Wat die drome nie genees nie: kan toestemming tot benadeling steeds aanspreeklikheid weens sportbeserings uitsluit?

Steve Cornelius LitNet Akademies (Regte) 2015-09-09

"Sportfederasies behoort meer te doen om die veiligheid van spelers te bevorder, sodat hulle latere eise van oudspelers kan vermy."

Onderwyser se navraag beantwoord: hier is hulp om Ingrid Jonker se werk te verstaan

Helize van Vuuren Skole 2015-09-08

Karin Mitcham het onlangs mbt skolehulp by LitNet aangeklop. Helize van Vuuren snel haar, onderwysers en leerders te hulp met navorsingsmateriaal wat in hierdie artikel afgelaai kan word.

Gebrokenheid en geweld: enkele voorbeelde van hedendaagse Suid-Afrikaanse kuns

Jeanne Joubert LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-09-03

Die artikel ondersoek op maniere waarop voorstellings van ’n radikale menslike gebrokenheid verhoudings tussen kuns en godsdiens kan verdiep en verryk. Daar word gefokus op die werk van sommige Suid-Afrikaanse kunstenaars wat  beduidend beïnvloed is deur die huidige gewelddadige klimaat in Suid-Afrika.

Lesersnavraag aan mede-onderwysers: Hulp versoek met die interpretasie van "Ontvlugting" deur Ingrid Jonker

Karin Mitcham Skole 2015-08-28

"Ek het ‘n paar teenstrydighede gevind in die bespreking en memorandumantwoorde wat gegee is vir Ingrid Jonker se gedig 'Ontvlugting' (Uit Ontvlugting, 1956). Sal u asseblief na my interpretasies en navrae kyk en laat weet wat u dink?'

Onderhoud: Anna Emm oor Meelon en die elektromagnetiese storm

Anna Emm, Naomi Meyer Skole 2015-08-28

"Elanie (die illustreerder) is 'n 15-jarige skooldogter van Hoërskool Edgemead in die Kaap."

SA Akademie wag voorleggings in vir die jaarlikse pryse aan skrywers van die beste Afrikaanse geakkrediteerde artikels

Dioné Prinsloo Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2015-08-27

In die lig van die afname in die publikasie van geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans stel die ATKV jaarliks ’n bedrag aan die SA Akademie beskikbaar vir die bekroning van wetenskaplike artikels in Afrikaans wat in geakkrediteerde tydskrifte verskyn het.

’n Verskuiwing na ’n oper en meer “pragmatiese” lees van Romeine 13:1–7?

Bernard Lategan LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe) 2015-08-26

"Romeine 13:1–7 bly ’n omstrede teks wat voortgaan om ’n groot verskeidenheid (dikwels botsende) interpretasies op te lewer. Die gedeelte roep vrae op oor mag, die verhouding tussen kerk en staat, onderwerping aan wat as ’n onregverdige regering ervaar word, burgerlike ongehoorsaamheid en nog meer."

Paul Ricoeur se begrip van transendensie met betrekking tot tyd en narratief

Anné Hendrik Verhoef, Willie van der Merwe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-08-25

"Paul Ricoeur se verstaan van die narratiewe struktuur van menslike “tydlikheid” bevat ’n dialektiese begrip van die transendensie van tyd, ’n begrip wat meer inhou as die gebruiklike tweedeligheid van transendensie en immanensie."

Kuberklas Kreatief: 'n Ander wêreld

Simoné du Plessis Kuberklas Kreatief 2015-08-25

"Sy draai vir ‘n laaste keer om na haar vriende en waai."

Die nuwe bekostigbaarheidsassessering-regulasies ingevolge die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 van naderby beskou

Stéfan Renke LitNet Akademies (Regte) 2015-08-25

"Regulasie 23A word met maatreëls in verband met die kredietgewer se verpligting om die verbruiker se skuldterugbetalingsgeskiedenis ingevolge kredietooreenkomste in ag te neem, asook bepalings ter regulering van diverse aangeleenthede afgesluit. Die doel van hierdie bespreking is om regulasie 23A en die definisies wat daarmee verband hou, onder die loep te neem en oor die moontlike gevolge daarvan te besin."

Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 5 | Diary of a teacher

Ms January Skole 2015-08-21

"Die skoolhoof het onlangs besluit dit is tyd dat elke klaskamer ʼn veiligheidshek moet kry."

“Rubriekmaak” à la ryk, ryker, Rykie – Rykie van Reenen en enkele merkers vir hedendaagse blog-rubriekskrywers

Lizette Rabe LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-08-19

Kan ’n nuwe generasie (blog)rubriekskrywers baat vind by die stylkenmerke van Rykie van Reenen se rubrieke? Lizette Rabe ondersoek Van Reenen se “rubriekmaak”.

Syferkunde is wiskunde se moses

Jean Oosthuizen Skole 2015-08-19

Kan wiskunde lekker gemaak word vir leerders? Jean Oosthuizen gesels met Wilhelm du Toit wat 'n unieke program ontwikkel het om leerders se syfervaardigheid radikaal verbeter.

Die ekstrinsieke-getuienis-reël: Universele vennootskappe en die huwelik buite gemeenskap van goed met uitsluiting van wins en verlies en aanwas

Neil van Schalkwyk LitNet Akademies (Regte) 2015-08-11

Die kwessie of partye wat buite gemeenskap van goed getroud is, ’n universele vennootskap met mekaar mag sluit, is nie nuut nie en loop hand aan hand met die debat oor die informele verandering van ’n huweliksgoederebedeling stante matrimonio.

Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 4 | Diary of a teacher

Ms January Skole 2015-08-07

"Ek kyk rond in die skoolsaal na al die ouers, leerlinge en onderwysers en ek weet die spanning is hoog."

Die "sluipmoordenaar" en die "patriot": Hendrik van den Bergh, John Vorster, John Harris en die Johannesburgse stasiebom, 24 Julie 1964

Kobus du Pisani LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-08-04

"Die artikel demonstreer dat historici ’n verantwoordelikheid en plig het om die mynveld van historiese onwaarhede wat deur propagandiste vir en teen apartheid agtergelaat is, op te ruim."

’n Kritiese ondersoek na die funksie van biomusikologiese gegewens in Wilken Calitz se 2092: God van Klank

Joan-Mari Barendse LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2015-07-30

"Die sterk reaksie wat 2092: God van Klank ontlok en die gewildheid van die stuk by ’n gesaghebbende Afrikaanse kunstefees soos die Woordfees, wys dat Calitz se toneelstuk oor die beheer van musiek ’n gevoelige snaar aanraak in ’n tyd wat gekenmerk word deur Afrikaners se kulturele angs."

USAN 2016: Kongres vir jong navorsers

LitNet Akademies en skole 2015-07-23

Die US Departement Afrikaans en Nederlands bied vanaf 19 tot 21 Januarie 2016 hul tweejaarlikse kongres vir nagraadse studente en jong navorsers aan. Sperdatum vir voorleggings: 31 Julie 2015.

Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 3 | Diary of a teacher 3

Ms January Skole 2015-07-22

"Hy is een van daardie leerlinge wat elke onderwyser se taak net ʼn klein bietjie moeiliker maak. Die 'nagmerriekind'. Die soort leerling wat altyd in die kantoor beland; wat nooit sy huiswerk doen nie (niemand weet of hy ʼn skryfboek besit nie); wie se broek altyd te laag om sy onderlyf hang."

Vonnisbespreking: Owerspel as gedingsvatbare aksiegrond

Johann Neethling LitNet Akademies (Regte) 2015-07-21

Wat is die impak van die hof se beslissing dat owerspel nie meer onregmatig is nie?

Top