Die bankie in die parkie

  • 0

DIE BANKIE IN DIE PARKIE

Foto: Canva

Op pad na die parkie
waar ons eens vreesloos was
het fragmente van kindwees
in my gedagtes

g e s k a t e r l a g

skattejag
skoppelmaai
en uitgelate
geblikaspaai
voor hulle abrup
in die hede
terug moes draai
want in skrille kontras
met kleintyd se jolyt
word die bankie in die parkie
(waar ons tot aandskemer sou speel)
­­vandag met tsotsi’s en junkies
en alkies gedeel.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top