eish, wassit minn’r ooglop’nd,
kapitaalb’heptheid, verwoesting,
van Self, Eie, Erf’nis, Nalat’ng,
destruksie, dommiteit, (yho)2
Naaste, Wese, mede-Aardling,
totte soort halfdier t’d’gradeer,
sints dai tyd, via pejorativeer,
Ann’r, kil, onmenslik, t’limineer
niet doofneutig moedswil, hayi,
“Duiwelspiek”-siek korte muti,
via v’rhoog, via skerm, t’sien,
lat Mens nie so ’n krisis v’rdien
selfs rewolusie kan hand-uit ruk,
selfs ’n leuen word later waar,
amper nesse lewe van sy eie,
skep leuenaar mos realiteit,
smaak’t, lekke, poenankies,
doodsmaak van doodmaak,
Naaste, kind-’n-al, uit t’wis,
asof oorlog ooit legitiem is
hoeveel g’slagte Afrikreools,
trap diep spoor, in Kontinent,
waar’m s’l oud-emansipeerd’r,
“ras” se ou “klas”-jas bly dra,
soos dobbelaar aanhou hoop,
geldgieriges só wins v’rkoop
moenie spelie, Paradys, Jena,
noggie herv’rdelie, juridies,
speelveld nie g’lyk g’skraap,
“Duiwelspiek” ytie landskap,
van Goede Hoop, ytie Kaap
sjy hogheid pollapolla helshoogt’lik,
dissemineer onmenslik onmensheid,
lieg-b’drieg-uitwis-b’leid, slawerny,
neo-apartheid, Millennium Drie s’n
o wee, sonn’r herwin, van G’wete,
nimmer as t’nooit danne einde,
aan prakties uitvoer van teorie,
stokou Self-destruksie-filosofie,
Mens Mens Self yt Lewe Twee,
weer, aan euwel voorkeur gee
Jacobus Faasen

