eish, onkund-ontkenningskunde, absoluut ultra-super-struktuurg’weld,
absurditeit, van oorlog, hofnarriteit van kapitaalkapitalis, o lieve Heer,
spin spindoktore sig Self net dieper in, vas, in lokval van moela, sjelt,
meerd’rheid, b’lieg, b’drieg, deur-’n-deur, meer asse miljuisend keer
magsugslaaf, blieng-b’hep, inne soort noppies, inskiklik, onn’rg’skik,
G’wete, ergens deur sjatan opg’gaar, nes vrou Havgard se Eva-blaar,
sjatansdissipel pro-submissie: onn’rdanigheid, magslus willie b’daar,
al voel “isiBhulu”-spreker, daai pyn, apartheidstyd, dis noggie klaar
Millennium Drie Homo Sapiens Sapiens, eties inne blik ing’druk,
“ras”, “klas”, pejoratief, Self versus Self, versus Ander, so stief,
herwinning van G’wete, dis mos Homo Sapiens se prerogatief,
voor finaal b’vryding, v’rlossing, loop daa’ nogge bai’ lang ruk
kanti, selfs dié, wie rugtoekerend, niks wil sien of hoor,
b’sef Self, niemand wil Lewe Twee Lewe net so v’rloor
Jacobus Faasen

