Erla Diedericks

Is ’n rubriekskywer en outeur. Sy skryf al vir 30 jaar aan en af resensies, het ’n dramagraad en het haar honneurs onder Daniel Hugo (oa) gedoen in literêre ontleding. Haar nuutste boek, die riller Dominique, is pas uitgereik.

Boekbekendstelling van Theo Kemp se Klein konings

Erla Diedericks Boeke en skrywers 2025-10-11

"Die gesprek gaan draai later by fiksie en feite wat mekaar na-aap deurdat een van die Paul Kruger-standbeeld se boerekrygers se voet net ’n paar dae vantevore gevandaliseer en afgekap is."

Roulette deur Sidney Gilroy: ’n lesersindruk

Erla Diedericks Lesersindrukke 2025-09-17

"Roulette is plattelandse noir op sy beste, waar Gilroy sosiale kommentaar lewer deur in die Afrikaner se erfstukkas te loer na daar waar die familiegeheime en die donker kant van die mens verberg word. Hy kyk na veral die manlike psige, en dis juis dít wat die boek so interessant maak."

Bloederige vodka, Bolhuis en baie boeke by die Prins Albert Leesfees

Erla Diedericks Boeke en skrywers 2025-09-02

"Kort voor Bolhuis se toespraak stroom die mense in. Jy kan duidelik die verskil sien tussen sy gehoor en die ander skrywers s’n. Mans klim uit bakkies, steun die trappe op, groet mekaar handklappend op die rug."

Die gawe van groen deur Elmarié Dercksen: ’n resensie

Erla Diedericks Resensies 2024-10-09

"Waar vorige resensente die groen geheim van Sati se gawe omseil het, gaan ek my verstout om die geheim te verklap aangesien Die gawe van groen reeds langer as ’n jaar gelede uitgereik is."

Sel ses deur Stefaans Coetzee: ’n resensie

Erla Diedericks Resensies 2024-09-17

"Skep die gemeenskap nie dalk die monsters en die tronk vervolmaak hulle net nie?"

Almal moet kan vlieg: ’n resensie van Heks deur Dibi Breytenbach

Erla Diedericks Resensies 2024-09-02

"Sy vergelyk hul verhouding met die dramaturg, Aristofanes, se vertelling in Plato se Simposium van die kragtige, endogene, ronde skepsels, man én vrou, wat eens op aarde was en toe deur ’n jaloerse Zeus geskei en vervloek is om vir altyd rond te dwaal op soek na hul ander helfte."

Donker water deur Martin Steyn: ’n resensie

Erla Diedericks Resensies 2024-08-30

"Wat die boek uniek en ’n moet-lees maak, is die feit dat dit alles geskied in die uiters fassinerende duikersmilieu waarvan die meeste van ons maar min weet."

Son of a whore by Herman Lategan: a review

Erla Diedericks Books and writers 2023-11-13

"For those few hours that you read the book, and hopefully afterwards as well, you feel less mad and less alone."

Momentum Beleggings Aardklop 2023: ’n onderhoud met Erla Diedericks

Yolanda du Toit, Erla Diedericks Aardklop 2023-09-15

"Word ’n vrou mishandel, word die blaam eerstens op haar skouers geplaas: Wat het sy gedoen om haar man uit te lok? Hoekom laat sy dit toe? Hoekom bly sy? Net soos met heksery is dit altyd die skuld van die vrou en nooit die patriargie nie," sê Erla Diedericks.

Rustig soos ’n landmyn, ’n resensie van Bettina Wyngaard se Lokval

Erla Diedericks Resensies 2023-08-29

"Dis natuurlik alles die skrywer Bettina Wyngaard se skuld. Sy het hierdie wreedaardige drange, soos die afgryslike roosbome in haar karakters se tuine, in my kop geplant."

The profiler diaries 2 deur Gérard Labuschagne, ’n resensie

Erla Diedericks Resensies 2022-10-14

"Dit is juis wat so interessant is. Plat gesigte in plastieksakke, ontbindende lyke, en vreesaanjaende laaste oomblikke word byna saaklik beskryf."

Verweefde emosies in ’n brandspoor: ’n Lesersindruk van Vlam deur Sidney Gilroy

Erla Diedericks Lesersindrukke 2022-07-07

"As die brandpatrone korrek geïnterpreteer word, sal dit jou teruglei na die oorsprong van die brand. Maar jy moet terugwaarts beweeg, in die verlede in, terug op die spore van verwoesting wat gelaat is."

Dood, vrees en hoop: ’n resensie van Tenk deur Pieter Stoffberg

Erla Diedericks Resensies 2022-06-28

"Die boek was deel van Stoffberg se MA in kreatiewe skryfkuns aan die UV, en is duidelik deeglik nagevors. Stoffberg het groot moeite gedoen om die feite, terme en oorlogsprosedures haarfyn te beskryf. Dié boek is ’n belangrike een."

Om beter te kan moor deur Christelle van Rooyen-Wessels, ’n resensie

Erla Diedericks Resensies 2022-06-21

"Moord het méér as een slagoffer. Misdaad het méér as een kant. Die situasie rondom moord is dikwels meer kompleks as die moord self."

’n Klassieke verhaal: Labirint deur Chanette Paul

Erla Diedericks Lesersindrukke 2022-05-23

"Labirint is geskoei op ’n storie in die Griekse mitologie wat vertel van die doolhof wat deur koning Minos onder sy paleis gebou is om sy stiefseun, ’n minotaurus met die kop van ’n bul en die lyf van ’n man, in weg te steek."

Top