Lente, somer, herfs en koebaai
2023-10-05"In barokmelodieë vasgevang
word vier seisoene aangeklink
waar basklanke aan strykstokke hang
en tussen vioolkamme rinkink"
Tussen dagbreek en drome
2023-07-27"Op ’n vergange Namibsnag
het die wind ’n kronkellyn
tussen die duine deurgesny
en in ’n vae newellaag
agter die horison verdwyn"
Kwesbaar
2023-07-20"is dit jý, my lief,
wat jou vuiste
vir my vrese bol
en jouself
keer op keer
oor my disillusies wreek"
Sal jy onthou?
2023-02-09"sodat dit verlangend kan eggo
in die gange van nostalgie
waar die lokstem van ons liefde
oor en oor in jou afdwaalhart herhaal?"
Ek voel vere
2023-02-02"Ek voel vere vir die smulpape –
wat ons landsvet (en grondwet)
met die binnevet opvreet
en dwaashartig maak
of hulle niks daarvan weet"
Die bankie in die parkie
2023-01-20"... word die bankie in die parkie
(waar ons tot aandskemer sou speel)
vandag met tsotsi’s en junkies
en alkies gedeel."
Woordverworpe
2023-01-12"idees vertrap mekaar nie meer
om los te breek nie,
woorde stoei nie meer speel-speel
rondom digreëls wat spook
om sin te maak nie"
Sosiaal oorlede
2022-12-01"almal behálwe hy, twissiek, onsimpatiek en
aandadig aan sy
laaghartigheid ..."
Drie gordyne
2022-10-20"dat elke tweede Jan Rap
– hoewel moreel bankrot –
suksesvol op korrupsie floreer"
Kiesers sonder keuse
2022-10-07"terwyl hulle
ons vooruitgang
doelgerig saboteer
en stééds hoog en laag
hul onskuld tot walgens toe besweer."
Bossies berou
2022-09-22"Saans, tot skuins voor laat
vind ons die blommesmous
op die hoek van die straat"
My sonskyn
2020-11-26"Jy’s die odeur van die veld
ná die eerste lentereën;
die donder wat ’n storm
soos ’n slagorkes laat dreun."

