ATKV-slypskool vir dramateksskrywers

  • 0

Die ATKV bied van 13 tot 15 Maart ’n slypskool vir jong en opkomende dramaturge aan.  Dit sal by die Shumba Valley Lodge naby Lanseria-lughawe plaasvind.  Vir drie dae lank sal daar aan dramatekse geskryf en geskaaf word.  Onderwerpe wat bespreek gaan word sluit in tema, verhaallyn, karakterisering en toneelmatigheid.  Tydens praktiese werksessies sal kursusgangers nuwe tekste skep.  Koste beloop R950 per persoon, en dit sluit die kursusmateriaal, middagetes en ligte verversings in. 

Die kursusleier is dr. Pierre-André Viviers (beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks 2012).  Johann Smith (beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks 2008 en 2011, draaiboekskrywer vir 7de Laan) en Tina Kruger (mede-skrywer van die film Leading Lady en die jeugdrama Sterlopers, skrywer van tonele soos Slotte en GrendelsNX Brieweboks en Kaaskenades, asook kindertelevisieprogramme LappiesJakkals Jol en Thabang Thabong) sal saam met hom as fasiliteerders optree.  Schalk Schoombie (Anglogold Ashanti Aardklop Smeltkroesprys in 2012 vir die beste nuwe dramateks, naaswenner van die Tienertoneelteksprys in 2013, draaiboekskrywer vir Binnelanders), prof. Marie-Heleen Coetzee (hoof van die Dramadepartement van die Universiteit van Pretoria) en Christo Compion (draaiboekskrywer vir Egoli: Plek van Goud en Villa Rosa, asook die rolprente, Egoli, Afrikaners is plesierig en Susanna van Biljon) is die gassprekers wat lesings sal aanbied.
                                                                                       
Die sluitingsdatum vir inskrywings is 14 Februarie 2014.  ’n Deposito van R500 is betaalbaar wanneer ingeskryf word.  Registreer so gou moontlik, aangesien slegs 30 kursusgangers geakkommodeer kan word.  Skakel vir Lizané Basson by 011 919 9078 of e-pos lizaneb@atkv.org.za vir meer inligting en om jou plek te bespreek.

Kom, skep ’n nuwe teks met behulp van kundige leiding en praktiese wenke


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter


  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top