
Foto:Canva
Sosiaal oorlede
Asof die mensdom hóm konsuis
soos ʼn brandsiekbrak verjaag
ontkoppel hy sosiaal;
sinies, word niks en niemand ontsien nie, en
onlogies, onstabiel, glo hy ad nauseam, dat
almal behálwe hy, twissiek, onsimpatiek en
aandadig aan sy
laaghartigheid is.
*Asosiaal: Grenslynpersoonlikheidsversteuring of GPV

