Daar is skole sonder biblioteke.
Daar is ook organisasies wat 'n verskil maak.

Die hoof uitvoerende beampte van die SBA, Danie van Wyk (links op die foto), oorhandig hier aan Roy van Rooyen (regs), skoolhoof van Laerskool Rietenbosch in Cloetesville, boeke met die oog op die toerus van die skool se biblioteek. Naomi Meyer van LitNet het die skool saam met Danie van Wyk besoek.

Die boeke is almal deur Protea uitgegee en is met groot dank ontvang. Hou LitNet in die toekoms dop vir terugvoer oor waarvoor die boeke aangewend word, asook vir 'n gesprek met die skoolhoof.
Geheimenisse van die Natuur en die Wetenskap deur Laura Howell en Elizabeth Dalby
Voorskoolse werkboek deur Richard Scarry
Die geheim van die keel van die nagtegaal deur Peter Verhelst
Raserige dinosourusse deur Lee Wildish




