Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns-persverklaring: Reaksie op die US, UP en UNISA se taalbeleid

  • 2

Hierdie artikel is deel van LitNet Akademies (Opvoedkunde) se universiteitseminaar. Klik op die “University Seminar 2016”-banier hierbo om alle essays wat deel vorm van die gesprek, te lees.

This article forms part of the ongoing university seminar, with new essays continually being added. Please click on the “University Seminar 2016” banner above to follow the ongoing conversation and to read more essays on education, access, transformation, language and the Constitution.

Die Afrikaanse gemeenskap, wit, bruin en swart, moet nou meer as ooit intree en 'n vaste plek vir Afrikaans in die hoër onderwys verseker deur self met woord en daad inisiatief te neem en as dit dan nodig is private Afrikaanse instellings te skep. So sê Dionē Prinsloo, hoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, in reaksie op die onlangse besluitnemings­prosesse by drie Suid-Afrikaanse universiteite wat Afrikaans nadelig raak. Dokumentasie waarin die universiteite se taalbeleide, wat meesal van 2017 af geld, uiteengesit word, bevat vae beloftes vir Afrikaans, maar geen waarborg dat Afrikaans se plek op die kampusse verseker is nie. Dis inteendeel 'n pad na uitfasering van een van Suid-Afrika se belangrikste tale in die hoër onderwys, het Prinsloo gesê.

Die SA Akademie wat hom al meer as 'n eeu beywer vir die belange van Afrikaans op alle vlakke van die samelewing betreur die implikasie van die besluite van UNISA, Universiteit van Stellenbosch en die Universiteit van Pretoria. 'n Senior professor aan UNISA en lid van die SA Akademie beskou die taalbesluite as tekenend vir 'n swart dag in die geskiedenis van Afrikaans en in die geskiedenis van die betrokke universiteite met 'n tradisie van uitnemende onderrig en navorsing in Afrikaans wat oor dekades strek.

Die SA Akademie het begrip vir die demografiese verandering en gepaardgaande taaleise by universiteite – dit geld veral UNISA. Die rigting wat met die gestelde taalbeleide by die twee residensiële universiteite ingeslaan word, kom egter neer op 'n akademiese verarming waarby 'n groot komponent dosente en studente uiteindelik gedwing word om onderskeidelik in 'n nie-moedertaal te doseer en te studeer. Die vraag word gestel in hoeverre politieke druk en aktiwistiese minderheidsgroepe 'n rol gespeel het in die besluitnemingsprosesse. Eise van Open Stellenbosch en die EFF dat Afrikaans prysgegee moet word voordat daar stabiliteit en rus op kampusse gaan terugkeer of voor die volgende eis gestel word, is onrusbarend en is allermins bevorderlik vir broodnodige akademiese bestendigheid in nasionale belang, het Prinsloo gesê.

  • 2

Kommentaar

  • My van is Thom. Bloedverwand van Prof HB Thom, voormalige rektor van US. Die hoofsaal is ook na hom vernoem ter erkenning vir sy bydrae om Afrikaans te bevorder.
    Graag spreek ek my misnoeë uit oor US se beleid. Met onmiddellike ingang distansieer ek my totaal van US, sy gedragskode, dit waarvoor US staan en als verder. Ek beroep US om my familienaam nie verder ’n klug van te maak nie. Verander die saal se naan na enigiets anders. Noem dit gerus die KFC Saal - maar Thom mag nie bly nie.
    Ten slotte - voorspoed US - nog ’n paar jaar is julle net soos die res van Afrika : in Puin, onregeerbaar, armsalig en bankrot.

    • Johannes Comestor

      In prof HB Thom se era was daar dissipline op die kampus en was die US se werksaamhede toegespits op gesonde akademie. Deesdae is die aanstelling van 'n rektor en selfs die van al die personeellede (doserend en administratief) in die eerste plek eerder 'n politieke as 'n akademiese of meriete-aangeleentheid. Aan die US het dinge eerder verander as verbeter.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top