LitNet benodig ’n geesdriftige, verantwoordelike produksie-assistent om saam met die LitNet-span aan ons webwerf te bou. Ons soek ’n geesdriftige spanspeler met ’n fyn oog vir besonderhede en ontwerp.
Verantwoordelikhede
- Daaglikse bywerking van LitNet-inhoud – insluitend die ontwerp en laai van nuwe artikels en bywerking van bestaande webblaaie, bv LitNet se Vermaakdagboek
- Basiese ontwerp en laai van grafika
- Hulp met die ontwerp van die weeklikse nuusbrief
- Administratiewe take
- Enige ander LitNet-take.
Vaardighede
- Volledig tweetalig (Afrikaans en Engels), met ’n oog vir spel- en taalfoute
- Vaardigheid in HTML (Adobe Dreamweaver)
- Vaardigheid in grafiese ontwerp (Adobe Photoshop).
Persoonlike eienskappe
- Vermoë om vinnig te leer en stylriglyne na te volg binne ’n kreatiewe omgewing
- Vermoë om vinnig en akkuraat onder druk te werk
- Goeie kommunikasievaardighede
- Betroubaar en trots op eie werk
- Goeie tydsbestuur en die vermoë om te prioritiseer
- Die vermoë om gefokus binne ’n kantooromgewing te werk en daaglikse take noukeurig af te handel
- ’n Puntenerige oog vir fyn besonderhede
- Die bereidwilligheid tot daaglikse roetinewerk.
Voordele
- Kennis van LitNet en ’n belangstelling in LitNet-inhoud
- Belangstelling in grafiese ontwerp en goeie kennis van die internet
- Kennis van en passie vir Suid-Afrikaanse musiek, kuns en kultuur
- Belangstelling in tegnologiese vernuwing en sosiale media
- Kreatiwiteit.
Posbeskrywing
- Tipe aanstelling: Kontrak (12 maande)
- Vergoeding: Onderhandelbaar
- Plek: Die LitNet-kantoor in Stellenbosch.
Aansoek
Motiveer jou aansoek deeglik in Afrikaans. Sluit getuigskrifte en voorbeelde van jou werk in, of verstrek kontaknommers van persone wat jou werk ken en jou waardeer. Heg ’n volledige Afrikaanse curriculum vitae aan jou aansoek aan.
Stuur jou aansoek aan naomibruwer@litnet.co.za.
Sluitingsdatum: 11 Junie 2013.

