Die tyd raak kort: 'n pastiche ter nagedagtenis aan Harry Kalmer

  • 2

Dis Guy Fawkes-dag, 1955.

Zweig van Niekerk sit soos amper elke ander skoolmiddag in sy pa se boekwinkel, Transvaal Books, en huiswerk doen.

Die winkel is stil. Zweig kyk op. Sy pa sit met ’n boek op sy skoot na hom en staar.

Zweig voel soos ’n spioen.

Hy weet wie Bram Fischer is en is oortuig dat hy besig is om die wet te oortree.

Hy wonder wat die onderwysers sal sê as hulle moet weet dat hy op pad is om ’n pakkie by ’n kommunis te gaan aflewer.

Drie seuns in Parktown Boys-skoolbaadjies kom van voor af.

"Afrikaner vrot banana," sê een toe hulle by hom is. Die ander twee lag.

Zweig ignoreer hulle.

Die sisaltou sny in sy vingers. Hy versit die pakkie na sy linkerhand en skud sy regterhand om die bloedsomloop te herstel.

Hy herhaal die adres wat sy pa hom drie maal laat sê het om seker te maak dat hy dit onthou en wens hy het eerder ’n reënjas en ’n fedora as sy skooldrag gedra.

"Boeke vir advokaat Fischer," vind Zweig sy Engels terug.

Die vrou lyk skepties.

"Meneer ...  ek bedoel ...  advokaat ... Fischer het hierdie boeke bestel.” Zweig lig die "parcel" op. "My pa het gesê ek moet dit kom aflewer.”

Uit ’n Duisend stories oor Johannesburg deur Harry Kalmer (2014)

*

Die voorblad van die regter se lys van bewysstukke in die verhoor van Bram Fischer, Staat versus Fischer, saaknommer G 375/64

*

17        Buisie Innoxa Foundation 41 (Paneelkassie)
18        Buisie Guerlain-Paris room (Bruin) (Paneelkassie)
19        Cream Mascara (Paneelkassie)
20        Handspieël (Paneelkassie)[i]

*

Die vervalste ID-kaart vir Douglas Black, die naam waaronder Fischer geskuil het (bewysstuk AF39)

*

Die Bram Fischer-wals – ’n gesprek

Die Bram Fischer-wals: "Ons praat óór Bram Fischer, nie námens hom nie."

 

Cloete:  Wat het jou gemotiveer om juis nou ’n toneelstuk oor Bram Fischer te skep? Watter relevansie het sy nalatenskap nog in die moderne Suid-Afrika?

Kalmer:  Ek kan onthou toe Bram ondergronds was en ook die foto's van sy arrestasie wat die koerante se voorblaaie vol was. Hy en sy vermommings het vir my as agt- of negejarige soos ’n James Bond-agtige figuur gelyk. In die 1980's toe ons in Londen gebly het, het ek sy toespraak voor hy gevonnis is, wat hy met ’n aanhaling van Paul Kruger afgesluit het, gelees en dit het jare lank by my gebly. (Ons gebruik dit in die toneelstuk.) Die keuses wat mense soos Fischer, Marius Schoon en Breyten gemaak het om tronk toe te gaan, het ook gewys dat mens teen apartheid en die Natte [Nasionale Party] kan wees en steeds Afrikaans kan wees.

Voor ons geopen het, het ek self gewonder of gehore by die storie gaan aanklank vind. Maar nou besef ek die ding waarby baie mense (selfs dié wat nie Fischer se politieke uitkyk deel nie) aanklank vind, sy integriteit was, die tipe integriteit wat mense Madiba laat bewonder het. Bram het daai Afrikaanse "ordentlikheid" gehad wat so kenmerkend van sy geslag was. Die werkstitel van die teks was "Ordentlikheid".

Cloete:  Jy noem ook in dié artikel dat die meeste biograwe betreklik min insig oor Fischer gehad het. Hoe het jy dit besef en watter rol het gesprekke met familielede en kennisse van Fischer hierin gespeel?

Kalmer:  Die Afrikaanse aspek van Fischer was vir hulle ’n geslote boek – die feit dat hulle Afrikaans nie goed (of glad nie) verstaan het nie, het hulle interpretasies beïnvloed. Alle interpretasies is wel subjektief, maar ek voel dat hulle iets belangrik van Bram misgekyk het. Iets wat nou deur Hannes Haasbroek se ’n Seun soos Bram reggestel is. ’n Mens kan nie oor Bram skryf sonder om sy Afrikanerbande te respekteer nie. In my geval was dit aanvanklik net so maklik om Bram se Marxisme mis te kyk of ligtelik af te maak – en die besef dat ek besig was om met sy kommunisme te doen wat ander met sy Afrikaansheid gedoen het, het my benadering tot die materiaal verander. Bram was ’n kommunis en hy was ’n Afrikaner – en dit het soveel dinge beïnvloed. Natuurlik het ander goed ook – soos sy liefde vir sy vrou Mollie en vir sy kinders en vir dans en musiek. 

LitNet (20 Augustus 2012)

*

’n Foto van Knoxstraat 57, Waverley, in Johannesburg, een van die plekke waar Fischer geskuil het (bewysstuk AF173(a))

*

29       Een Pruik
30       Snor
31       2 Baarde
32       Korset
33       Buisie "Tan-in-a-minute"
34       Blik "Leichner Removing Cream"[ii]

*

                                                                                                            9th Nov 1965

Dear Kim,

80, 76, 73, 166: I have no[w] ascertained that the losses caused by this accident may be more farreaching than I anticipated. Of course I do not doubt his constitutional strength and I remain sure that he will recover. What is disturbing, however, is that on the evening before the accident he was handed your latest balance sheet (22, 85, 83, 81, 98) for transmission to me.

If anything is unclear about this 95, 70, 67, 8, 64, 6, 13, 42, 60, 7, 8, 21, 46, 65, but this would be very inconvenient.

Hooray for UDI – announced an hour ago. Good old Smithy!

Love to all,
Paulus[iii]

*

All the conduct with which I have been charged has been directed towards maintaining contact and understanding between the races of this country. If one day it may help to establish a bridge across which White leaders and the real leaders of the non-White can meet to settle the destinies of all of us by negotiation and not by force of arms, I shall be able to bear with fortitude any sentence which this Court may impose on me. It will be a fortitude strengthened by this knowledge at least, that for twenty-five years I have taken no part, not even by passive acceptance, in that hideous system of discrimination which we have erected in this country, and which has become a by-word in the civilised world today.

In prophetic words, in February 1881, one of the great Afrikaner leaders, addressed the President and Volksraad of the Orange Free State.

His words are inscribed on the base of the statue of President Kruger in the square in front of this Court. After great agony and suffering after two wars they were eventually fulfilled without force or violence for my people.

President Kruger's words were:

“Met vertrouwen leggen wij onze zaak open voor de geheele wereld. Het zij wij overwinnen, het zij wij sterven: de vrijheid zal in Afrika rijzen als de zon uit de morgenwolken.”

In the meaning which those words bear today they are truly prophetic, as they were in 1881. My motive in all I have done has been to prevent a repetition of that unnecessary and futile anguish which has already been suffered in one struggle for freedom.[iv]

*

Die waenhuis van Corlettweg 215, Bramley, Johannesburg, waar Fischer ook geskuil het (bewysstuk AF174(c))

*

51         Twee damesbroekies.
52         2 paar vroueskoene.
53         Rol watte.
54        Een paar opgeboude mansskoene.[v]

*

                                                                                    12 April 1965

Geagte ds Naude,

Ek het in die Landstem die toespraak gelees – of liewer ’n opsomming daarvan – wat u op Belgravia sou gelewer het indien sekere van ons mede-Afrikaners, tot my innige leed, nie so onbeskaafd opgetree het nie. My onmiddellike reaksie was om dadelik aan u te skryf om my ondersteuning uit te spreek. Maar daar was geen geleentheid nie, waar ek my in die huidige ongewone omstandighede bevind. Nou is die geleentheid daar. Dus skryf ek.

U beleef, meen ek, ’n besonder moeilike en persoonlik onaangename periode waar u moedige houding oneindig meer onintelligente afkeer onder Afrikaners as goedkeuring uitlok. Tog is die taak wat u aanvaar het geweldig belangrik vir ons volk – werklik m.i., die taak om uiteindelik die voortbestaan van ons volk te verseker. Boonop is dit ’n taak wat alleenlik deur ’n Afrikaner soos u verrig kan word. Dit word dus die plig van elke Afrikaner wat met u saamstem om sy ondersteuning uit te spreek.

Ek het gehuiwer om te skryf weens twyfel of u sou verstaan dat die ondersteuning van ’n Marxist wel eg kan wees. Maar dit is die geval. Die begrip van broederskap onder die mens en die idee dat jy teenoor jou medemens moet optree soos jy wil hê dat hy met jou moet handel is van die fundamentele bydraes van Christus se filosofie en trouens, dit is ook doelwitte waarna ons strewe, hoewel langs ander weë as u.

Maar dit is nie wat ek nou wil beredeneer nie. Wat ek graag wil sê is dat, volgens my mening, dit vandag uiters dringend is om Suid-Afrikaners te laat verstaan presies wat die leer van Christus was en hoe ver ons in hierdie land daarvan afgewyk het. Hoe kon Christus ooit ’n beleid goedgekeur het wat toelaat dat ’n mens minag, verneder, beledig en seergemaak word uitsluitlik op grond van sy kleur? Maar dit is iets wat ons sg. Christelike leiers daagliks doen hoe ook al hulle probeer om dit weg te steek deur telkens nuwe benamings aan die beleid te gee / apartheid, aparte ontwikkeling, parallel ontwikkeling, ens.)

Die nuwe beskrywings van die beleid is natuurlik tekens van ’n ontwakende volksgewete, maar dit is lank nie genoeg nie. Die tyd raak kort. En die ergste stap is, soos u in u toespraak sou gesê het, dat ons jong mense aangemoedig moet word om in bestuursliggame te tree "nie in die eerste plek as politici wat blindelings en slaafs die beleid van hulle party onderskryf nie – maar as oortuigde Christene wat in die party van hulle keuse hulle Christelike oortuigings uitleef en handhaaf" – Natuurlik na hulle ontdek het "wat presies Christus van elke Christen verwag”.

Is dit nie nou die aangewese tydstip vir die skryf van ’n toneelstuk wat sou uiteensit wat Christus sou ondervind indien Hy nou sou terugkeer en hom in S. Afrika bevind? En hoe hy weer gekruisig word? En wat hy sou sê en doen?

Langs hierdie weë kan ek vandag van geen waarde wees nie. As ek vandag invloed het dan is dit by die nie-blankes en nie by die Afrikaner nie.

Maar u het kans om hierdie taak te verrig en, soos ek dit sien, is dit die taak wat u aanvaar het. Dit is daarom dat ek my volste ondersteuning wil uitspreek en ook my hoop dat u werklik uiteindelik met sukses bekroon sal word. Hoe eienaardig dit ookal vandag mag klink, is dit nie onmoontlik dat ons nog eendag vir die Afrikanervolk kan saamwerk nie …[vi]

*

57        Blik bevattende:-

Rolletjie watte
Buisie Innoxa Medicated Foundation-room
Buisie Guerlain-Paris room (bruin)
Buisie Prell-sjampoe
Skêrtjie
Haartangetjie
Kwassie
Mascara[vii]

*

                                                                                                13th Aug 1965

Dear Kim,

So much for business. I hope you are well and possibly enjoying a bit of a holiday. The lovely weather here is not conducive to work and I am thinking of taking some vacation myself.

I wonder how often you see our newspapers. If you get them at all regularly, you will have seen that there has been a great deal of discussion about the socalled "cultural" boycott, not only by persons overseas, but also by S. Africans. Nadine Gordimer, for instance, has refused to allow a short story of hers to be staged before white only audiences. On the other hand, Robert Birley apparently brought his influence to bear to prevent the UK University Association from ordering its members to refuse teaching appointments here. Our PEN Club has of course come out against the boycott by overseas playwrights.

I have not given this matter much thought because it [is] not exactly up my alley, but I would like to know what you think about all this. It seems to me that even if one adopts the attitude that it is a Good Thing to boycott S.A. because of its racist policies, no general rule, applicable to all cases, can be laid down. Obviously there is a distinction between a boycott by Dusty Springfield and, say, a boycott by Robert Birley himself. I think I would approve of the former; the latter, if generally applied, could be a disaster.

Similarly, you can take the case of plays by a person such as Brecht – interesting, though-provoking and, at the moment, all the rage here, being performed in Johannesburg now and, so I believe, to be performed at the Cape too.

I shall discuss this one of these days with some of my 'arty-crafty' friends and if I have time to write, I shall let you know what they think. My own view is that it would be a great mistake if all overseas "cultural" bodies were to adopt a rigid rule of boycotting. We need teachers and plays of the right sort in this country – as many as we can get. But of course, we also need some sort of boycott to make white people think. The truth is that both boycott and non-boycott can be used for the same purpose. But how, in these circumstances, can a rule for the guidance of those interested be laid down? One obviously can't say: Dusty, you will not make people think, therefore you boycott!

I would be very interested to know what you think. The problem seems to me to be no easier when one comes to teachers and playwrights, etc. I would not mind for a moment if Osborn were to boycott; I would hate the holders of the copyright in Ashes and Diamonds to do so, and I think it would be very wrong.

Love to all,

Paulus[viii]     

*

’n Greep van die voorblad van die eerste uitgawe van die blaadjie Freedom Fighter, ook in die regter se lys van bewysstukke ingebind.

*

We hear the James Bond theme tune. BRAM mimes the title sequence of the 1960s Bond movies.

BRAM:

The petit bourgeois press tried to make me look like a Boere James Bond … An Afrikaner terrorist and, of course, a traitor to my people.

When it became obvious which way my trial was headed I decided to go underground. The morning Ilse dropped me in Killarney I was taken to Rustenburg in a Combi belonging to the Performing Arts Council of the Transvaal. I started playing my new role in a cottage in the Magaliesberg. The only people I saw were the old lady who lived in the main house on the farm and the man who drove me there … Raymond Schoop, a theatre designer who had survived the Nazis.

Twice a week he would drive the 40 miles from Pretoria to coach me. He said I should not only hide but also create a whole new appearance and personality … He put me on a strict diet and showed me how to shave my hairline so that I could have a higher forehead, and how to dye my hair … He taught me to walk in a way that would hide my slight limp … He also made me smoke a pipe so that my voice would change.

During my weeks on the farm I heard for the first time that the Johannesburg Bar was going to try and have me disbarred. I was furious. As an advocate I had always acted ethically, morally and fairly. My decision to go underground was political. During the rebellion of 1914 no steps were taken against people like my father who defended the rebels. Our Minister of Justice, Balthazar John Vorster, wasn't punished, even though he was interned in Koffiefontein as a Nazi supporter during the Second World War.

Raymond Schoop's disguise worked. When Ralph Sepel met me in the parking lot of the Marymount Maternity Home he didn't recognise me at first. Even Ilse thought I was somebody else. One morning in Commissioner Street a security policeman who had followed me several times in the past, and even interrogated me once, looked me in the face without recognising me.

Toneel 8 uit The Bram Fischer Waltz deur Harry Kalmer (2016)

*

Die digter het sy taak volbring.
Die sanger het sy lied gesing,
en wil met enk'le woorde nog
vermeld van stille beevaarts-tog

Uit Totius se Trekkerwee (en aangehaal vooraan die laaste deel van Duisend stories)

 


 

 

[i] Bewysstukke nommers AF17–20 soos versamel in die regter se lys van bewysstukke. My dank aan Warren Siebrits wat die regter se lys van bewysstukke (onvolledig) aan my beskikbaar gestel het.

[ii] Bewysstukke nommers AF29–34 soos versamel in die regter se lys van bewysstukke.

[iii] ’n Uittreksel uit bewysstuk nommer AF1 (ook AF8A en AF9). Kim was die skuilnaam van Joe Slovo, wat toe in ballingskap in Londen gewoon het. Paulus was Fischer.

[iv] Die slot van Fischer se slotbetoog voor vonnisoplegging in sy verhoor vir sabotasie waarvoor hy in 1966 lewenslange gevangenisstraf opgelê is.

[v] Bewysstukke nommers AF51–54 soos opgeteken in die regter se lys van bewysstukke.

[vi] Bewysstuk nommer AF62. Die aangesprokene is ds Beyers Naudé.

[vii] Bewysstukke nommera AF57 soos opgeteken in die regter se lys van bewysstukke.

[viii] ’n Uittreksel uit bewysstuk nommer AF64 (ook AF65).

  • 2

Kommentaar

  • Robert van Staden

    Wat 'n briljante huldeblyk, wat 'n intellektuele kragtoer. Jean Meiring is op dieselfdee vlak as NP Van Wyk Louw, indien nie hoër nie. Die jukstaposisies spreek van 'n verbysterende insig.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top