vergun Mens, Self, v’rgunning

  • 0

t’nsy Afrikaanse, Afrikaansspreker,
nie sienie gat, in Afrika-taal-beker,
indien meerderheid nie meerderheid,
Self kan sien, hoe opereer apartheid

“kwash’uMandela”, hy volg op Krotoa,
Autshumato, eerste vryheidsvegter,
nou uitgestoot tot buitenste kring,
nie opg’roep, onthou, in herinnering

spinprofessore, analitici, kritiseerders,
een beter oppie bek g’val, assie anner,
b’gint Mens dar’m net t’wonner, eish,
is dit wat húl, ’94, in g’dagt’ g’had’t

v’rgun Mens mede-Mens ma’ min,
struktuurg’weld hou Naaste weg,
b’lofte, van b’lofte, ’t makie sin,
wie’t dan virrie vryheid geveg?

t’nsy Afrikaans, jongst’ Afri-ilwimi,
armoediges nie yt apartheid b’vry,
Mens l’t ophou, ultra-onwaardig ly,
gat ANC, plus NDR, ’t glattie reg kry

kanti, Grondwet, Mens se Reg,
via g’wapend’ stryd, doodstraf,
slagoffers, van apartheid, b’sleg,
g’n amnestie aan b’voordeelde,
v’rgifnis korte Vlok-voetewas,
of veel beter, goei’ v’rgoeding

mede-Mens t’erken, as synde só,
op deesk’ Aard’, ’t as “waar” t’glo,
Mens Mens wetenskaplik voorb’rei,
Zabalaza dag-in, -uit, supervoluit,
ja, t’r wille van G’regtigheid t’stry,
G’wete-vol, Opper-Allah-waardig,
eg-reg responsief t’respondeer,
soos’t Mens mos rêrig b’taam,
Skepper prysliediaans t’prys,
Naaste Liefd’, Inkluis, t’wys

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top