Momentum Aardklop 2026: #op’it ... soos’it hoort!
2026-09-29"Besoek sommer nou al ons webwerf en hou ons spesiale aanbiedinge en promosieveldtogte dop. Maar koop sommer ’n weekkaartjie vir die feesterrein. Dit is nou wragtig sakpas."
Die Hessequa Harmonie-fees 2026: ’n onderhoud met Niël Rademan
2026-09-22"Ek glo ons is op die regte plek met die fees. Ek en my span werk al jare aan wat daar nou is. Ek sal wel steeds elke jaar die gehore effe wil vergroot en mense wil oortuig dat gesofistikeerde (nie-doef-doef-) musiek en podiumkuns geweldig stimulerend is."
Suidoosterfees 2026: Jakobregop – onderhoude met die regisseur en akteurs
2026-04-29"Verwag die onverwagte in hierdie toneelstuk. Ondeunde humor sal daardie maagspiere laat kramp. Die karakters is oordrewe en heeltemal bisar, wat weer die menslike psige weerspieël."
Suidoosterfees 2026: Gesprekke oor Eugene, die teaterproduksie
2026-04-29Christiaan J de Swardt gesels met Kirby van der Merwe (skrywer), Saartjie Botha (dramaturg) en Nico Scheepers (regisseur) en volg die gebeure: die begin, die middel en die einde.
Laaste kans: ’n boekebrekfis met Marita van der Vyver
2023-10-17"Hoewel hierdie boek nie ’n Covid-storie is nie, gebeur daar dinge, en op ’n manier is dit tog ’n bewusmaking van die skaduwee van die pes wat oor ons gehang het. Die karakters weet nie wat op hulle wag nie, hoewel die lesers ’n vermoede het ..."
Die President se Pretpetpak-parade: ’n toekomssprokie
2018-07-03"Hy is besig om, in opdrag van Die President, ’n Pretparade ter ere van einste Nommer Een te reël. Dit gaan ’n hygend-genotvolle Skouspel in drie fases wees – met dansers, vuurvreters, akrobate, towenaars, narre en ’n militêre orkes wat Planeet Reënboog se Weermag, Vloot, Lugmag en Mediese Korps verteenwoordig."
Innibos 2018: Kleedkamer Blues – ’n teater-onderhoud met die bekroonde teaterveteraan Marthinus Basson
2018-06-28"Ek vind gehore meer konserwatief deesdae as in die verlede – selfs soverre satire, kritiek, bereidwilligheid om hulle bloot te stel aan idees, tekste van elders, stories wat nie 'ons' is nie. Dit geld nie net gehore nie, maar ook akteurs."
Innibos 2018: Kleedkamer Blues – ’n teater-onderhoud met die akteur en skrywer Ludwig Binge
2018-06-28"’n Kleedkamer is tradisioneel nogal ’n intieme, private ruimte waar die publiek nie toegelaat word nie. Dit is egter juis die plek waar die gehoorlid die mens agter die karakter kan leer ken."
Innibos 2018: Die magiese drie – ’n teater-onderhoud oor die produksie 3 Susters
2018-06-27"Daar’s ernstige temas wat met ’n onderliggende komiese element vertel word. Ek glo dis altyd die beste mengsel vir ’n storie, want ek voel dis maar die lewe en deel van die Suid-Afrikaner se psige."
Suidoosterfees 2018: ’n onderhoud met Frans Swart oor Fiela se kind
2018-04-25"En so het ek die regte van Fiela se kind by Dalene self gekry: amptelike toestemming om Fiela weer verhoog toe te neem!"
Suidoosterfees SOF HIP POPS: ’n onderhoud met Janine Neethling
2018-04-25"Daar is ’n opbloei in die Suid-Afrikaanse kuns-oeuvre: meer films, meer musiek, meer boeke, meer poësie en meer toneel – hoofsaaklik agv die platform wat die kunstefeeste bied."
Suidoosterfees 2018: Rokkie, ’n onderhoud met Denver Breda
2018-04-24"Rokkie is ’n transvrou, sy is Cape Flats, sy is Khoe, sy is Afrikaans, en sy’s ook ’n fighter; sy’s funny, maar sy soek nie jou pity. Al wat sy jou vra, is om na haar te luister."
KKNK 2018: ’n Fees van kontraste
2018-04-24Christiaan J de Swardt besin oor die ideologiese tydgees van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op Oudtshoorn en besef: ons is almal freaks hier.
Die kuns van toonsetting: ’n resensie-onderhoud met Laurinda Hofmeyr
2018-03-28"Ek wil graag meer en meer vry word van vrees en meer en meer ‘verdwyn’ in die groter storie."
KKNK se Teksmark-vernuwing bekroon: ’n onderhoud met Hugo Theart
2018-03-28"Ons ding nou met nuwe tegnologie en vermaak mee wat nie voorheen so vrylik beskikbaar was nie. Ek dink teatergangers in 2018 soek eerlike werk."

