Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 3 | Diary of a teacher 3

Ms January Skole 2015-07-22

"Hy is een van daardie leerlinge wat elke onderwyser se taak net ʼn klein bietjie moeiliker maak. Die 'nagmerriekind'. Die soort leerling wat altyd in die kantoor beland; wat nooit sy huiswerk doen nie (niemand weet of hy ʼn skryfboek besit nie); wie se broek altyd te laag om sy onderlyf hang."

Vonnisbespreking: Owerspel as gedingsvatbare aksiegrond

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2015-07-21

Wat is die impak van die hof se beslissing dat owerspel nie meer onregmatig is nie?

Dis net ’n film: Bernard Stiegler se tegnoteologiese, rolprentmatige geloof

Johann Rossouw LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-07-15

"Dit is nie om dowe neute dat Stiegler sy aansprake op die transsubstansiërende en eskatologiese kragte van die rolprent baseer op ’n verwysing na ’n uitstaande voorbeeld van moderne, liturgiese ontwrigting nie, ’n “vervelige Sondagmiddag” – die dag wat die hoogtepunt van die Christelike liturgiese week is."

Die aanwending van die gestruktureerde interdik in die Suid-Afrikaanse konstitusionele regsbedeling: 'n eiesoortige beregtingsproses.

Neels Swanepoel LitNet Akademies (Regte) 2015-07-15

"Hierdie artikel beklemtoon dat die gestruktureerde interdik, wat sy ontstaan in die VSA gehad het, ’n belangrike rol kan speel om toepaslike grondwetlike remedies te skep waar grondwetlike regte geskend word."

Die allesomvattende materiële dimensie van ons bestaan: aspekte van die nuwe materialisme in Vuurklip van Marié Heese

Susan Meyer LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-07-07

"Marié Heese se roman Vuurklip (2013) word bestudeer met behulp van die leesstrategieë van die nuwe materialisme en om te bepaal watter waarde of verruimende perspektief te vind kan wees in die spesifieke voorstellingswyse van die landskap in hierdie roman."

Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 2 | Diary of a teacher 2

Ms January Skole 2015-07-07

"Dit is die tweede week van die tweede skoolkwartaal. Ek besef dat een van die leerlinge in my klas afwesig bly vandat die skool begin het. Ek word later ingelig dat sy gedurende die vakansie vermis geraak het."

RU School of Languages (Afrikaans Studies): 2 Positions: Lecturer (One-year contract) and Associate Professor (Permanent)

LitNet NetWerk 2015-07-07

Requirements for Associate Professor: A PhD in Afrikaans with teaching experience at the undergraduate and post graduate levels. Candidate should have a good publication record.

Requirements for Lecturer: At least a Masters’ degree in Afrikaans or equivalent, preferably with progress being made towards a PhD with some teaching experience.

Spogprys vir wetenskap in Afrikaans

Jean Oosthuizen, Andreas van Wyk Onderhoude 2015-07-01

Die Jan H Marais-prys van ’n halfmiljoen rand word vanaf volgende jaar jaarliks uitgeloof uit erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal.

Die Jan H Marais-prys: Reglement

LitNet Akademies en skole 2015-07-01

Die reglement van die Jan H Marais-prys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal.

’n Veelvlakkige netwerkontleding van die Afrikaanse filmbedryf en filmakteurnetwerk (1994–2014)

Burgert A Senekal LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-07-01

"Hierdie artikel stel ondersoek in na die struktuur van die Afrikaanse filmbedryf en filmakteurnetwerk as komplekse netwerk en gebruik hiervoor ’n omvattende datastel wat self direk vanaf die films saamgestel is."

Betrekking beskikbaar: Lektor by Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria

LitNet NetWerk 2015-06-26

Aansoeke word ingewag vir hierdie betrekking. Sluitingsdatum: 3 Julie 2015.

Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte I | Diary of a teacher I

Ms January Skole 2015-06-26

"Ek kan nie nou op  'homonieme' en 'akronieme' fokus nie. Hierdie kinders sit met groter probleme  as Afrikaanse huiswerk ..."

WF 2015: Hier is ons wenners!

LitNet Kuberklas Kreatief 2015-06-26

Die beoordelaars het gewik, gekik en geweeg en op die wenners vir LitNet Akademies se tweede wetenskapfiksie-kortverhaalkompetisie besluit.

Vonnisbespreking: Aksie weens onregmatige lyding vanweë gestremdheid (wrongful life)

Johann Neethling, Johan Potgieter LitNet Akademies (Regte) 2015-06-25

"Ons doen aan die hand dat die aksie weens onregmatige lyding vanweë gestremdheid wel binne die sfeer van die deliktereg erken behoort te word, omdat al die elemente van ’n delik goedskiks binne die toepassingsgebied van die aksie neerslag kan vind."

Die uitwerking van mentorhulp op kunsonderrig in laerskole

Georina Westraadt LitNet Akademies (Opvoedkunde) 2015-06-22

"Die navorsingsprojek waarop hierdie artikel gebaseer is, ondersoek of die behoeftes van algemeen-opgeleide, onervare en onderopgeleide onderwysers wat dus nie vakspesialiste in kuns is nie, maar wel die vak moet gee in skole, deur mentorhulp bevredig kan word."

Gedeeltelike beskrywing van bakterieë in die SVK van Haliotis midae, met die fokus op potensiële probiotika

Anneke Postma, Karin Jacobs LitNet Akademies (Natuurwetenskappe) 2015-06-18

Perlemoenboerdery is een van Suid-Afrika se belangrikste akwakultuurbedrywe. Van die grootste probleme in hierdie bedryf is die stadige groeitempo van die perlemoen en ekonomiese verliese as gevolg van siektes.  Hierdie studie het die bakterieë in die perlemoen se spysverteringskanaal ondersoek om een te identifiseer wat as probiotikum gebruik kan word.

“Wat kan ek doen om my kind lief te maak vir lees?”

Marita van der Vyver Boeke en skrywers 2015-06-18

"Dink aan jou kind se boeke soos aan jou kind se kos. Laat haar toe om  soms haar eie kos te kies, al laat dit jou gril of al dink jy dis erg ongesond.  Maar leer haar deur jou eie voorbeeld om beter te eet."

WF 2015: Hier is die finaliste!

LitNet Kuberklas Kreatief 2015-06-18

Elzette Steenkamp, 'n kenner op die gebied van wetenskapfiksie, het LitNet Akademies gehelp om deur die meer as 70 inskrywings te sif vir die tien beste kortverhale. 

Die basiese-struktuur-leerstuk: ’n basis vir die toepassing in Suid-Afrika, of ’n skending van die skeiding van magte?

Cecile van Schalkwyk LitNet Akademies (Regte) 2015-06-17

Hierdie artikel oorweeg die potensiële oorname van die basiese-struktuur-leerstuk van Indië in Suid-Afrika. Dié leerstuk bepaal dat, ten spyte daarvan dat die formele en prosedurele vereistes vir wysiging nagekom is, ’n wysiging aan die Grondwet ongrondwetlik sal wees indien dit die basiese struktuur van die Grondwet skend, negeer of vervang.

Vraestel en memorandum: Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Graad 12, Vraestel 1 en 2, September 2014

Dewald Koen Notas, toetse en vraestelle 2015-06-10

Dewald Koen, Afrikaans-onderwyser by Kingswood College, deel nog twee van sy 2014-vraestelle.

Top