Akademies en skole
Welkom by LitNet se opvoedingswerf
Welcome to LitNet's educational site
Geakkrediteerde aanlyn joernaal
Tyd in ons tyd: Oor teologie en toekomsgeoriënteerde herinnering
2015-09-09"In hierdie artikel word daar na die moontlike kontoere en belofte van ’n teologie van toekomsgeoriënteerde herinnering gevra, as deel van die soeke na ’n verantwoordelike en konstruktiewe omgang met die verlede."
Leerspraak in mentorinteraksies – ’n ondersoek na die interaksionele aard van leer
2015-09-09"Die diepgaande ontleding van twee leerinteraksies in hierdie studie demonstreer die perspektiewe op die interaksionele aard van leer wat deur gespreksontledingsmetodes oopgemaak word."
Wat die drome nie genees nie: kan toestemming tot benadeling steeds aanspreeklikheid weens sportbeserings uitsluit?
2015-09-09"Sportfederasies behoort meer te doen om die veiligheid van spelers te bevorder, sodat hulle latere eise van oudspelers kan vermy."
Onderwyser se navraag beantwoord: hier is hulp om Ingrid Jonker se werk te verstaan
2015-09-08Karin Mitcham het onlangs mbt skolehulp by LitNet aangeklop. Helize van Vuuren snel haar, onderwysers en leerders te hulp met navorsingsmateriaal wat in hierdie artikel afgelaai kan word.
Gebrokenheid en geweld: enkele voorbeelde van hedendaagse Suid-Afrikaanse kuns
2015-09-03Die artikel ondersoek op maniere waarop voorstellings van ’n radikale menslike gebrokenheid verhoudings tussen kuns en godsdiens kan verdiep en verryk. Daar word gefokus op die werk van sommige Suid-Afrikaanse kunstenaars wat beduidend beïnvloed is deur die huidige gewelddadige klimaat in Suid-Afrika.
Lesersnavraag aan mede-onderwysers: Hulp versoek met die interpretasie van "Ontvlugting" deur Ingrid Jonker
2015-08-28"Ek het ‘n paar teenstrydighede gevind in die bespreking en memorandumantwoorde wat gegee is vir Ingrid Jonker se gedig 'Ontvlugting' (Uit Ontvlugting, 1956). Sal u asseblief na my interpretasies en navrae kyk en laat weet wat u dink?'
Onderhoud: Anna Emm oor Meelon en die elektromagnetiese storm
2015-08-28"Elanie (die illustreerder) is 'n 15-jarige skooldogter van Hoërskool Edgemead in die Kaap."
SA Akademie wag voorleggings in vir die jaarlikse pryse aan skrywers van die beste Afrikaanse geakkrediteerde artikels
2015-08-27In die lig van die afname in die publikasie van geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans stel die ATKV jaarliks ’n bedrag aan die SA Akademie beskikbaar vir die bekroning van wetenskaplike artikels in Afrikaans wat in geakkrediteerde tydskrifte verskyn het.
’n Verskuiwing na ’n oper en meer “pragmatiese” lees van Romeine 13:1–7?
2015-08-26"Romeine 13:1–7 bly ’n omstrede teks wat voortgaan om ’n groot verskeidenheid (dikwels botsende) interpretasies op te lewer. Die gedeelte roep vrae op oor mag, die verhouding tussen kerk en staat, onderwerping aan wat as ’n onregverdige regering ervaar word, burgerlike ongehoorsaamheid en nog meer."
Paul Ricoeur se begrip van transendensie met betrekking tot tyd en narratief
2015-08-25"Paul Ricoeur se verstaan van die narratiewe struktuur van menslike “tydlikheid” bevat ’n dialektiese begrip van die transendensie van tyd, ’n begrip wat meer inhou as die gebruiklike tweedeligheid van transendensie en immanensie."
Kuberklas Kreatief: 'n Ander wêreld
2015-08-25"Sy draai vir ‘n laaste keer om na haar vriende en waai."
Die nuwe bekostigbaarheidsassessering-regulasies ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 van naderby beskou
2015-08-25"Regulasie 23A word met maatreëls in verband met die kredietgewer se verpligting om die verbruiker se skuldterugbetalingsgeskiedenis ingevolge kredietooreenkomste in ag te neem, asook bepalings ter regulering van diverse aangeleenthede afgesluit. Die doel van hierdie bespreking is om regulasie 23A en die definisies wat daarmee verband hou, onder die loep te neem en oor die moontlike gevolge daarvan te besin."
Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 5 | Diary of a teacher
2015-08-21"Die skoolhoof het onlangs besluit dit is tyd dat elke klaskamer ʼn veiligheidshek moet kry."
“Rubriekmaak” à la ryk, ryker, Rykie – Rykie van Reenen en enkele merkers vir hedendaagse blog-rubriekskrywers
2015-08-19Kan ’n nuwe generasie (blog)rubriekskrywers baat vind by die stylkenmerke van Rykie van Reenen se rubrieke? Lizette Rabe ondersoek Van Reenen se “rubriekmaak”.
Syferkunde is wiskunde se moses
2015-08-19Kan wiskunde lekker gemaak word vir leerders? Jean Oosthuizen gesels met Wilhelm du Toit wat 'n unieke program ontwikkel het om leerders se syfervaardigheid radikaal verbeter.
Die ekstrinsieke-getuienis-reël: Universele vennootskappe en die huwelik buite gemeenskap van goed met uitsluiting van wins en verlies en aanwas
2015-08-11Die kwessie of partye wat buite gemeenskap van goed getroud is, ’n universele vennootskap met mekaar mag sluit, is nie nuut nie en loop hand aan hand met die debat oor die informele verandering van ’n huweliksgoederebedeling stante matrimonio.
Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 4 | Diary of a teacher
2015-08-07"Ek kyk rond in die skoolsaal na al die ouers, leerlinge en onderwysers en ek weet die spanning is hoog."
Die "sluipmoordenaar" en die "patriot": Hendrik van den Bergh, John Vorster, John Harris en die Johannesburgse stasiebom, 24 Julie 1964
2015-08-04"Die artikel demonstreer dat historici ’n verantwoordelikheid en plig het om die mynveld van historiese onwaarhede wat deur propagandiste vir en teen apartheid agtergelaat is, op te ruim."
’n Kritiese ondersoek na die funksie van biomusikologiese gegewens in Wilken Calitz se 2092: God van Klank
2015-07-30"Die sterk reaksie wat 2092: God van Klank ontlok en die gewildheid van die stuk by ’n gesaghebbende Afrikaanse kunstefees soos die Woordfees, wys dat Calitz se toneelstuk oor die beheer van musiek ’n gevoelige snaar aanraak in ’n tyd wat gekenmerk word deur Afrikaners se kulturele angs."
USAN 2016: Kongres vir jong navorsers
2015-07-23Die US Departement Afrikaans en Nederlands bied vanaf 19 tot 21 Januarie 2016 hul tweejaarlikse kongres vir nagraadse studente en jong navorsers aan. Sperdatum vir voorleggings: 31 Julie 2015.
