KKNK 2025: In gesprek met Veronique Jephtas oor Sonde met die spoke

Yolanda du Toit, Veronique Jephtas KKNK 2025-02-06

"Spoke rus nie. Ek sou nie rus as ek ’n spook was nie."

KKNK 2025: In gesprek met Carel Nel oor ’n Begin

Yolanda du Toit, Carel Nel KKNK 2025-02-06

"Die gehoor kan uitsien na lekker lag. Ek dink die stuk is baie komies, maar ook teer, eg en eerlik en ’n klein bietjie sad."

Persverklaring: Oudtshoorn skitter met kykNET Fiësta-benoemings

LitNet kykNET Portaal 2025-02-05

Die swartmerrie, ’n plekspesifieke drama deur die KKNK se Karoo Kaarte-span, is vir drie kykNET Fiësta-pryse benoem.

Persverklaring: Hierdie vyf word by die 29ste KKNK in 2025 vereer

LitNet KKNK 2025-01-15

Al vyf die vereerdes by die KKNK in 2025 het diep spore in die kunste getrap – twee aktrises, ’n musiekgroep, ’n musiekmeester met wortels op Oudtshoorn en ’n bekroonde visuele kunstenaar. Die 29ste KKNK, geborg deur Absa, word van 1 tot 6 April op Oudtshoorn aangebied, met ’n spesiale openingskonsert en aandmark op 31 Maart.

 

 

Persverklaring: Feesprogram vir KKNK 2025 bied al die ietse

LitNet KKNK 2024-12-13

"Die 29ste KKNK, geborg deur Absa, is saamgestel en verpak om in alle kunsvorms en genres, vermaak vir alle ouderdomme in te sluit. Daar is iets vir almal." So sê Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK, wat volgende jaar Dinsdag 1 tot Sondag 6 April op Oudtshoorn aangebied word.

Persverklaring: Nuwe kurator van visuele kuns vir KKNK

LitNet KKNK 2024-11-08

Die bekroonde visuele kunstenaar en kurator Liza Grobler is die KKNK se nuwe kurator van visuele kuns. In 2023 was sy die KKNK se feeskunstenaar en haar uitstalling, Inkommers, laatkommers & laatlammers, asook haar Droom-installasie in samewerking met die Oudtshoorn ReWOLusie, het aan haar die Kanna vir beste visuele kunsaanbieding besorg.

Persverklaring: WKOD vat hande met Proscenium en kunstefeeste

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-09-30

Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het hande geneem met die Proscenium-dramakompetisie wat vanjaar vir hoërskoolleerders van graad 8 tot 12 aangebied is. Die departement brei die kompetisie uit met ’n projek wat drama-onderwysers se lewens in die klaskamer maklik en gerieflik sal maak. Gratis opvoerings van die dialoë, met die jong akteurs wat ook in die video’s gaan verskyn, word tydens die Toyota Stellenbosch Woordfees vanaf 30 September tot 2 Oktober by Hoër Meisieskool Bloemhof op die planke gebring. 

Persverklaring: Vyftien nuwe teksvoorstelle te sien by die negende Teksmark

LitNet KKNK 2024-08-23

Meer as 100 nuwe teksvoorstelle is vir vanjaar se negende Teksmark ontvang, waarvan 15 vir Teksmark by die Baxter-teater in Kaapstad gekies is. Hier word skrywers se teks-idees op 4 en 5 September as leesteater in die Baxter-teater se Concert Hall aan voornemende beleggers in die teaterbedryf voorgelê. 

Persverklaring: Spesiale geleenthede vir hele gesin by Klassique

LitNet KKNK 2024-07-22

Klein Karoo Klassique bied vanjaar ’n spesiale geleentheid gefokus op gesinne, met Little Maestros: Classical Concerts for Families. “Ons bied met hierdie konserte ’n ontspanne omgewing waar klein oortjies leer deur Mozart, Bach en ander bekende klassieke musiek”, sê Magdalene Minnaar, bekende sopraan en violis in dié produksie.

Persverklaring: Besonderse galakonsert wag by Klein Karoo Klassique

LitNet Musiek 2024-07-08

“Ek hou daarvan om konserte pret en toeganklik te maak en klassieke musiekliefhebbers moet beslis nie hierdie optrede misloop nie,” sê bekende musikant Richard Cock. Die Klein Karoo Klassique vind van Vrydag 9 tot Sondag 11 Augustus 2024 op Oudtshoorn plaas. Die feesprogram sluit ’n verskeidenheid van klassieke musiek, kuns, kos en wyn in.

28ste Kanna-toekennings luisterryk in Franschhoek gevier

Maryke Roberts KKNK 2024-05-13

"Die 2024-Kannas is gisteraand by Leopard’s Leap in Franschhoek oorhandig en die inklusiwiteit van die fees is deur verskeie Kanna-ontvangers beklemtoon."

Persverklaring: KKNK 2024 se uitblinkers met Kannas bekroon

LitNet KKNK 2024-05-13

Uitnemende artistieke bydraes by vanjaar se KKNK, geborg deur Absa, is Donderdag 9 Mei met Kannas bekroon. Die KKNK se Kanna-pryse is tydens ’n glansgeleentheid by Leopard’s Leap Wynlandgoed net buite Franschhoek oorhandig. Veteraanjoernalis Marianne Thamm was die aanbieder.

Persverklaring | KKNK: Vertel jou storie by die negende Teksmark

LitNet KKNK 2024-05-07

Verskeie teksvoorstelle wat na die afgelope twee jaar se Teksmark tot volskaalse teaterproduksies ontwikkel is, was reeds vanjaar by die KKNK en Suidoosterfees op die planke en verskeie is binnekort ook by Innibos en die Vrystaat Kunstefees te sien.

Commendatio: Deon Meyer vereer met die KKNK Afrikaans Onbeperk-prys vir literêre bydrae

Etienne Bloemhof Menings 2024-04-25

"Maar dat die eer wat Deon vandag te beurt val, spesifiek oor Afrikaans gaan, dit is iets baie spesiaals, want dis ’n prys wat, glo ek, erkenning gee aan ’n skrywer wat – al sou dit op vele terreine vir hom sin maak om direk in Engels te skryf – nog altyd vurig en passievol was oor sy moedertaal; die taal van sy woorde, sy verbeelding en sy drome."

Persverklaring: Drie debuutwerke ryg elk ses KKNK Kanna-benoemings in

LitNet KKNK 2024-04-15

Drie debuutproduksies wat van 23 tot 31 Maart by die KKNK, geborg deur Absa, op Oudtshoorn te sien was, is elk vir ses Kanna-pryse benoem. Die volledige lys benoemings is vandag vrygestel.

KKNK 2024: Patmos – ’n teaterresensie deur Ignus Rademeyer

Ignus Rademeyer KKNK 2024-04-09

"Bouwer se regie is meesterlik in sy vermoë om die grense tussen werklikheid en hallusinasie te vertroebel. Oomblikke van helderheid maak plek vir koorsagtige waansin, wat die gehoor laat wonder wat werklik is."

KKNK 2024: Goed wat wag om te gebeur

Izak de Vries KKNK 2024-04-08

"Van belang is dat ons DNS kompleks is – daar is ongeveer drie miljard stukkies kode, of 1,5 gigagrepe inligting, in elke stukkie DNS in ons liggame. Kyk na die sterre en weet maar net, ons liggame bevat dalk meer stukkies inligting as wat daar sterre is."

KKNK 2024: Monsters

Izak de Vries KKNK 2024-04-08

"Ons besef dat daardie kinders se komvandaan ’n belangrike deel was van hoe hulle so wreed kon wees."

KKNK 2024: Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan

Izak de Vries KKNK 2024-04-08

"In verskillende kostuums en aksente oordonder Viviers dan die verhoog – tot die heerlike vermaak van die gehoor."

KKNK 2024: Vuisvoos, maar nog regop: Suid-Afrika 2024

Izak de Vries KKNK 2024-04-08

"Hier staan Thamm op ’n openbare verhoog en sy klim met mening onder die regering en die lakeie van korrupsie in. Sy mag. Sy word toegelaat."

Top