Vinkel en koljander: Kop in die son, voete in die water
2021-05-25"'Plant vir jou vroue elk ’n dadelboom. ’n Boom om dankie te sê, ’n boom sodat hulle onthou kan word. Daoud Al Maari, jy en net jy kán ’n nuwe tradisie vir ’n nuwe Oman begin,' sê sy."
Vinkel en koljander: Die taal van lap
2021-05-04"Ons wêrelde is regtig so ver verwyder van mekaar soos die ooste van die weste. Tog, dié middag was borduurwerk vir ’n stonde ’n brug tussen kulture en kontinente."
Vinkel en koljander: Die see het gegee, die see het geneem
2021-03-31"Vroegoggend vaar die boot uit diepsee toe. Dut-dut-dut ritmies oor die kruin van die brander, sak af in die trog, op na die kruin, af na die trog. Dis die oggendlied van die Arabiese See."
Vinkel en koljander: Silwer, sand en kohl-omlynde oë
2021-03-11"Ek het lank gewag om Bedoeïen-vroue te ontmoet. Hul silwer juwele is oral in Oman te koop, groot handgemaakte stukke versier met klokkies en allerhande simbole van Islam. Ek het gewonder oor die nomadiese vroue wat in die eindelose duine van Wahiba rondtrek opgetof in swaar juwele."
Vinkel en koljander: Bokvet, wierook en mirre
2021-02-23"Maar dis Ouma Twaalf wat my bybly – die klein vroutjie met die groot gees wat ’n hele familie anker in ’n eeue oue kultuur. Sal wierook, mirre en die wondere van kameelmelk in die vergetelheid verdwyn as sy die dag nie meer daar is nie?"
Reis in die tyd van die korona: Die wysheid van die meeue
2021-01-29"Die Omani’s in hul lugverkoelde voertuie ver van die strande van Batinah, verlang hul soms na mosseltyd? Onthou hul nog van die wysheid van die meeue?"
Reis in die tyd van die korona: onder vreemde hande
2020-12-23"Pyn is ’n gelykmaker. Ons mag verskillend treur, maar in die binnekant lê seerkry ewe diep."
Reis in die tyd van korona: vinkel en koljander
2020-12-03"Op ons Oktober 2020-koronareis van Lusaka na Dar es Salaam onthou ek weer hoe gentlemanly gedrag grense kan oorbrug. Wat in normale tye ’n reis van twee en ’n halfuur moes wees, duur 36 en ’n halfuur. Ons bring 27 uur daarvan deur op Nairobi-lughawe, waar reuse-TV’s dag en nag Afrika se sokkerprestasies uitbasuin. Opgekookte hoender, wit brood en oorvloedige gebruik van gratis bier skuur aan my siel."
COVID-19 in Zambië: Laat ons nie die oumas vergeet nie
2020-04-28"Saam met die gesondheidswerkers en ander rolspelers sal die oumas help om die COVID-wa deur die drif te trek."
Reisskets: Die kleur van jou vet
2020-04-08"En so kruis ons paaie – twee verdwaalde mense en ’n vasberade ma-skilpad. Sy steur haar min aan ons, maar ons onthou haar jare later nog met verwondering."
COVID-19 in Zambië
2020-03-31"Zambië het nog net 12 gevalle van korona, maar ons is baie versigtig. Die statistiek is net so betroubaar soos die laboratoriumfasiliteite."
Reisskets: Die kermende trollie
2020-03-30"Alles in die land is moeg en afgeleef. Hoe anders as alles so oud is, duisende jare oud?"
Reisskets: Die hond van Afrika
2020-01-21"Die ou Lungu verklaar met jare se wysheid: 'Die hond was te honger en het land toe probeer swem. Die krokodille …'"
Reisskets: Die dans van die Rooi Romp
2020-01-15"Rose het ’n vroeë Kersfees gehad, want toe ons middel-Desember Stellenbosch toe vertrek vir ons jongste se gradeplegtigheid, draai die maer lyfie om en om in die rooi Shweshwe-romp."
Reisskets: Die dans van die riete
2020-01-14"Tienduisende Swazi’s en buitelanders trek saam by die kraal van die koninginmoeder vir die skouspel van kleur, klank en dans."