Pad, wat Millennium Drie Mens so b’wand’l,
daagliks reis, na hand’l, liefd’staak, optel,
van summa, plus summa, ultra-maksimaal,
nog min oorv’rtel, re kapitaal se ou v’rhaal
‘freestyle’ ’n veel g’maklik’r styl, vryheid, op t’roep,
self t’sien, wie hoort wet’nskaplik, in watter groep,
wie gat finaal, G’nade, Mens se Reek’ning b’taal,
in waff’r V’rhaal Kô Skepper Sy Ytv’rkorenes haal
mampara, moegoe, Self-destruksivisionis, vol vrees,
lat Afrika-tyd, Afrikaans, laat s’l wees, globale hôrries,
opvoeding, opfoet’ring, landmynveld ong’lyk, wôrries,
ubuNtu, van umNtu, van abaNtu, Mens Mens wil wees
onkund’-ontkenningskunde, byna p’rfek g’kloon, onv’rlaat,
via Mens se bloed vloei’t, g’welddadig, ‘haat-oorlog-haat’
Jacobus Faasen

