Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
’n Lewe van menswaardigheid – 'n gesprek oor die bruin identiteitseminaar
2012-11-27 ’n Interdissiplinêre konferensie oor bruin identiteit word aangebied deur die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch. Naomi Meyer het prominente rolspelers en seminaarbydraers by die seminaar hieroor uitgevra.LitNet Akademies-resensie-essay: Philida 'n waarskuwing aan die elite
2012-11-27 "Waar mense se wense té lank onderdruk word, het jy min nodig om hulle tot aksie te laat oorgaan. Philida se waarskuwing is gerig aan die nuwe politieke en godsdienstige elite: Die onderdruktes is nie almal onnosel nie. Party van hulle gaan leer om néé te sê."LitNet Akademies-resensie-essay: Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach – 'n Postmoderne quest-verhaal
2012-11-27 "Die aanspraak van lewende wesens voer die leser op reise waarin die individuele en kollektiewe onbewuste geopenbaar word; onderdrukte energieë kom in die loop van die verhaal na bo."Die voorkoms, frekwensie en aard van seksuele misbruik deur jong vroulike seksoortreders in ’n inwoonsorgsentrum
2012-11-21 "Die doel van hierdie navorsingstudie behels ’n verkennend-beskrywende ondersoek na die voorkoms, frekwensie en aard van seksuele misbruik onder meisies in ’n inwoonsorgsentrum."LitNet Akademies-resensie-essay: Onse vaders deur Karin Brynard: ’n nuwe aangesig vir betrokke literatuur
2012-11-21 "Brynard het die luukse om in ’n polities gemarginaliseerde taal veel meer aandag aan karakterisering te gee. Sy is daarom nie, soos Nicol, aangewese op papkamerade nie, en die tekstuur van haar skryfwerk dring daarom sterker deur tot die kern van die daaglikse lewe waar ou rassisme en nuwe naasteliefde skouers skuur."Verbruikerstudies-vraestel: November 2011
2012-11-21 Die einde van die Matriek-eindeksamen is in sig. Moet jy nog Verbruikerstudies skryf? Hier is 'n vinnige skakel na die 2011 vraestel.Die resepsie van Romeinse reg in die Suid-Afrikaanse regstelsel: stare decisis en curia ius novit
2012-11-21 "Die doel van hierdie artikel is om die uitwerking van die stare decisis-leerstuk (Engelse reg) en die curia ius novit-reël (Europese siviele reg) op die Suid-Afrikaanse regsontwikkeling vas te stel."WF 2012: Top-tien-finaliste aangewys!
2012-11-21Hier is die top-tien-finaliste vir LitNet Akademies Kuberklas se wetenskapfiksie-skryfkompetisie. Koos Kombuis en Fanie Viljoen lewer kommentaar.
Natuurwetenskappe-gesprek: genetika en die omgewing
2012-11-20Zané Lombard gesels met Vanessa O'Neill, Gerrit Koorsen en Liza Bornman oor hulle LitNet Akademies-artikel "Epigenetika: die skakel tussen genetika en omgewing"
