LitNet Akademies: Kitsgids

  • 0

LitNet Akademies
Krities Afrikaans

LitNet Akademies het 1 758 bladsye geakkrediteerde navorsing, in Afrikaans geskryf, in 2015 gepubliseer. Sedert 2008 is 11 360 bladsye gepubliseer.

Redaksie

Hoofredakteur
Etienne van Heerden (PhD, LLB, DLitt h.c.), Universiteit van Kaapstad
Hoofbestuurder en -redakteur: LitNet Akademies
Uitvoerende redakteur: LitNet

Geesteswetenskappe-redakteur
Francis Galloway (DLitt), Universiteit van Pretoria
E-pos: francis@litnet.co.za

Stylriglyne vir die Geesteswetenskappe-afdeling.

Godsdienswetenskappe-redakteur
Pieter G.R. de Villiers (DTh, ThDr), Universiteit van die Vrystaat
E-pos: pgdevilliers@mweb.co.za

Stylriglyne vir die Godsdienswetenskappe-afdeling.

Natuurwetenskappe-redakteur
Dirk Laurie (MSc in Wiskunde, PhD), Universiteit Stellenbosch
E-pos: rednatuur@litnet.co.za

Stylriglyne vir die Natuurwetenskappe-afdeling.

Opvoedkunde-redakteur
Estelle Kruger (DLitt), Universiteit Stellenbosch
E-pos: estelle@litnet.co.za

Stylriglyne vir die Opvoedkunde-afdeling.

Regte-redakteur
Johann Neethling (LLD), Universiteit van die Vrystaat
E-pos: neethlingj@ufs.ac.za

Stylriglyne vir die Regte-afdeling.

Agtergrond

  •  LitNet Akademies staan onder hoofredakteurskap van prof. Etienne van Heerden en bestaan uit vyf bene, naamlik Geesteswetenskappe, Opvoedkunde, Natuurwetenskappe, Godsdienswetenskappe en Regte. 
  •  LitNet Akademies publiseer geakkrediteerde artikels en elke artikel word deur minstens twee ewekniebeoordelaars gekeur.
  •  Hierdie hoëgehalte aanlyn joernaal is reeds sedert Februarie 2008 by die SA Departement van Hoër Onderwys en Opleiding geakkrediteer. 

LitNet Akademies: Voordele

  •  Die joernaal is geakkrediteer by die SA Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.
  •  As skrywer verdien jy R9 000 kontant per gekeurde artikel direk in jou sak bo en behalwe die regeringsubsidie vir navorsing. [Geldig vir artikels wat ingestuur word (as eerste voorlegging) vanaf 1 Julie 2016. Artikels wat teen 1 Julie reeds in proses is, ontvang steeds R7 000.]
  • Skrywers van 'n vonnisbespreking of aantekening by LitNet Akademies (Regte) verdien R4 000 kontant per gekeurde vonnisbespreking of aantekening. [Geldig vir artikels wat ingestuur word (as eerste voorlegging) vanaf 1 Julie 2016. Vonnisbespreking of aantekeninge wat teen 1 Julie reeds in proses is, ontvang steeds R3 500.]
  •  Keurders word R1 000 per keurverslag betaal.
  •  LitNet Akademies is ’n ooptoegang akademiese aanlyn tydskrif.
  •  Artikels is gratis en onmiddellik wêreldwyd beskikbaar.
  •  Afrikaans se status as wetenskaptaal word aktief in stand gehou en bevorder.
  •  Elke artikel sluit ’n uitgebreide Engelse opsomming in.
  •  Skrywers behou kopiereg op artikels.
  •  LitNet Akademies vra geen bladgelde nie.
  •  LitNet Akademies stel geen beperking op die lengte van artikels nie.
  •  Volkleurillustrasies is moontlik.
  •  LitNet Akademies-artikels word opgeneem in Sabinet  en is beskikbaar op biblioteke se navorsingsdatabasisse.
  •  LitNet Akademies-artikels word op LitNet, die gratis LitNet-nuusbrief en Facebook bekendgestel en bemark.
  •  LitNet is in November 2015 deur meer as 100 000 unieke gebruikers besoek.

Hoe en wat?

Om ’n artikel lewer:

Om as keurder te registreer:

  •  Stuur ’n kort CV, wat jou ervaring en belangstellingsveld aandui, aan akademies@litnet.co.za.
  •  Verdien R1 000 per keurverslag.

LitNet Akademies-resensie-essays:

  •  Voorstelle vir LitNet Akademies-resensie-essays kan gestuur word aan red@litnet.co.za.
  •  Besoek https://www.litnet.co.za/riglyne-litnet-akademies-resensie-essay vir riglyne.
  •  ’n LitNet Akademies-resensie-essay is nie bloot ’n langer resensie wat ’n waarde-oordeel oor ’n spesifieke teks uitspreek nie, maar eerder die kritiese ontleding van ’n teks vanuit ’n bepaalde teoretiese oogpunt. Die onderskeidende kenmerk van ’n resensie-essay is dus die essay-komponent van die samestelling.
  •  Verdien R4 000 per resensie-essay.

Reaksie op akademiese artikels:

  •  LitNet publiseer graag reaksies op akademiese artikels wat bydra tot die kritiese gesprek in Afrikaans.
  •  Indien jy op ’n artikel wil reageer, stuur ’n voorstel aan akademies@litnet.co.za.

Algemene navrae:

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top