’t sallie werkie, enig’ poging tot rekonsiliasie,
vir meest’ inkommers, ’s ANC v’rkere stasie,
amp’rs nes hul was, voor Mandela-vrylating,
op N1, Paternosterstrand, hard’gat nes altyd,
lat ons ma’ altyd by deesk’ profeet, Madiba,
oupagrootjie, son’r meer, in sy land ongeëer,
iets oor Mens-wees, medemenslikheid leer
weet Mens mossie totlat Mens v’rtel, ing’lig,
via medium op hoogte van sake, re verwik’ling,
g’hou worre, Self sien, hoe open tronk se hek,
Madiba, mette groot glimlag op sy g’sig, eish,
amperste drie dekades op Krotoa se Eiland,
breedskouer, vryheidsvegterlik, uitmarsjeer
Madiba, Rohlihlahla, duid’lik sy deel g’bring,
vir sy land, ieder siel m’t g’boort’plek v’rbind,
patriotism’ laat herleef, sprake vanne “nasie”,
mette lekke’ spasie vir sý soort rekonsiliasie
Jacobus Faasen