Persvrystelling: ’n Hartlike uitnodiging vir nominasies vir die Jan H Marais-prys vir 2018

  • 0

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Marais-prys vir 2018.

Enige persoon of instansie is welkom om voor Woensdag 31 Januarie 2018 nominasies in te stuur.

Met prysgeld van R500 000 wat deur die pryswenner na goeddunke bestee kan word, en ’n beeldjie van Coert Steynberg se "Helpende hand", is die Jan H Maraisprys ’n gesogte toekenning.

Die prys word as erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskaptaal – in enige dissipline – eenmalig aan ’n persoon of instansie by ’n glansgeleentheid gedurende Mei 2018 toegeken.

Doel van die Prys: Erkenning vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans.

Instellings as ontvangers: Die Prys is in beginsel vir natuurlike persone bedoel, maar die keurkomitee mag ook besluit om dit aan ’n instelling of vereniging wat besonder verdienstelik is om Afrikaans as wetenskapstaal te bevorder, toe te ken.

Prysgeld: Die prysgeld beloop R500 000 en ’n beeldjie, Helpende Hand, deur Coert Steynberg. Die prysgeld mag in ’n bepaalde jaar tussen meerdere pryswenners, soos deur die keurkomitee bepaal, verdeel word.

Oorhandiging: Jaarliks op 30 Mei (of so na as moontlik aan dié datum) te Stellenbosch

Nie-toekenning: Dit staan die keurkomitee vry om in ’n bepaalde jaar geen toekenning te maak nie.

Aanwending van prysgeld: Na goeddunke van die ontvanger

Formaat van nominasies:

  • Die voorstel moet duidelik motiveer waarom die bepaalde kandidaat/instansie vir die Prys voorgestel word. Daar moet ook duidelik aangetoon word watter uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal deur wetenskaplike werk en publikasies op hoë vlak en van hoë gehalte in Afrikaans gelewer is.
  • Die nominasie moet deur ’n voorsteller en twee sekondante onderteken wees.
  • Die grootste mate van vertroulikheid moet gehandhaaf word. Onder geen omstandighede mag die kandidaat bewus wees dat hy/sy vir die Prys genomineer word nie.
  • Die volle name van die kandidaat, asook van die voorsteller en sekondante, landlyn- en selfoonnommers, adresse, e-posadresse moet verskaf word.
  • Die voorstel moet gesteun word deur die nuutste curriculum vitae en publikasielys van die kandidaat, indien van toepassing.

By die toekenning van die Prys is die keurkomitee se besluit finaal. In die geval van ’n nominasie wat nie suksesvol was nie, sal geen korrespondensie of gesprekke na die toekenning gevoer word nie – nie met voorstellers nie en ook nie met kandidate nie.

Nominasies sluit op Woendag 31 Januarie 2018.

Bekendmaking van die prys: Einde Maart 2018

Skriftelike nominasies vergesel van ’n volledige CV moet per gewone of e-pos of per koerier gerig word aan:

Die Hoof- Uitvoerende Beampte
Privaat sak X11
Arcadia
Pretoria
0007.

Elektroniese nominasies moet gestuur word na akademie@akademie.co.za.

Fisiese adres vir aflewering per hand of per koerier:

Ziervogelstraat 574
Arcadia
Pretoria
0083

Navrae kan gerig word aan die hoof uitvoerende beampte, Dionē Prinsloo:

Tel 086 133 3786 (kantoorure)
Sel: 082 464 6953
E-pos: dprinsloo@akademie.co.za of prins.d@netactive.co.za

Volledige besonderhede is ook beskikbaar op die SA Akademie se tuisblad www.akademie.co.za (onder pryse).

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top