Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Kuberklas Kreatief-kortverhaal: 'n Kindjie se hart
2014-02-27 "Zani lê op die koel groen gras. Sy sien ’n groot wolk in die helder blou lug bokant haar. Daar verskyn in die wolk ’n hart; hy is bietjie vervormd, maar Zani kan sien dat dit ’n hart is."Advertensies – die samespel van beeld en teks
2014-02-26 Amanda Lourens skryf oor hoe taal én beelde in die advertensiewese verlei.Blinde alfabet: ’n Moedswillige Willem Boshoff reken af met meerderwaardigheid – ’n neo-Marxistiese interpretasie
2014-02-21Die gesprek wat tussen siende en blinde mense in Blinde alfabet ontlok word, kan as ’n metafoor dien vir die gesprekke en nuwe vriendskappe wat gevorm kan word in ’n demokratiese Suid-Afrika tussen mense wat binne ’n koloniale en apartheidsbestel kunsmatig verdeeld was en mekaar gevolglik nie op ’n sosiale vlak geken het nie.
Vestiging van versekeringseise teen omgewingskade wat deur hidrobreking aangerig word
2014-02-21Hierdie artikel bespreek die aard van die versekeringsvestigingsfeite en die problematiek van die praktiese toepassing daarvan, en ondersoek moontlike oplossings vir die komplikasies wat deur meervoudige of kumulatiewe kousaliteit en meervoudige dekking veroorsaak word.
Die mitiese toring van Babel en moedertaal
2014-02-20 Ter viering van Moedertaaldag plaas LitNet hierdie bydrae deur Wannie Carstens.LitNet Akademies-leesgoed: Desmond Painter
2014-02-19 Desmond Painter deel sy top drie leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.Litnet Akademies-leesgoed: Hans Pienaar
2014-02-19 Hans Pienaar deel sy top drie leesgoed vir die afgelope jaar met LitNet Akademies.Heropening van opleidingskolleges vir onderwysers
2014-02-19 Daar is ‘n skreiende onderwystekort. Wat gaan die regering doen?Call for Papers: Writing South Africa Now: Twenty Years On
2014-02-17 The University of York in association with University of Cambridge would like to extend an invitation to submit papers for the colloquium Writing South Africa Now: Twenty Years On.Protea-boeke aan Laerskool Rietenbosch geskenk
2014-02-17 Verlede jaar was daar nie 'n biblioteek nie. En nou?Parktown Boys' High: Afrikaans-vraestelle
2014-02-17Gratis Afrikaans-vraestelle vir oefening en hersiening van skryf- en leesbegripvaardighede.
Laerskool Jan van Riebeeck wen R35 000 met ATKV-Handevat
2014-02-13 “Daar word ’n totale bedrag van R105 000 prysgeld deur die ATKV aan die wenners van hierdie kompetisie betaal. Die skool wat die inisiatief vir die projek neem, asook die skool wat opgehef word, ontvang elkeen prysgeld om terug te ploeg in die gemeenskap.”LitNet Akademies-leesgoed
2014-02-12 Akademici deel hulle top 3 leesgoed met LitNet Akademies. Watter tekste beïnvloed van ons mees geleerdes se denke?Kwessies van mite en moraliteit by G.R. von Wielligh se Boesman-optekeninge
2014-02-11Von Wielligh noem uitdruklik dat die “onbeskaafde” Boesman oor nie veel meer as bygeloof beskik nie. Uit ’n noukeurige lees van die inleidings word dit egter duidelik dat hy veel meer waardering vir die Boesmans se godsdiensbelewing het as wat hy bewustelik toegee.
Die repudiëring van ’n erfenis deur die insolvente erfgenaam – ’n vervreemding of nie?
2014-02-11Die doel van die ondersoek is om onlangse regspraak aan die hand van toepaslike beginsels van die erfreg en insolvensiereg, asook die standpunte van skrywers in hierdie verband, te bespreek en te ontleed.
Toegepaste seerowers: LAPA Uitgewers se nuwe interaktiewe storie-app
2014-02-07 Almal weet daar is net mooi niks waarvoor seerowers bang is nie. Maar toe iets op die dek van haar pa se skip erger as die asem van ’n hamerkophaai begin ruik, vermoed Sanmarie daar is dalk één ding wat haar seerower-pa en sy dapper bemanning hoendervleis gee ...CP het 'n naam
2014-02-04 Die hele program kom tot stilstand. Die afsetter roep: “Merke, gereed, gaan!” Lina stoot hom. Van agter af word daar aangemoedig: “Go, Lina, go!” By die wenpaal wag ’n skare hom in. Hy is ’n wenner. Foto’s word geneem. ’n Medalje om die nek gehang.Vonnisbespreking: ’n Perspektief op die impak van die Mineral and Petroleum Resources Development Act 28 van 2002 op voorheen bestaande regte
2014-02-04Die ontstaan van talle van die land se bestaande sosio-ekonomiese vraagstukke word ook vandag direk verbind aan diskriminerende praktyke soos dit parallel met, en in die konteks van, die land se mynboubedryf ontwikkel het.
Liefde, politieke broederskap en die verbintenisse van verwerking: Alan Paton se Cry, the beloved country
2014-01-31Hierdie artikel ondersoek biografiese, intellektuele en geskiedkundige koppelings tussen die roman Cry, the beloved country en twee verbandhoudende verwerkings daarvan in die tydperk onmiddellik ná die roman se publikasie. Aandag word gegee aan die historiese en sosiale kontekste waarin die roman, musiekblyspel (Lost in the stars) en rolprent bekend geword het.
