Kerneels Breytenbach

Gebore in Johannesburg, word groot in Alberton en matrikuleer aan Hoërskool Alberton 1969. Ná kortstondige argitektuur-studie (Univ. Natal, Durban) spandeer ek 'n jaar in Volkskas voordat ek na Stellenbosch gaan. Verwerf MA in 1976. Daarna verslaggewer by Beeld en Die Burger, waarvan die laaste sewe jaar as Kunsredakteur by DB. Boekeredakteur van 1981 tot 1984. Sluit in 1989 by Human & Rousseau aan, hoofbestuurder van 1995 af tot met samevoeging van H&R en Tafelberg in 2001, waarna ek dien as publikasiebestuurder van NB-Uitgewers tot met aftrede in 2009. Skryf van 1977 tot 1994 vir Huisgenoot (later ook YOU) oor popmusiek, en oor restaurante onder skuilnaam Braam Kleinhans in Die Burger. Het ook 'n restaurant-rubriek vir Insig behartig. Verwerk Deon Opperman se TV-reekse Hartland en Donkerland in romanvorm. Voorsitter: PEN Afrikaans.

Publikasies:

1992 Morsdood van die honger, Human & Rousseau
1993 Glimlag, Human & Rousseau
2001 Die skoon grapboek, Human & Rousseau
2005 Die lekkerste lekker, Human & Rousseau
2009 Die ding tussen man en vrou, Human & Rousseau
2010 7de Laan Kookboek (skrywer) Human & Rousseau
2011 Piekniek by Hangklip, Human & Rousseau
2011 Blou Maandag (samesteller)
2012 Hartland (verwerker)
2013 Donkerland (verwerker)

Bekronings:

CNA-debuutprys (1993) – Morsdood van die honger

Waarom by ’n uitgewer aanklop eerder as om self te publiseer?

Kerneels Breytenbach Seminare en essays 2023-07-27

"Mens het uiteindelik spesialiste nodig op die meeste gebiede. Jy sal nie ’n ambulansman vra om jou beenmurgkanker te behandel nie."

Boekprobleme

Kerneels Breytenbach Seminare en essays 2023-02-17

"Sou dit nie hemels gewees het as mens manuskripte suiwer op literêre of vakkundige meriete kon publiseer nie, ongesteurd deur die eise en behoeftes van ’n uitgewer se bemarkingspan? En sonder ’n finansiële bestuurder wat jou kom aanspreek omdat jou publikasies nie winsgewend is nie?"

Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, ’n huldiging onder redaksie van Karen de Wet – ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Kerneels Breytenbach Resensies 2023-02-01

"Wat ek wel besef het met die lees van Petra Müller: Die skerpgevylde oomblik, is dat hierdie huldigingsbundel (en eweneens dié oor enige ander voormalige groot literêre geeste) volle sin sal maak alleen as mens dit met al haar publikasies byderhand kan lees."

Die Taalmonument: ’n simbool van die stryd tussen politici en skrywers

Kerneels Breytenbach Menings 2022-05-31

"Die persoon wat waarskynlik die meeste kan leer uit die geskiedenis van die Afrikaanse Taalmonument, is die man wat wil hê dat die naam daarvan verander moet word – minister Nathi Mthethwa, hy van die Departement van Sport, Kuns en Kultuur. Die monument is simbool van baie dinge – maar veral van die stryd en spanning tussen skrywers en politici."

Hulde aan Herman Binge

Kerneels Breytenbach In memoriam 2021-12-21

"Ek skryf hierdie dinge omdat ek self sukkel om sy heengaan te verwerk. Maar die woorde wil nie opstaan nie; hulle kry hom nie gemeet nie."

Lesse as teaterresensent van Pieter Fourie geleer

Kerneels Breytenbach Elders gesien 2021-09-13

"Die ontslape dramaturg Pieter Fourie het my een van die beste lesse van my loopbaan as teaterresensent geleer."

kykNET-Rapportpryse 2021: Wenner van Jan Rabie-Rapportprys – commendatio

Kerneels Breytenbach Boeke en skrywers 2021-09-11

"Weerlose meganika is ’n satiriese roman wat ’n mens laat skaterlag terwyl jy weet jy moet eintlik huil oor die toekomstige Suid-Afrika wat jy hier sien – omdat dit die grein van die huidige Suid-Afrikaanse bestaan in ontstellende detail blootlê."

Die kleinste ramp denkbaar deur Francois Smith: ’n bespreking deur Kerneels Breytenbach

Kerneels Breytenbach Boeke en skrywers 2020-08-20

"Dit is nie ’n speurverhaal hierdie nie, ofskoon ’n soort speurtog aan die kern daarvan lê. Vir my is dit ’n karakterstudie, ’n ontginning van ’n personasie wat nie ’n verhewe, geïdealiseerde mens is nie. Gustav van Aardt verryk ons letterkunde ..."

Dag 5: Kwarantyn-ketting – "A day in the life ..." deur Kerneels Breytenbach

Kerneels Breytenbach Kwarantynketting 2020-03-31

"Altyddeur, op die agtergrond, is daar nuwe musiek ... Soos ek nog altyd met Bob Dylan se beste musiek gevind het, sal dit met die herluisters algaande meer nuanses verklap. Sy stem, sy klavier en ’n tjello. Frases waarin tye vasgevang is, van Kennedy se dood af aan. Die ou verrukking tree weer in. Die profeet se suiwer oog, die siener se silwer tong."

Kerneels Breytenbach oor die Wêreldrugbybeker 2019 en oor Hond se gedagte

Naomi Meyer, Kerneels Breytenbach Onderhoude 2019-10-29

"Die plesier van Hond se gedagte was vir my om rugby te gebruik om mense oor godsdiens te laat nadink. Die boek handel oor geloof – hoe mense dit verloor, hoe hulle geloof herwin, hoe bereid hulle is om in wonderwerke te glo."

In memoriam: Kerneels Breytenbach skryf oor James Small

Kerneels Breytenbach In memoriam 2019-07-15

"So what as hy ’n ongeslypte diamant was. Diamant was hy, en vir my hardloop hy altyd, soos Julius Jool, met uitgestrekte arms na die lig."

Wat is op jou bedkassie? Kerneels Breytenbach antwoord

Kerneels Breytenbach Boeke en skrywers 2017-12-22

LitNet het aan ’n paar lesers gevra watter boek of boeke wag op hul bedkassie vir die rustyd tussen Kersfees en Nuwejaar. Lees Kerneels Breytenbach se antwoord.

Hoe om ’n boekresensie te skryf

Kerneels Breytenbach Seminare en essays 2017-11-23

"Wat is ’n goeie resensie? Daarmee vra ek nie of dit ’n positiewe resensie is nie, maar wel of dit goed geskryf is. En gegee die huidige gespreksparadigma, sou dit sekerlik beteken ’n resensie wat die leser se aandag van die openingsparagraaf af boei. Wanneer die leesproses voltooi is, moet die leser voel dit was ’n gesprek wat hy/sy nooit sou wou misgeloop het nie."

PEN Afrikaans AJV 2017: Voorsittersverslag

Kerneels Breytenbach PEN Afrikaans 2017-09-28

"Afrikaans se grafskrif sal geskryf kan word eers wanneer dit nie meer gepraat en gelees word nie. Het u opgemerk hoe ’n bloeityd die Afrikaanse prosa en digkuns tans beleef? Die dood kan mos nie in die pot wees nie!"

Mense agter boeke: Kerneels Breytenbach, oudjoernalis en -uitgewer, skrywer en voorsitter van PEN Afrikaans

Kerneels Breytenbach, Jaco Botha Boeke en skrywers 2016-09-28

"Die boek sal oorleef."

Top