Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Raak betrokke by skole, vra ATKV
2013-06-14 "Skole, as sosiale en opvoedkundige instellings, is belangrik om leerders as toekomstige leiers voor te berei op verantwoordelike burgerskap."SBA besoek Laerskool Rietenbosch in Cloetesville
2013-06-12 Die hoof uitvoerende beampte van die SBA, Danie van Wyk, oorhandig aan Roy van Rooyen, skoolhoof van Laerskool Rietenbosch in Cloetesville, boeke met die oog op die toerus van die skool se biblioteek.Rondo as metafoor vir Christa Steyn se lewe
2013-06-11 "In hierdie interpretatiewe studie, gegiet in die vorm van ’n gevallestudie, word Rondo ontleed om die betekenisvolle verband tussen komponis en komposisie te beskryf."Nie net die Babalela nie: 'n onderhoud oor Onder water
2013-06-11 "As mens van vlees en bloed kan jy net op een plek wees en die lewe so belewe, maar as jy lees, kan jy baie lewens lewe en baie ervarings saam met die karakters hê."Kuberklas Kreatief-kortverhaal: Madam 50's Glam Vintage
2013-06-11 "Het sy dan gedroom? Sy kan tog nie een dag soos ’n prinses behandel word en die volgende totaal onder die radar verdwyn nie?"Mandeladag 2013: Gee jou boek vir Mamelodi
2013-06-07 Reineth Prinsloo het besluit Mandeladag en die 67 minute diens hoef nie tot een dag per jaar beperk te word nie. Sy vertel van 'n lees- en boekeprojek wat aan Mandeladag gekoppel is.’n Konseptuele raamwerk vir voortgesette professionele ontwikkeling van onderwysers in die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel
2013-06-05 "Hierdie artikel fokus spesifiek op die Nasionale Raamwerk vir Onderwysersopleiding en -ontwikkeling, die Geïntegreerde Strategiese Beplanningsraamwerk in Suid-Afrika en amptelike dokumente van die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders."Uitnodiging: 3de Karoo Ontwikkelingskonferensie
2013-05-31 Die derde Karoo Ontwikkelingskonferensie vind op 10 en 11 Oktober 2013 op Philipstown plaas.Stefans Grové se Raka as musikale narratief
2013-05-29"Waar die meeste van die interpretasies van Louw se Raka verwys na die verwoestende invloed van eksterne magte op die lotgevalle van ’n groep mense, konsentreer hierdie artikel op ’n interpretasie van Raka as die simboliese voorstelling van interne botsende magte in die psige van die mens."
Aantekening: Die plek en gesag van internasionale reg in die Suid-Afrikaanse plaaslike reg, met verwysing na die Glenister-uitspraak
2013-05-28 "Die verpligtinge wat Suid-Afrika ingevolge internasionale verdrae opdoen, veral wanneer dit aan die hand van die Grondwet uitgelê word, neem in sowel getal as omvang toe. Plaaslike howe is daarom dikwels genoodsaak om die plek en gesag van internasionale reg in die Suid-Afrikaanse nasionale reg te oorweeg."Onderweg na goeie wetenskap 4: Evaluasie en kommunikasie
2013-05-22 "Ewekniebeoordeling vertoon fundamentele gebreke, soos wisselende oordele en ’n onvermoë om werklik nuwe kennis te waardeer. As oorsaak word kruipende subjektiwiteit aangevoer en dit dui op onaanvaarbare aannames oor werklikheid, mens, kennis en wetenskap."Een honderd jaar later: die Swart Grond Wet 27 van 1913
2013-05-21 "Wat was die impak van die Swart Grond Wet en hoe word die nalatenskap daarvan vandag in regstegniese sin aangespreek?"Donald Grant se toespraak by SBA se Wiskunde-kongres
2013-05-21 "Wiskunde is die sleutel tot die ontwikkeling en vordering van die Wes-Kaap en vorm die basis van baie van ons verdere onderwys-en-opleidingsvelde in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en besigheid – almal sleutelsektore vir ’n groeiende ekonomie soos ons s’n."LitNet-pos beskikbaar: Produksie-assistent
2013-05-21 LitNet benodig ’n geesdriftige, verantwoordelike produksie-assistent om saam met die LitNet-span aan ons webwerf te bou. Ons soek ’n geesdriftige spanspeler met ’n fyn oog vir besonderhede en ontwerp.Betlehem én Beaufort-Wes is beautiful: Die ontwikkeling van ’n intertekstueel-inkulturerende homiletiese praxis-model
2013-05-15 "Die oogmerk van hierdie bydrae is om, met verwysing na die twee dorpe Beaufort-Wes en Betlehem en die wyses waarop hierdie dorpe en soortgelyke ruimtes in verskillende kunsvorme tot uitdrukking gekom het, aan te toon watter moontlikhede die kunste vir die homiletiese proses bied."Die sing van “Vlaglied” in sommige wit Afrikaanse skole in die 1980’s
2013-05-14 "Ek het ook bevind dat die "Vlaglied" geskik was vir indoktrinasie in die apartheidsideologie. Musiek kon kulturele werk doen waar die politiek nie langer kon bykom nie."Terug na die basiese met Wiskunde-onderrig
2013-05-14 Sonder ’n terugvoer na die basiese beginsels van Wiskunde-onderrig gaan dit moeilik wees om prestasie in hierdie vak te verbeter – en daarom het die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) sy fokus na Wiskunde verskuif, skryf Danie van Wyk.Kingswood College: Afrikaans-vraestelle
2013-05-10Afrikaans-vraestelle wat begripstoetse, poësie, prosa en taal insluit.
