Zambië het nog net 12 gevalle van korona, maar ons is baie versigtig. Die statistiek is net so betroubaar soos die laboratoriumfasiliteite.
Sosiaal beweeg ons hoofsaaklik in ’n ekspatgemeenskap waar mense voortdurend na en van Europa reis. Die ekspats in Zambië is meestal goedversorgde mense met uitstekende byvoordele, een daarvan dat ’n gesin dikwels verskeie kere per jaar op die werkgewer se onkoste huis toe kan vlieg. Ons gebruik dit terdeë. Mens wil immers ’n bietjie asem skep, wegkom van, onder andere, gevreesde siektes soos ebola, malaria, cholera, geelkoors en dengue hier in donker Afrika.
En toe draai die wêreld op sy kop en bring die “ontwikkeldes” die pes na Afrika.
Vir maande stap ons soggens deur plastiek, slaggate tussen strome werkendes, skoliere. Mense vermy oogkontak, groet nie. Ons hou aan met groet, maar dis uitputtend om “Good morning” elke paar sekondes te herhaal. Ons kom agter ’n glimlag en ’n handgebaar is makliker en sluit sommer almal in. So gaan ons voort, reaksie al dan nie. Net ’n paar weke gelede besef ons mense groet terug en party steek die straat oor om na ons welstand te verneem.
Dis ons derde plasing in Zambië en ons het feitlik elke hoekie van die land in ons Land Rover deurkruis. Zambiërs is diep gelowige, goeie mense. Winkelname vertel ’n storie van geloof, hoop en volharding: God is the answer, Spark of Hope Medical Centre, Jesus is my Way Grocery, Three Kings Shop, en Blessings Grocery. Die gemoedelikheid wat ons mettertyd terug ontvang op ons oggendstappies, bevestig net ons hoë dunk van ons gasheerland – tot COVID-19 ook ons oggendstappies ’n risiko maak.
Hoe gemaak as die klein boggelrugvroutjie wat elke oggend al voor 07:00 by die Ghanese ambassadeur se hek aanmeld, oor die straat stap om ons ’n mooi dag toe te wens? Hoe hanteer ons die drie graad 1’s, met skoolbroeke wat onder die knie hang en met ’n tou om die maag gebind is, wat ons gereeld soggens high five?
Die president, Edgar Chagwa, sê op 25 Maart in ’n amptelike verklaring in hoofletters:
I HAVE GONE ROUND THE CITY AND I HAVE SEEN FOR MYSELF THAT MANY AMONG US ARE NOT TAKING THIS COVID-19 SERIOUSLY. I HAVE SEEN MULTITUDES PATRONISING BARS OR FREELY HUGGING AND SHAKING HANDS AT FUNERALS, CONTRARY TO HEALTH ADVISE [advice].
Ons is intens bewus van ons bevoorregte posisie om wel fisiese afstand van mense te kan hê, tuis en by die werk. My man is in die doodsnikke van ’n projek wat deur die Wêreldbank befonds is en hy werk aan die voltooiingsverslag. Hy kan van die huis werk, en waar hy nog met die Chinese kontrakteur moet praat, vind hy dat die Westerse persepsie van die Chinese in Afrika nie altyd gebalanseerd is nie. Die kontrakteurs tref elke moontlik voorsorg met maskers, afstand en handewas elke paar treë. Hulle doen nie net goeie werk nie, maar is ingeligte mense wat ander se gesondheid respekteer.
Ons lewens gaan dus byna normaal aan te midde van ’n dreigende gevaar. Korona is vir ons gevaarlik, maar meer so vir die miljoene vriendelike mense wat tien ’n in kamertjie woon en ’n kraan en ’n toilet met honderde ander moet deel. Ek dink aan my seun wat jare gelede sy praktiese kursus in tuinboukunde in temperature van 50° ̊C in Dubai gedoen het. Hy het saam met jong Pakistani’s gewerk, en as hy ná werk by ’n lugverkoelde huis instap, het hy meermale gesê: “Ma, ek dink mens word bevoorreg gebore.”
Sekere dinge verander nooit. F Scott Fitzgerald was presies ’n eeu gelede in afsondering saam met sy vrou Zelda tydens die gevreesde Spaanse griep. ’n Eeu nadat hy die brief (’n parodie deur McSweeneys) uit die suide van Frankryk aan sy vriendin Rosemary skryf, verwoord hy die 21ste-eeuse korona-inperking baie raak. Vervang net die woord square (dorpsplein) met mall en die brief sou vandag gedateer kon wees.
Dearest Rosemary
It was a limpid dreary day, hung as in a basket from a single dull star. I thank you for your letter. Outside, I perceive what may be a collection of fallen leaves tussling against a trash can. It rings like jazz to my ears. The streets are that empty. It seems as though the bulk of the city has retreated to their quarters, rightfully so. At this time, it seems very poignant to avoid all public spaces. Even the bars, as I told Hemingway, but to that he punched me in the stomach, to which I asked if he had washed his hands. He hadn’t. He is much the denier, that one. Why, he considers the virus to be just influenza. I’m curious of his sources.
The officials have alerted us to ensure we have a month’s worth of necessities. Zelda and I have stocked up on red wine, whiskey, rum, vermouth, absinthe, white wine, sherry, gin, and lord, if we need it, brandy. Please pray for us.
You should see the square, oh, it is terrible. I weep for the damned eventualities this future brings. The long afternoons rolling forward slowly on the ever-slick bottomless highball. Z says it’s no excuse to drink, but I just can’t seem to steady my hand. In the distance, from my brooding perch, the shoreline is cloaked in a dull haze where I can discern an unremitting penance that has been heading this way for a long, long while. And yet, amongst the cracked cloudline of an evening’s cast, I focus on a single strain of light, calling me forth to believe in a better morrow.
Faithfully yours
F Scott Fitzgerald


