Jonathan Ball-portaal

Jonathan Ball Publishers was founded in 1976 to publish books of an independent character that enlighten and entertain.

We publish a range of non-fiction titles and specialise in South African politics, current affairs, biography and history.

Stof deur Alettie van den Heever: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Alettie van den Heever Skrywersonderhoude 2018-09-11

"Ek weet nie wat ons is nie. Ek is in sekere opsigte grootgemaak om saam met die digtergees te dink dat hierdie wêreld nie ons woning is nie, en al voel ek nog soms so, dink ek nou anders. Baie van die ekologiese ghoeroes wil dit hê dat ons ’n virus is. Ek is nie so seker nie. Hierdie wêreld is ons enigste woning."

Boerekos kry ’n moderne baadjie: ’n resensie van Boerekos with a twist deur Annelien Pienaar

Maryke Roberts Resensies 2018-09-10

"Die nuttige inligting voor die verskillende hoofstukke om jou te leer wanneer jy ’n ballonklitser gebruik; of hoekom room skei; wat die verskil tussen flambé en soteer is; of hoe warm jou oond vir watter gereg moet wees, help selfs die onkundigstes onder ons."

Bruistablette vir die lewe deur Susan Coetzer: ’n resensie

Yolanda du Toit Resensies 2018-09-06

"Met Bruistablette vir die lewe nooi die geliefde skrywer en motiveringspreker jou saam op ’n geselsreis om hoop te bied aan die moderne vrou en die uitdagings van die lewe. Dit is geskryf met humor, deernis en insig."

Stof deur Alettie van den Heever: bekendstelling in Kaapstad

LitNet Boeke en skrywers 2018-09-06

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Stof, Alettie van den Heever se debuutroman, op 27 September in Kaapstad. Alettie sal met Hester Carstens in gesprek wees.

'n Brief vir Reina deur Elsa Winckler: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2018-09-06

"As dit ligte vermaak is waarna jy soek, is dit die boek vir jou."

Spertyd deur Elsa Joubert: ’n lesersindruk

Mantie Smith Lesersindrukke 2018-09-04

"Joubert beskryf met patos die 'skimwêreld' waarin die ouerwordende persoon hom/haar al hoe meer bevind: die verwarring, die vergeet van die alledaagse gryp jou aan die hart."

Die tragiese saak van Pamina Vermaak: bekendstelling in Kaapstad

LitNet Boeke en skrywers 2018-09-03

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Die tragiese saak van Pamina Vermaak op 25 September in Kaapstad. Willim Welsyn sal met die skrywer, Annie Klopper, gesels.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Vuurwarm deur Jan Braai

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2018-08-30

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Hier is ’n resep uit Vuurwarm deur Jan Braai, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Persvrystelling: Gatskop-temalied vir Annie Klopper se debuutroman

LitNet Boeke en skrywers 2018-08-24

"Hoe dikwels het ’n roman sy eie temalied, en word ’n karakter uit ’n boek in die lewe geroep deur sy eie liedjie vry te stel?"

Dubbelspiraal deur André Jansen: ’n resensie

Martie Retief-Meiring Resensies 2018-08-22

"Met ’n meesterlike ratatata-inleiding neem die skrywer die leser in hierdie roman (speurrroman?) op ’n vinnige, intense voëlvlug oor  vier vurige dekades van die afgelope Suid-Afrikaanse geskiedenis."

Die tragiese saak van Pamina Vermaak deur Annie Klopper: ’n (musikale) onderhoud

Naomi Meyer, Annie Klopper Skrywersonderhoude 2018-08-21

"Ek wou die tipe boek skryf wat ek en my vriende sal kan geniet. Ek is mal oor liefdesverhale, maar daar is dinge wat my hinder in sommige meer tradisionele Afrikaanse liefdesromans. Soos dat die hoofkarakters meestal net wit en straight is. Of dat die vroue se krisisse altyd veroorsaak – en opgelos word – deur mans, eerder as deur hulleself."

Persvrystelling: Die skielike dood van Mark Minnie, medeskrywer van Die seuns van Bird Island

LitNet Boeke en skrywers 2018-08-15

"Hy het Tafelberg meegedeel dat hy die afgelope week verskeie leidrade in Port Elizabeth suksesvol opgevolg het en was vasberade om nog getuienis openbaar te maak."

Grilgrypers deur De Wet Hugo: Grieselrige goeters wat leesgieriges sal gryp en laat gril

Magdel Vorster Resensies 2018-08-13

"Danksy grillers is plekke waar die onmoontlike en dikwels ondenkbare wel bestaan en gebeur, tydelik toeganklik. Boonop word monsters in stories oorwin en ervarings in donker woude hou nie vir ewig aan nie."

NB-Uitgewers betreur Koos Human se afsterwe

LitNet In memoriam 2018-08-10

"Hy was veral bekend vir die besonderse manier waarop hy die uitgewer se verhouding met skrywers tot ’n fyn kuns vervolmaak het."

Pienk is nie vir sissies nie deur Christien Neser: ’n resensie

Magdel Vorster Resensies 2018-08-10

"Met bestanddele soos bergfietse, ’n manlike balletdanser, ’n flambojante skoolsielkundige, gewapende roof en ’n hele paar aanhalings uit alombekende boeke is dit duidelik dat hierdie storie oor meer gaan as wat in die titel voorspel word."

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Wat het geword van Dinsdag? deur Tinus Horn

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2018-08-10

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit Wat het geword van Dinsdag? deur Tinus Horn, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Gesant van die mispels en In die stille agterkamer deur Marlene van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Helize van Vuuren Resensies 2018-08-08

"Van Niekerk gooi met haar nuwe werk ’n Nietzscheaanse tou oor die afgrond na lesende kritici, kritiese lesers, gewoond om 'teen die grein' en vryblywend te beoordeel, te evalueer en te kategoriseer. Nie langer kan kritici afstandelik, veilig en vanaf die verte sonder emosionele betrokkenheid skryf nie."

Jong lesers: Nicole White resenseer Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die wildtuin deur Dihanna Taute

Nicole White Jong lesers 2018-08-02

"Dis skreeusnaaks. Ek het so gelag, selfs my ma wou die boek saam met my lees!"

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal: bekendstelling

LitNet Boeke en skrywers 2018-07-31

Jy word uitgenooi na die bekendstelling van Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal, met Antjie Krog en Jolyn Phillips, op 22 Augustus in Kaapstad.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: ’n Brief vir Reina deur Elsa Winckler

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2018-07-30

LitNet publiseer uittreksels uit boeke wat pas verskyn het. Lees ’n gedeelte uit ’n Brief vir Reina deur Elsa Winckler, aangebied deur Du Toitskloof Wyne.

Top