’n Historiese roman, met Gotiese elemente: ’n resensie van Pandora deur Susan Stokes-Chapman
2022-04-12"Die boek skop af in 1799-Londen met sy groot kontras tussen die armes en die rykes, die vuil dokke besmet met menslike afval en die manjifieke villas van die adellikes, sowel as die teenoorgestelde wêrelde van die wetenskap en mites en die magiese sfeer."
Slim kommentaar: The artist vanishes deur Terry Westby-Nunn
2022-01-10"Terry Westby-Nunn lewer slim kommentaar op die donker, tweegesigkant van farmaseutiese maatskappye, die kunswêreld en selfs dié van aktiviste."
Spoke die perfekte allegorie vir Op ’n mooi dag deur Irna van Zyl
2022-01-04"Van Zyl stel nie teleur nie. Sy plaas haar lesers dikwels op ’n dwaalspoor en net as jy dink jy weet waarheen die storie op pad is, gooi sy ’n paar vieslike verrassings oor jou pad."
Touch, saamgestel deur Tiffany Kagure Mugo en Kim Windvogel: ’n resensie
2021-10-04"Vir die eerste keer het ek ’n kykie gekry in wat tussen die lakens en in die emosionele binnekamers gebeur van mense met ’n ander seksuele oriëntasie as ek."
Erla Diedericks oor die rol van die moderne courtesan in vyfsterhotelle
2021-08-05"Solank mans seks as hul geboortereg sien, sal vroue seks kan verskaf in ruil vir geld as hul getroude susters dit nie voorsien nie."
Oor en weer deur Trisa Hugo en Analize Viljoen, ’n lesersindruk
2021-06-01"Dié twee karakters is iets vars in Afrikaanse literatuur. Ons almal ken iemand wat getroud was en nou borrelend baljaar tussen die vrouelywe."
The madhouse deur TJ Benson: ’n resensie
2021-05-24"The madhouse is ’n ervaring. ’n Greep uit die geskiedenis. ’n Sprokie met skop."
Die vyfde slag deur Johann Grobbelaar: ’n resensie
2021-05-24"Vyf motiewe weerklink in Johann Grobbelaar se Die vyfde slag: seksualiteit en seksisme, verraad en verkragting, en ten laaste liefde. Dit sluit natuurlik aan by die unieke vyfnootmotief van Beethoven se vioolkonsert in D opus 61, vandaar die titel van die boek."
Erla-Mari Diedericks: “Ons is almal Kaang se wesens”
2021-05-10"Die Kind van Afrika het bly groei totdat hy, presies tien jaar later, op 16 Julie 1976 as jeugdige sy vuis tydens die Soweto-opstande teen die regering gebal het. Dit was die begin van die einde van apartheid."
Kwarantynketting: "As whiskey en kombuisseks ’n gewoonte raak" deur Erla-Mari Diedericks
2020-05-05Die tema wat hier bespreek word is volwasse inhoud. "Ek drink elke oggend whiskey in my koffie en ek is so besig met seks dit kom by my ore uit."
Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Erla Diedericks
2020-02-11"My kortverhaal handel oor ’n vrou wat vlug van haar gewelddadige man en ’n vervalle vakansieplaas in die Cederberg oorneem, waar sy deur ’n trop bobbejane geterroriseer word."
Die V-verhaal van Erla Diedericks
2012-12-14Ingrid Botha van LêNet gesels met Erla-Mari Diedericks, medewenner van LêNet se pas afgelope Maan/Hallowe'en-kompetisie.

