Skepsel, Aardse, uit’raard Aard-g’bonde, Homo Sapiens,
bo-aan spesieslys, onner anner b’kint as Mil Drie Mens,
verevoelend vir etiek-praktisering, G’wete-herwinning,
nog minner vir Paradysdroom, Slimste se Oorwinning
vir millennia, lank al, rug g’keer, op Op’nbaring, Teorie,
Selfdestruksie nie eens naast’nby naby iets soos fiksie,
so hartseer, hoe Mens Naaste degradeer, op an’r spaai,
ultra-onmenslik, onverantwoord’lik, oneg, etos onfraai
v’rlang vryheidsfilosowe na Haar, Moed’r Vryheid,
net Sý Bring mos G’regtigheid, Vrede, G’lykheid,
hef Mens weer op, uit pre-apokalipties b’noudheid,
net Self Self b’wus, hoe Self Self G’wete k’n v’rlos
kennis, Skepsel S’n, ma’ skraps, hoeveel’t gat kos,
Lewe Twee Lewe, Strewe, nie sommer agt’r ’n bos
Jacobus Faasen

