pejorativering

  • 0

van een g’slag, na ’n anner, goed oorg’leer,
liefd’staal, borsvoedtaal, kombuis-’Frikaans,
bied Millennium Drie miskien ’n krities kans,
woordg’weld, pejoratief-praktyk, af t’sweer

voorheen b’voordeeld’t niks b’nul, idee, b’grip,
noggie op werklikheid, hierie leeftyd, ’n “grip”,
uitdruk-, onnerdruklik, Naaste’s “vyand” yt t’kryt,
post-apartheid-tyd, onb’wus van Oorlewingstryd

b’geert’, lus, wil, drang, b’hoeft’, Anner, seer t’maak,
re ’n “kukhwini”-saak, wet’nschaplik wel min g’traak,
Self-destruksie nou v’rweef, m’t superioriteitsindroom,
degradeer van Naaste, anti-Mens, sonner oor’t’skroom

net dié wie strewe na Jena-lewe, propvol ubuNtu,
vat duid’lik kop, van “umNtu ngumNtu ngabaNtu”

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top