Persverklaring: Kry jou kuur by die KKNK op Oudtshoorn

  • 0

Joburg Ballet se Scarcity by die KKNK 2024. Foto: Lauge Sorensen

Die 28ste KKNK is vandag halfpad en dié fees bied vanjaar ’n kuur vir elke kwaal aan feesgangers. In die teaters is daar ’n keuse van vitamien drama, musiekmoetie, dansdoepa en proesstroop met die Feesmark wat daagliks hope bied vir smulpape en markievrate.

Op die Feesmark-verhoog is verskeie van Suid-Afrika se topkunstenaars te sien en die splinternuwe Klein KKNK-teater, ondersteun deur die ATKV, bied ure se vermaak vir die jongspan. 

Klik hier vir die volledige program en kry jou kaartjies by Webtickets of by die deur. 

Toneel

Willem Anker se nuwe drama Patmos debuteer by die KKNK. Op die verhoog is Tinarie van Wyk Loots, Marlo Minnaar, Eben Genis, René Cloete en Marelize Viljoen. Foto: Hans van der Veen

Musiek

Deon Meyer en Coenie de Villiers span kragte saam vir ’n splinternuwe teaterproduksie met Roem: ’n Musiekverhaal. Anrich Herbst, Eldon van der Merwe, Daneel van der Walt en Nelandi Boshoff deel die verhoog met musikante Mauritz Lotz en Blake Hellaby. Foto: Hans van der Veen

Feesmark

Die Feesmark bied hope vermaak aan die hele gesin met die program op die Feesmark-verhoog, ondersteun deur Huisgenoot en Castle Lager wat daagliks ’n hoogtepunt is. Foto: Carli Munro

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top