Van woorde en pistole
2020-06-23"Die stories wat woorde en name onderspan, duik dikwels in verrassende ruimtes op. Tog ’n vreemde toeval dat Christian Cooper wat op 25 Mei vanjaar deur die Kanadese vrou Amy Cooper in die stad New York se Central Park in ’n onderonsie ingetrek is, dieselfde van as sy het."
Lank lewe Crito!
2019-10-14"Natúúrlik behoort Crito sku te wees om resensente persoonlik aan te val, maar resensente wat van uitdeel weet, moet darem ook die houe kan vat. Neem eerder nie dié baantjie op as jy nie die heen-en-weerdery van openbare appels kan deurstaan nie."
Iets is nie lekker by Beeld nie
2019-10-14"Lesers moet met piesangs tevrede wees en aanvaar dat Beeld nooit as te nimmer sou kon voorspel het dat die plakkaat se woorde nekke rooi sou maak nie."
Die tyd raak kort: 'n pastiche ter nagedagtenis aan Harry Kalmer
2019-07-28Jean Meiring bring hulde aan Harry Kalmer.
Wie stileer vir Pickard Henn?
2019-07-26"Kyk net die haredos: onderlangs is dit skonerig geskeer en bo sampioen dit geil uit. Die baard is pure hipster-sjiek. So sag soos 'n kussing."
Die dwingelandy van die staande ovasie
2019-06-26"Die kalorieë gaan soos mis voor die son verdwyn wanneer teatergangers met ’n verstommende reëlmaat en so te sê volkome sonder oordeel op hul voete kom om byna elke vertoning staande toe te juig."
Binyavanga Wainaina se "Hoe om oor Afrika te skryf"
2019-05-30"Sonsondergange en hongersnood tref immer die kol. Span altyd die woord Afrika of Donkerste of Safari in die titel in."
Steve Hofmeyr: Bannelingskap redux – stil is die windjie en skraal
2019-05-07"Meer nog, mens moet jou afvra of dit dan ’n goeie ding is dat ’n entiteit soos MultiChoice, ’n voorste vlagswaaier van die kapitalisme, mag besluit wie in die openbare sfeer mag praat en wat gesê mag word."
Oor subjektiwiteit en Saaighon: Vitteneurigheid oor ’n bos van ’n boek
2019-02-27"’n Resensie is tog allermins ’n finale woord of mening. Dis juis die teendeel: die oopmaak van ’n gesprek."
Hoe om soos ’n professor te polemiseer – ’n laaste wederwoord
2018-12-17"Professore het altoos die volle waarheid in pag en speel sonder uitsondering mooi volgens die verordende reëls." Jean Meiring reageer op Joan Hambidge se repliek.
Jeremiade van ’n buiteleser
2018-11-23"Hoe durf ek met my skurwe advokatehande aan die goddelike tempelskrif raak?" Jean Meiring reageer op Joan Hambidge se besware teen sy resensie van Egonne Roth se Olga Kirsch: ’n lewe in gedigte.

