Uitnodiging vir nominasies vir die R500 000 Jan H Maraisprys

  • 0
Lees ook:
Inligting omtrent die Jan H Marais-prys vir 2016
Die merkwaardige nalatenskap van Jan die Gewer

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns administreer die nuut ingestelde Jan H Maraisprys wat vanjaar vir die eerste keer toegeken word. Nominasies word ingewag tot 25 Januarie en die Prys word by 'n glansdinee op 28 Mei in Stellenbosch oorhandig.

Die Prys is om erkenning te gee vir 'n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskaptaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans. Geestes- en natuurwetenskaplike werk wat medies, ekonomie, tegnologie, ingenieurswese en dies meer insluit, is dus ter sprake. Volledige inligting is op die webwerf van die Akademie www.akademie.co.za by Pryse beskikbaar.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top