Elise Bishop

Ek is Elise Georgina Irene Bishop, gebore 12.6.1952 op Graaff-Reinet waar ek grootgeword het, skool geloop het by Union High School, voorgestel en aangeneem is in die NG Kerk, en menslikheid leer ken het.

By gebrek aan geld vir verdere geleerdheid het ek by die bank begin werk, bankopleiding en -eksamens gedoen en was by aftrede ’n kredietbestuurder by FNB in Durbanville.

Ek is lid van die FB groep “Graaff-Reinet History” waarop ek graag essays plaas oor destydse “onthougoed”.

Ek had geen skoling wat skryf aangaan nie en skryf bloot op gevoel  oor mense en dinge wat my grootword geraak het,  meestal in die “streektaal” Graafrikaans wat algemeen gepraat is op Graaff-Reinet en omstreke.

Ek woon reeds afgelope 30 jaar in Strand.

Middelstraat in die “Gem of the Karoo”

Elise Bishop Elders gesien 2022-04-01

"Stoetdiere was uitgestal, vendusie gehou, Gem Implements se plaasgereedskap en John Deere tractors (net soms Massey Ferguson) was uitgestal, alle soorte gebak het gekompeteer, paintings, flower arrangements, oe ai, en nog perde ôk, ál om die sirkel omring deur pawiljoene – gallop, trippel, canter en snaakse woorde nog. En mens kon spookasem koop!"

Nog ’n koppie boeretroos vir jou?

Elise Bishop Rubrieke 2022-03-07

"Dis during daai dae dat kitchen dressers so in die limelight gekom het. Sulke cream en light greens. Die hele kas was cream gepaint en al wat ’n laai en deur was in light green. And al die handles was silwer. In the middle bo was ’n klein kombuisklok ook gewees en just below it twee glasdeurtjies wat sideways oopgeskuif kon word. But jy kon nie daardeur sien nie."

Oumaklere

Elise Bishop Rubrieke 2022-02-25

"Sy’t mos net fyn patrone gedra, want groot goed laat mens uitgestoelt lyk nes ’n adamsvy. In die winter was dit Viyella – was mos van merinoskape se wol geweave. Dis seker wat van FCU se wol geword het, het ek gedag. In England, my dear. Nie sommersó nie! Niks crimplene of trilobal nie."

Elders gesien: Graaffernet-mense

Elise Bishop Elders gesien 2022-02-17

"Anton Rupert se pa I didn’t know, maar dink hy was ’n prokureur in Kerkstraat. Practise gehad in die Parity 3rd Party se gebou oorkant die Advertiser. Hulle family, veral Anton en sy kind Johann,  het so baie vir Graaff-Reinet se geskiedenis betekent. Hulle is later Stellenbosch toe."

Troutyd op Graaffernet se strate

Elise Bishop Rubrieke 2022-02-09

"Orals op die tafel lê trimmings soos silver wishbones met strikkies aan (dit moes pinkie teen pinkie getrek word en you make a wish) tussen konfetti. Én daar was stukkies mementotroukoek, with marzipan en icing, als toegeplak in cellophane met cellotape and a little card met die bruidspaar se name, troudatum en ‘baie dankie thank you’ op geprint, so tussen glitter en konfetti."

Waar’s die mandjies met blomme?

Elise Bishop Rubrieke 2022-02-02

"Maar toe kom Interflora mos ok nog oppie market en mens kon blomme stuur vir mense in ander dorpe of ’n anner land as hulle verjaar. But you never saw what was delivered, en die kaart was nie in jou eie handwriting nie ..."

Elders gesien: Uitrysondae

Elise Bishop Elders gesien 2022-01-25

"Ouma het solank ’n haarnet opgesit, ’n skoon hankey uitgehaal, en gedêb met Potters en Moore, en onder die horlosieband ingedruk. Sy was reg vir die uitstappie as Oupa van die sidestoep roep. En vinnig buk sy oor die medisynekassie langs haar bed vir ’n mespunt Mentholathym in die neusholtes, just in case die stof haar hay fever gee."

Begrafnis

Elise Bishop Elders gesien 2022-01-17

"Hierdie stomme lyk moes buite in die straat (binne in die hearse), in Graaffernet se warm son bly lê. G’n boom in sight vir bietjie skaduwee nie. Dis dié laat ek toe die hoë note insit."

Krismistyd op Graaffernet

Elise Bishop Elders gesien 2021-12-21

"Op sulke alleen krismisdae wat ek nie meer familie had nie, en so stoksiel alleen was in ander dorpe, het ek die rooi en die geel rose ge-embroider wat in my bedroom hang. Net krismisdae allenig. En elke steek was ’n traan."

Krismistyd as daar droogte is in ons liewe Karoo

Elise Bishop Elders gesien 2021-12-20

"Ja nee, kyk, groot droogte in die somerstyd was maar hel op aarde, especially  op onse Graaffernet. Sulke jare was daar net witvleis van hoenders op die Krismistafels."

Biltong

Elise Bishop Elders gesien 2021-11-29

"Daar was heelwat biltonge meeste kere, want dis mos nie so groot soos bees- of koedoebiltonge nie. En dan het elkeen draadhakies gekry. Nogals ’n job gewees om als deurgesteek te kry … Dan was dit op met die trappies na die sidestoep toe met al die skottels vleis."

Elders gesien: Die owerheid en die brandslang

Elise Bishop Elders gesien 2021-11-16

"Nou Jack hy was tandarts. Dis die wat hul kom roep want hy’s naaste aan ’n dokter. Mense het sy kar voor die hotel geken (’n rooi Merc – nog die square shape)."

Elders gesien: Die klein kroontjie oppie kop

Elise Bishop Elders gesien 2021-11-08

"Dit is eers mos bietjiedag van my se tyd wat vrouens sonder hoedens kon gaan na die kerk of die hof. Die sinode het gebesluit. Maar steeds moes Flippie Retief en sy vrou wat so boeke geskrywe het, met hul streep dogters agterna, hul plek inneem in die kerk met hul mooie hoedens Sondae. Een groter assie anner."

Elders gesien: Dalene Matthee – g’n aansit, finish en klaar …

Elise Bishop Elders gesien 2021-11-04

"Dalene Matthee ... Sy’t van die Swartland gekom. Weskus se koers en had ’n effense bry. Lekker mens … swart krulkop, fyn sproete oor die neus, g’n make-up en plain down to earth. G’n aansit. Finish en klaar …"

Top