaar se KKNK
2023-03-29Trotse Afrika-bank, Absa, erken die belangrikheid daarvan om die kunste en kultuur in Suid-Afrika te ondersteun. Hulle is daartoe verbind om in Suid-Afrika se kunstebedryf te belê en Absa is opgewonde om sy aktiwiteite by vanjaar se KKNK te versterk en die beste plaaslike en nasionale talent, in ’n viering van kreatiwiteit en innovasie, ten toon te stel.
Persverklaring: Die maan deur ’n gaatjie in die nag by die KKNK en vooraf
2023-03-23Veteraanliedjieskrywer/-sanger Jannie du Toit beskou sy betrokkenheid by Marie se "langspeelplaat" in 1988 as een van die hoogtepunte van sy loopbaan. Op Coenie de Villiers se aanbeveling het die Tredouxs hom genader om verwerkings van hulle liedjies te doen.
Langenhoven-gedenklesing 2023: Ontmoet die paneellede
2023-03-22"’n Geochemikus, ’n filosoof, ’n letterkundige en ’n ingenieur stap ’n tent in. Nee, dis nie die begin van ’n vreemde grappie nie, dit is wat letterlik op 1 April in Oudtshoorn gaan gebeur tydens die Langenhoven-gedenklesing."
Persverklaring: Oudtshoorn-stories vir tweede jaar in kollig by KKNK
2023-03-18Karoo Kaarte, die KKNK se bekroonde gemeenskapsprojek, vier vanjaar vir die tweede keer die ryk kulturele erfenis van Oudtshoorn en verskuif plaaslike stories na die kern van die fees se verhoë.
Persverklaring: Hope vermaak vir tjokkers by KKNK
2023-03-13Vyf kinderteaterproduksies word tussen 1 en 9 April by die 27ste KKNK, geborg deur Absa, aangebied, wat saam met hope ander aktiwiteite vir vermaak uit die boonste rakke vir die jongspan gaan sorg.
Persverklaring: KKNK se eerste Jeugkunstefees bring jongmense bymekaar
2023-03-08’n Fees binne ’n fees waar hoërskoolleerders bymekaarkom om die kunste te ervaar met dans, drama, musiek, werksessies en gesprekke wat spesifiek op hulle toegespits is. Dít is wat deelnemers aan die KKNK se heel eerste Jeugkunstefees, aangebied in samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD), kan verwag.
Musiekvideo: Van Der Aven se “Slaap jy al”
2023-03-03Die gewilde groep Van Der Aven het pas ’n video uitgereik vir die liedjie “Slaap jy al”.
Persverklaring: Langenhoven 150, Loeloeraai 100 by vanjaar se KKNK!
2023-02-28Langenhoven is in 1873 gebore, 150 jaar gelede. CJ Langenhoven se Loeloeraai is in 1923 gepubliseer. Dit is 100 jaar gelede. Die Langenhoven Gedenkfonds vier vanjaar hierdie dubbele mylpaal tydens die KKNK in Oudtshoorn. Toegang is gratis.
Persverklaring: Afval by die KKNK en die Suidoosterfees
2023-02-28Die Van der Merwes lyk soos ’n doodnormale middeljarige paartjie, daar is net een kinkel in die kabel … Johan van der Merwe is ’n reeksmoordenaar.
Persverklaring: Vyf uitskieters word vanjaar deur die KKNK vereer
2023-02-28’n Formidabele akteur. Twee jong stemme. ’n Kunstenaar wat internasionaal naam gemaak het. ’n Radio-legende. Vyf uitskieters in hulle onderskeie velde word vanjaar deur die KKNK vereer.
Persverklaring: Opelugmusiekkonserte keer terug na die KKNK
2023-02-23Ses groot opelugmusiekkonserte word vanjaar by die KKNK aangebied om die post-pandemie-vryheid behoorlik te vier.
Persverklaring: Beleef die hele ketoetie by die 27ste KKNK
2023-02-08Die hele ketoetie – allésaam! Dít is wat feesgangers van Saterdag 1 tot Sondag 9 April by die 27ste KKNK, geborg deur Absa, op Oudtshoorn kan verwag.
Persverklaring: KKNK-produksies ryg talle Fiësta-nominasies in
2023-02-08Teater- en musiekproduksies wat in 2022 op Oudtshoorn te sien was, sorg vanjaar vir meer as die helfte van die nominasies vir kykNET Fiësta-toekennings.
Persverklaring: Maak solank gereed vir feesvier in die Klein Karoo
2022-12-20Oudtshoorn trek in 2023 sy feesklere vir nege dae aan wanneer die 27ste KKNK, geborg deur Absa, van Saterdag 1 tot Sondag 9 April aangebied word.
Persverklaring: Tien tekste uit KKNK Teksmark word verder ontwikkel
2022-09-27Teksmark is van 24 tot 26 Augustus by die Baxterteater in Kaapstad aangebied en kon gratis deur belangstellendes bygewoon word. Altesaam 22 skrywers het hul teksidees voorgelê en 90 akteurs en regisseurs het deelgeneem om uittreksels uit elk van die tekste as leesteater aan te bied.
Persverklaring: Karatara by die Baxter
2022-09-06Karatara vertel die verhaal van die verwoestende Knysna-brande in 2018. Op die 29ste Oktober van daardie jaar word ’n klein dorpie verswelg in ’n vlammehel. Die inwoners het bykans al hulle besittings verloor, sommige hul lewens.