Dioné Prinsloo

Dr Dioné Prinsloo (née Meyer) is in Johannesburg gebore en het aan die Helpmekaar Hoër Meisieskool gematrikuleer. Sy het haar BA en HonsBA aan die Universiteit van Pretoria verwerf en haar MA en DLitt et Phil in Geskiedenis aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit. Sy was tot Desember 2008 ’n senior lektor in Geskiedenis by UNISA.

Sy doen navorsing in Brittanje, Nederland en Vlaandere en doen ook navorsing oor kultuurverenigings en Afrikaanse vroue in die 20ste eeu. Sy publiseer in vaktydskrifte, skryf gereeld resensies en tree dikwels as spreker by kulturele geleenthede op.

Sy is sedert Maart 2009 die koördineerder van die Afrikaanse Taalraad (ATR) en is aktief in die georganiseerde kultuurwêreld. Sy is byvoorbeeld die Voorsitter van die Vlaams-Suid-Afrikaanse Kultuurstigting (Tak Overvaal), Beweging Red Kerkplein en Bandhulp vir Blindes (Afrikaanse boeke). Sy dien ook op die direksie van onder meer AfriForum en die Nasionale Jeugtrust en is lid van die SA Akademie se Geskiedeniskommissie, ’n benoemde raadgewer van die Straatnamekomitee van Pretoria en ’n aktiewe lid van twee leeskringe. Sy was lid van die navorsingspan van die Women’s National Coalition, Kommissaris van die Onafhanklike Mediakommissie en lid van die keurraad van Nasionale Immigrasie.

Sy is getroud met dr Karel Prinsloo, Redakteur van die tydskrif Plus-50, en het vyf kinders en vyf skoonkinders. Sy het op die oomblik ook vyf kleinseuns en twee kleindogters.

 

Opgedateer/Updated: 2010-11-26

Bio-inligting verouderd? Stuur 'n e-pos aan bio@litnet.co.za 
Bio-info dated? Send an e-mail to bio@litnet.co.za

Persvrystelling: ’n Hartlike uitnodiging vir nominasies vir die Jan H Marais-prys vir 2018

Dioné Prinsloo Akademies en skole 2017-11-15

"Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Marais-prys vir 2018. Enige persoon of instansie is welkom om voor Woensdag 31 Januarie 2018 nominasies in te stuur."

Persverklaring: Die beoogde onderwyswetwysiging

Dioné Prinsloo Akademies en skole 2017-11-09

"Sou die Staat die mag hê om oor die medium van onderrig te besluit, bestaan daar ’n wesenlike gevaar dat leerders van die voordele van moedertaalonderrig ontneem kan word, veral gesien in die lig van die ideologiese stryd wat teen Afrikaans gevoer word."

Persvrystelling: Irma Eloff nuwe voorsitter van die SA Akademie

Dioné Prinsloo Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-10-03

"In sy bestaan van 108 jaar is Eloff slegs die tweede vrou wat voorsitter van die Akademie word na Elize Botha wat tussen 1990 en 1992 die eerste vroulike voorsitter was."

SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: Karel Schoeman

Dioné Prinsloo In memoriam 2017-05-04

"Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns betreur die oorlye van een van Afrikaans se mees bekroonde skrywers. "

SA Akademiepryse 2017: nominasies ingewag

Dioné Prinsloo Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2017-01-19

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die SA Akademiepryse 2017. Die sluitingsdatum vir voorstelle is 31 Januarie 2017.

Persvrystelling: Staak die geldverspilling

Dioné Prinsloo Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016-09-13

"Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns doen 'n ernstige beroep op die bestuur van die Universiteit van die Vrystaat om die onnodige geldverspilling van hofkoste oor die universiteit se nuwe taalbeleid te staak."

SA Akademie-persverklaring: Miljoeneplan vir studiebeurse in Afrikaans

Dioné Prinsloo Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016-09-12

"Die SA Akademie is verras met die getal aansoeke wat die beursbegroting ver oortref. Die Akademie gaan poog om soveel as moontlik verdienstelike studente te help."

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns-persverklaring: Reaksie op die US, UP en UNISA se taalbeleid

Dioné Prinsloo Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2016-06-24

"Die SA Akademie wat hom al meer as 'n eeu beywer vir die belange van Afrikaans op alle vlakke van die samelewing betreur die implikasie van die besluite van UNISA, Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Pretoria."

Uitnodiging vir nominasies vir die R500 000 Jan H Maraisprys

Dioné Prinsloo Akademies en skole 2016-01-12

Doen nou aansoek vir die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se nuut ingestelde Jan H Maraisprys. Nominasies word ingewag tot 25 Januarie 2016.

Die Jan H Marais-prys bevorder Afrikaans as wetenskaptaal

Dioné Prinsloo, Naomi Meyer Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2015-11-25

Almal praat oor die vrae rondom Afrikaans as wetenskaptaal. Dioné Prinsloo gesels in hierdie onderhoud met Naomi Meyer oor die ruim Jan H Marais-prys wat erkenning gee aan 'n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskaptaal.

SA Akademie oor die US-taalbeleid

Dioné Prinsloo Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2015-11-16

"Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het met verstomming kennis geneem van die toekomsplanne ten opsigte van Afrikaans by die Universiteit Stellenbosch."

SA Akademie wag voorleggings in vir die jaarlikse pryse aan skrywers van die beste Afrikaanse geakkrediteerde artikels

Dioné Prinsloo Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns 2015-08-27

In die lig van die afname in die publikasie van geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans stel die ATKV jaarliks ’n bedrag aan die SA Akademie beskikbaar vir die bekroning van wetenskaplike artikels in Afrikaans wat in geakkrediteerde tydskrifte verskyn het.

Van Kerkenberg tot Bloedrivier

Dioné Prinsloo 2013-07-17 "Die gevaar van roofdiere word vroeg reeds onder die aandag gebring – en as tema behou."

SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se nuwe uitvoerende hoof

Dioné Prinsloo, Naomi Meyer 2012-04-17 Dion? Prinsloo is die nuwe uitvoerende hoof van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy het met Naomi Meyer oor die aanstelling gesels.
Top