Clover Aardklop

Alle nuus en programinligting van die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees!

Clover Aardklop 2013: Tien skole ding mee om die titel van ATKV-Tienertoneelwenner

Naomi Bruwer 2013-09-03 Toneelgroepe van tien hoërskole ding tydens Clover Aardklop in die finaal mee om die gesogte titel van ATKV-Tienertoneelwenner vir 2013, met prysgeld van R45 000. Naomi Bruwer het by Lizané Basson van die ATKV uitgevind wat die gehoor kan verwag.

Geon Nel is Die goëlaar

Geon Nel, Naomi Meyer 2013-09-03 "Daniël kan hulle help – hy praat met die afgestorwenes. Oftewel, dit is wat hy hulle laat glo, maar eintlik is dit oëverblindery. Of so het Daniël geglo … ’n Magiese verhaal vol truuks en illusies met kulkunstenaar en akteur Geon Nel as Daniël." Geon Nel gesels oor Die goëlaar.

Clover Aardklop 2013: Lelia Etsebeth gesels oor Bokkie Botha

Naomi Bruwer 2013-09-02 Bokkie Botha betree vanjaar die verhoog by Aardklop. Wie is sy en wat wil hierdie lugwaardin vir die wêreld vertel? Naomi Bruwer het vir Lelia Etsebeth oor hierdie eenvrou-komedie uitgevra.

Saartjie Botha beloof om die gehoor weer te bekoor

Saartjie Botha, Ineke Coetzee 2013-08-30 Saartjie Botha is die vervaardiger van drie produksies wat vir die eerste keer te sien is by vanjaar se Clover Aardklop. Ineke Coetzee het met haar daaroor gesels.

Jak de Priester bring N1 van my hart na Aardklop

Henry Cloete 2013-08-29 "Ek is ’n groot aanhanger van die animasiekunstenaar Diek Grobler se werk en dit was my idee om hom deel te maak van my produksie."

Ses Snare sing slegs Afrikaans by Clover Aardklop 2013

Naomi Bruwer 2013-08-28 "Ons speel die musiek waarvan ons hou, verwerk dit vir ses stemme en ses akoestiese kitare en laat dit heel anders klink." Naomi Bruwer gesels met Giep van Zyl oor Ses Snare se musiekproduksie by Clover Aardklop 2013.

Top English productions at Clover Aardklop National Arts Festival

2013-08-23 The English productions on offer at this year’s Clover Aardklop National Arts Festival, held in Potchefstroom, are all highly-acclaimed and award-winning shows.

Visual arts focus on land and the landscape at the Clover Aardklop National Arts Festival

2013-08-23 Land artist Strijdom van der Merwe is this year’s festival artists at the Clover Aardklop National Arts Festival, held in Potchefstroom, with themes of landscape and the environment also as the focus in various other exhibitions.

Groot, groter, grootste! Reuse musiekaanbod vanjaar by Clover Aardklop

2013-08-23 Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan, Kurt Darren, Bok van Blerk, Jay, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Valiant Swart, Karen Zoid ... Dis maar net ’n paar van die groot name wat vanjaar kom konsert hou by Clover Aardklop.

Clover Aardklop 2013: Nicola Hanekom gesels oor Land van skedels

Naomi Bruwer, Nicola Hanekom 2013-08-14 "Ons moet probeer om die slegte dinge in toom te hou en die werklike gesig van oorlog te probeer onthou sodat ons so min moontlik ons gruwels herhaal."

Drie nuwe direksielede aangestel by Clover Aardklop Nasionale Kunstefees

2013-07-29 Met die onlangse aanstelling van drie nuwe direksielede by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees (wat jaarliks in Potchefstroom aangebied word), kry kundigheid en ervaring binne die velde van die uitvoerende kunste en finansiële bestuur ’n verdere hupstoot.

Kiek-en-fliek: Clover Aardklop 2013 Loodsfunksie

Naomi Bruwer, Alwyn van Zyl 2013-07-24 Vir die eerste keer in Clover Aardklop se geskiedenis is hierdie jaar se fees bekendgestel met 'n gratis musiekfees vir die publiek.

Clover Aardklop Nasionale Kunstefees 2013: Musiek en dans

2013-07-18 Van dawerende musiekkonserte en eiesoortige musiekteater tot uitstaande klassieke musiek en intieme dansproduksies vorm deel van vanjaar se Clover Aardklop Nasionale Kunstefees wat in Potchefstroom aangebied word.

Clover Aardklop Nasionale Kunstefees 2013: Kuns, kinders, kos en kortflieks

2013-07-18 Landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe is vanjaar die feeskunstenaar by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees wat in Potchefstroom aangebied word, met die tema van landskap en omgewing wat ook in verskeie ander uitstallings verken word.

Clover Aardklop Nasionale Kunstefees 2013: Toneel

2013-07-18 Die toneelprogram van die 16de Clover Aardklop Nasionale Kunstefees in Potchefstroom dek ’n wye spektrum – van jong talent tot groot geeste; van klassieke tekste tot klug.

Clover Aardklop 2013 – Program

2013-07-18 Die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees se program bied ’n wye verskeidenheid musiek – van groot konserte tot intieme klassieke musiekuitvoerings.

Om voorsiening te maak vir die oudag van kunstenaars

Gert van Niekerk, Naomi Meyer, Andries Vrey 2013-05-02 Sewentien personeellede, drie fietse en twee bussies vertrek 2 Junie van Potchefstroom na Durban … Die Clover Aardklop-span gaan fietsry ten bate van die Teaterbystandsfonds (TBF).

Andries Vrey: 'Ons is baie trots op die pas afgelope fees'

Henry Cloete, Andries Vrey 2012-10-15 "Ek kan dit onomwonde stel dat daar tans geen sprake daarvan is dat die fees na Pretoria, of enige ander plek, verskuif gaan word nie."

Fotoblad: Aardklop 2012

2012-10-11 Die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees van 2012 het gekom en gegaan – kyk hier na ’n paar foto's van die fees.

Op dees aarde: Basson bring hulde aan Reza de Wet met dié teaterjuweel

Ihette Senekal 2012-10-11 "Die produksie handhaaf ’n meesterlike balans tussen skynbaar ligte humor en onderliggende spanning."
Top