Jacobus Faasen


selfb’drog

Jacobus Faasen 2013-01-11 eish, wassit minn’r ooglop’nd,
kapitaalb’heptheid, verwoesting,
van Self, Eie, Erf’nis, Nalat’ng,
destruksie, dommiteit, (yho)2

oppe kep’r b’skou

Jacobus Faasen 2013-01-11 millennium drie homo sapiens sapiens, mens,
mette bankkaart, selfoon, aktetas, handsak,

onstuitbaar

Jacobus Faasen 2013-01-10 ’sof Mens nie, Self, Self-destruksie k’n keer,
’t aaire verre v’rsprei, v’rkloon, dissemineer

spiritueel gps

Jacobus Faasen 2013-01-09 blameer Duiwelspiek-dissip’l, Helshoogt’-formaliseerd’r,
str’ktureel g’tik, post-Bush-bossies, Self-d’str’ktiveerd’r,

amper-volmaan-Kersfees

Jacobus Faasen 2013-01-07 twintig-twaalf, yes-ja, gou v’rby,
baie sielsg’note, so ontydig weg,
v’rdeeldheid’s onregmatig b’sleg,
vryheidsvegters aan’t stry, b’klei

miljoene se moedertaal

Jacobus Faasen 2013-01-07 taalstrydroete, kruis-’n-dwars, deur kwasi-NDR,
noggie vasg’stel, onnerdrukkerstaalaflegdatum,
v’rlossing, progressief-linguïsties, moed’rmedium

info

Jacobus Faasen 2013-01-07 kanti, “Duiwelspiek”-dissipel, sonner Visie, van B’gin,
sonner hoop, info, re Paradiso, wetenskaplik in t’win

pejorativering

Jacobus Faasen 2013-01-07 van een g’slag, na ’n anner, goed oorg’leer,
liefd’staal, borsvoedtaal, kombuis-’Frikaans,

nie mette mshini nie (mette pen)

Jacobus Faasen 2013-01-07 eish, onkund-ontkenningskunde, absoluut ultra-super-struktuurg’weld,

vergun Mens, Self, v’rgunning

Jacobus Faasen 2012-12-21 t’nsy Afrikaanse, Afrikaansspreker,
nie sienie gat, in Afrika-taal-beker,

“inde indlela lesihamba”

Jacobus Faasen 2012-12-20 Pad, wat Millennium Drie Mens so b’wand’l,
daagliks reis, na hand’l, liefd’staak, optel,
van summa, plus summa, ultra-maksimaal,
nog min oorv’rtel, re kapitaal se ou v’rhaal

eie bodem-profeet

Jacobus Faasen 2012-12-19 Madiba, Rohlihlahla, duid’lik sy deel g’bring,
vir sy land, ieder siel m’t g’boort’plek v’rbind,
patriotism’ laat herleef, sprake vanne “nasie”,
mette lekke’ spasie vir sý soort rekonsiliasie

olwethulwimi

Jacobus Faasen 2012-12-18 eish, latte pejorativering, van “olwethulwimi”,
moedertietsmelkstaal, oertaals, voor-pre-oer,
legitimiteit, van Afrikaaps, v’r-Vlaks in’r moer,
heilig, indien sy polities m’t “isiBhulu” assosieer,
apartheidsonderdrukker/taal oor selle kam skeer

Me Eva Havgard

Jacobus Faasen 2012-12-14 Jan van Riebeeck’t haar eerst’, doer, innie skaar g’waar,
vir weke’t Sy Edel’, onophoud’lik, na haar g’laat g’staar,
Krotoa self g’sien, hoe bou inkommer Fort se ruite,
al’s sy b’handel, laat voel, nes “iemand-van-buite”

lot b’paal op lewenskwaliteitskaal

Jacobus Faasen 2012-12-13 Skepsel, Aardse, uit’raard Aard-g’bonde, Homo Sapiens,
bo-aan spesieslys, onner anner b’kint as Mil Drie Mens,
verevoelend vir etiek-praktisering, G’wete-herwinning,
nog minner vir Paradysdroom, Slimste se Oorwinning
Top