Jean Meiring

Jean Meiring het aan Cambridge regte gedoseer en is tans ’n lid van die Johannesburgse Balie. Hy skrywe onder meer boekresensies vryskut.

Konkel deur Pieter Marais: ’n resensie

Jean Meiring Resensies 2025-02-27

"Pieter Marais se dunnerige debuutroman Konkel is verlede jaar met die Jan Rabie-Rapport-prys bekroon. ... Ek hoop dat Marais reeds ’n tweede boek aan ’t skrywe is."

Programrede: In 2025 word die Afrikaanse Taalmonument 50

Jean Meiring Seminare en essays 2024-12-12

"In ’n mens se lewe dui hierdie ouderdom op ’n middeljarigheid, op ’n stadig word, op die koms van mankoliekheid, en kruipende melankolie. Maar in die lewe van ’n monument is dit maar die eerste oogwink." 

Dertig jaar, watwo: drie millennia van stories

Jean Meiring Menings 2024-02-14

"Dit als – dié boog geskiedenis wat ons uit Afrikaans uit terugneem drie millennia ver na die Eerste Babilonies Ryk, toe ’n volksdigter na alle waarskynlikheid met die immermenslike verhaal van Piramus en Tisbie vorendag gekom het – toon, glo ek, die kragtige en byna heeltemal onveranderde werking van stories."

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Finale mentorsterugvoer: Boesak, geresenseer deur Candice Jantjies

Jean Meiring, Wayne Muller Slypskole 2023-12-13

Hier is die finale terugvoer vanaf die mentors van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool. Wayne Muller en Jean Meiring reageer op die tweede weergawe van Candice Jantjies se resensie.

LitNet | STAND-teaterresensieslypskool 2023 | Eerste mentorsterugvoer: Boesak, geresenseer deur Candice Jantjies

Wayne Muller, Jean Meiring Slypskole 2023-11-08

Hier is die eerste terugvoer vanaf die mentors van die LitNet | STAND-teaterresensieslypskool. Wayne Muller en Jean Meiring reageer op die eerste weergawe van Candice Jantjies se resensie.

Debat word volgens reëls van akkuraatheid en billikheid gevoer: ’n Beknopte antwoord op Cas Vos

Jean Meiring SêNet-briewe 2023-02-22

"Ek laat my resensie sy eie praatwerk doen."

Taal sterf nooit alleen nie: Suid-Afrika se laaste Jiddisj-talige digter

Jean Meiring Rubrieke 2022-12-02

"Kyk ’n mens met ’n fyn oor na Netflix-reekse soos Shtisel, wat onder ’n ultra-ortodokse Joodse gemeenskap in Jerusalem afspeel, begin die Jiddisj wat hulle praat gou verrassend verstaanbaar raak. .... Daar was ’n tyd dat ’n mens in die besige strate van Johannesburg, Kaapstad en selfs van Oudtshoorn Jiddisj in al haar astrantheid sou kon hoor. Daardie dae is verby."

Die erwe van die vaders: ’n Blik op HF Schoon en sy kleinseun, Marius Schoon

Jean Meiring Rubrieke 2022-11-23

"In Elizabeth Conradie (1903–39) se ondergewaardeerde akademiese werk oor vroeë Nederlandse skrywers in Suid-Afrika, Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 2 (1875–1905) (1949), lees ’n mens vir Herman Frederik Schoon raak, wat in 1851 in die Nederlandse hawestad Rotterdam gebore is." (Foto van die moderne stad Rotterdam vertoon hierby.)

Kruger se goud deur John Buchan (vertaal deur Marietjie Delport): Veldponde en klatergoud

Jean Meiring Resensies 2022-11-22

"Daar is voorwaar baie redes om Kruger se goud te lees. Delport is ’n werklik bedrewe vertaler. Sy sit die oorspronklike Eduardiaanse Engels, wat uiteraard vir die hedendaagse oor bepaalde koddighede vertoon, in ’n skoon en spierige Afrikaans oor wat volkome oortuigend is."

The blood’s quest for silver: a book review on Blood and silver by Jan Glazewski

Jean Meiring Books and writers 2022-11-16

"And so, the memoir’s two narrative and thematic strands – both of which evoke the irresistible pull of the past, of ancestral voices – are woven tightly into a fascinating and compelling account of a life richly and intensely lived. This is a story of family: of losses and of surprising, abundant gains. It is a tale of growing up as an outsider of sorts in a country committed to employing taxonomy to divide."

Putting De Aar on the Map, or Thoroughly Modern Olive

Jean Meiring Books and writers 2022-11-11

"For present purposes, what stands out is Schreiner’s modernity. Schreiner, residing in dusty De Aar, was an equal, a comrade in arms, a thinker in her own right on matters that even in the metropolitan centre still elicited considerable opposition."

Miniseminaar: Sterretjie gedenk aan my

Jean Meiring Seminare en essays 2022-11-10

Jean Meiring oor Stella Blakemore in LitNet se miniseminaar, "Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era": "Al die aanklagte ten spyt dat sy die patriargie en die Afrikanernasionalisme ter wille was, het Stella se stellingname oor ras en dies meer ná dekades in die buiteland in baie opsigte in skrille kontras gestaan met wat mense plaaslik gedink en gevoel het."

Wedervaringe van ’n boeregesin deur Victor Pohl: ’n resensie

Jean Meiring Resensies 2022-07-26

"Of dít, gesien wat vandag in die wêreld aan ’t gebeur is, ’n billike slotsom is, is dalk te betwyfel. Oor die waardering wat Afrikaanse lesers vir Emslie en Delport se liefdesaak sal hê, kan daar egter geen twyfel wees nie."

Dit sou inderdaad skokkend wees: ’n analise van Hennie van Coller se ope brief aan SJ Naudé

Jean Meiring Menings 2022-07-24

"Van Coller sê onomwonde dat, sou hy homoseksualiteit saam met verkragting en molestering gelys het, dít skokkend sou wees ... Van Coller doen ... twee keer presies wat voor sy deur gelê is: hy lys homoseksualiteit 'saam met verkragting en molestering' ... Om Van Coller se eie woorde aan te haal: Dit is skokkend."

Boeke – verlies en toeverlaat

Jean Meiring Seminare en essays 2022-07-20

"Selfs in boeke en tussen woorde – wat in een sin tog ontsnapping bied – is verlies só dikwels voorop. Boeke verdwyn. Ook woorde, tongvalle, maniere van sê."

Top