Die V-verhaal van Erla Diedericks

  • 5
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Hoe het dit gekom dat jy ’n skrywer van seksverhale geword het?

In my ondervinding gebeur die beste seks gewoonlik toevallig en op die ingewing van die oomblik. Dieselfde is die geval met my loopbaan as seksskrywer. My eerste boek, Sin, Sushi & Survival, het gehandel oor hoe ek myself probeer genees het nadat ek my gewelddadige huwelik van tien jaar verlaat het. Ek het myself probeer vind in seks, seksklubs en drank – gevolglik was daar baie erotiese en skokkende sekstonele in die boek. Die seks is eksplisiet en op die man af.  Ek skryf oor seks met twee mans, spuitseks, seks met vreemdelinge, masturbasie en kinky seks in die seksklubs. Die ironie was dat dit vir my angswekkend was om daaroor te skryf. ’n Ou skrywersvriend van my gee my toe die raad dat ek net eerlik moet wees oor hoe ek seks ervaar en daarna was daar net geen keer aan my nie. Nadat die boek uitgekom het, het Playboy my genader om ’n stoute seksrubriek vir hulle te skryf en so het ek begin naam maak as ‘n skrywer wat nie skroom om oor seks te praat en te skryf nie. Ek het ook ‘n taamlik gewaagde Facebook-persoonlikheid wat reguit omgaan met seks en dit werf vir my ook baie bewonderaars en vriende – en ’n seks-reputasie. Ek is nou onlangs deur Tafelberg genader om ‘n boek met ‘n uiters gewaagde seksonderwerp vir hulle te skryf – en hul fiksie-afdeling het gevra dat ek vir hulle ’n seksroman skryf. Vroue wat gemaklik kan skryf oor seks, is skaars.

Het mense al gesê jy is behep met seks net omdat jy sulke verhale skryf?

Ja, hulle het. My reaksie? Ja, ek is behep met seks. En wat is fout daarmee? Ek word ook af en toe daarvan beskuldig dat ek oor seks skryf om geld te maak. En die probleem daarmee is? Ek hou van seks, ek ken seks, en ek dink mens moet skryf waar jou hart is. Dan ook – Christelike boeke is een van die groot geldmakers in ons land. Wil jy vir my sê hierdie mense skryf oor religieuse onderwerpe nét vir die liefde van die saak?

Ek kry baie mense wat vra vir tips oor die skryf van smeulende verhale. Watter raad sal jy gee vir hierdie aspirantskrywers?

Dit is bitter moeilik om oor seks te skryf. Eerstens stel jy jouself baie bloot, want lesers dink gewoonlik dis hoe jy seks het. Tweedens word seks omtrent bloots gery deur clichés. Daar is altyd ‘n penis wat polsend klop en ‘n vrou wat oopgespalk word. Ek is skuldig aan albei. Maar ek het al geleer: skryf eerlik oor seks. En as jy vassteek (haha) gaan kyk na porn, lees erotika, gaan soek inspirasie aanlyn. ‘n Goeie truuk is ook om te sien wie en wat die karakter is en woorde vir seks te gebruik wat dan by daardie persoonlikheid pas. Byvoorbeeld ‘n boeremeisie kan “geploeg” word. Jy kan woorde gebruik soos “saad skiet”, “teelaarde”, en as dit ‘n komiese storie is, is daar byvoorbeeld niks wat kom by “vars plaaspoes” nie.

Jou wen-storie kom in jou nuutste kortverhaalboek, V-Verhale, voor. Vertel ons meer?     

V-Verhale is my eerste e-boek. Ek het spesifiek die titel V-Verhale gekies oor die wonderlike woordspeling daaragter. Wat hierdie boek eroties, maar ook skreeusnaaks maak is dat verskillende vaginas, Siesa, Sloot en Moemfie, beurte kry om aan die woord te wees . Dit gee die vagina ‘n beurt om ‘n slag oor haar “eienares”, haarself en mans/seks te praat. Die V in V-Verhale verwys natuurlik na  vagina. Maar V is ook die vorm van jou V-spot tussen jou bene, en dan veral die woordspeling met feëverhale. Ons vroue het grootgeword met sprokies. Hierdie is sprokies vir die seksuele wese in ons almal. Ek wou lekkerlees-stories skep wat vroue sou laat glimlag en lag en laat goed voel oor hul vaginas en hulself. In V-Verhale skryf ek oor dinge waarmee die vrou en haar lyf te doene kry en oor wat regtig agter slaapkamerdeure gebeur. Die vagina word gewaks, gelek en gebruik (maar op ‘n lekker manier). Soos in “Driehoek-koekie” skryf ek oor orgieë en groepseks, bondage, internet-seks, anale seks, en kom al die vaginas baie. Want, komaan – Afrikaners is plesierig en dan kom hulle so!

Wat is die uitdagings waarmee die seksskrywer gekonfronteer word?

Jy moenie seks holrug ry nie. Oorspronklikheid en sekstonele wat mense gaan aandraai en mal maak, is altyd waarna ek streef. Ek het nou al geleer: as ek ‘n toneel skryf en ek raak nat, dan weet ek daardie toneel is goed. Kru, maar waar.

Waarheen is jy op pad – wat is jou drome met betrekking tot skryf?

Ek is besig om my droom te leef. Ek wil blitsverkopers skryf, nie literatuur nie. Ek wil mense laat lees, laat kom, laat lag en laat vergeet van hul alledaagse lewens.

Noem twee van jou geliefkoosde smeul-skrywers.

Ek lees nie erotika nie. Ek verkies om na visuele erotika te kyk. Ek het wel Kerneels Breytenbach se sekstoneel geniet in Piekniek by Hangklip. Ek is seker ook die enigste erotikaskrywer wat nie hou van Anais Nïn se werk nie. Sy het seks op aanvraag geskryf – en teen betaling – vir ’n onbekende welaf leser wat heel moontlik op sy fluweelstoel in sy studeerkamer gesit en pyp slaan het (om dit mooi te stel) terwyl sy niksvermoedende vrou in die voorkamer gesit en borduur het. Gevolglik is Nin se skryfwerk vir my meer pornografies as uit die hart uit geskryf. Ek hou ook net mooi niks van haar taamlik gereelde verwysings na seks met kinders en selfs tussen pa en kind nie. Seks met diere en kinders en met enige persoon of wese sonder sy of haar toestemming is vir my onaanvaarbaar en ek weier om daaroor te skryf. Ek weier ook om te skryf oor mense wat seks gebruik of selfs weerhou om hul partners mee te straf.

  • 5

Kommentaar

  • ek is al aan die verkeerde kant van vyftig en dink nogsteeds dat seks DIE wonderlikste iets is! hoop ek voel nog jare so....    

  • Jy is een uit n miljoen uit ... ek  skryf ook ... op my manier en stem saam met al jou sienings oor wat jy noem dis alles waar....

    Jacques

  • Jy is fantasties, jou opsommings is reguit inlyn met die werklike alledaagse lewe en die nadraai van die wanbalans wat die een of ander in twee geslagte opmors!

  • Dink regtig die wêreld sou 'n soveel beter plek kon wees as daar meer vrouens was wat dink soos jy.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top