amper-volmaan-Kersfees

  • 0

twintig-twaalf, yes-ja, gou v’rby,
baie sielsg’note, so ontydig weg,
v’rdeeldheid’s onregmatig b’sleg,
vryheidsvegters aan’t stry, b’klei

staatsfondse nie meer so deursigtig,
miskien is finansiers lugtig, v’rsigtig,
vir tenderpr’neurd’ry, kopsmokk’lry,
b’stryding, van armoed-’n-swaarkry

talle landsburg’r nie meer patrioties,
v’rgeet Mens’regt’-v’rklaringswoord’,
veg net v’r eie reg, “res sal Self kom”

klaar, innie swempu-mentaliteit, idioties,
sowaar oning’lig, oor allie toevlugsoord’,
aysh, hoe’t meerd’rheid g’kom, só dom?

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top